Dankie....
Dankie Willem - jy is in die kol !
Arie, ek het my woorde so gekies om reaksie uit te lok - en dit het soort van gewerk !
Julle maak hierdie "ou" man…
Julle maak hierdie "ou" man se kop kwaai deurmekaar.
Goeie môre kampforum, julle…
Goeie môre kampforum, julle moet die dag geniet.👍
Lyk my klaasvakie het versuip in die reen, hy kon nie vannaand sy draai kom maak hier by my nie.
Goeie more Johann. Goeie…
Goeie more Johann. Goeie more almal.
Johann lyk my jy begin nou meer en meer aan staarsiekte ly. Dalk is jy te opgewonde oor die beplande kamp by Buffelspoort.
Lekker weekbreker vir ieder en elk
More more al die mense. Is…
More more al die mense. Is hier in Pretoria vir werk. Die keer het die werk my in die Sheraton Hotel ingeboek. Nogal heel snazzy.
More Gesie. Lekket werk daar…
More Gesie. Lekker werk daar in P-town
Goeie môre alaml! Dis al…
Goeie môre alaml! Dis al weer 'n kortwiek. Julle moet die Woensdag geniet! Geniet die lekker hotel Gesie ![]()
'n Nat goeiemôre!
Reën, lieflike reën in die Baai! Ons kon amper nie glo hoe hard dit begin reën het in die nag nie en nou nog steeds. Ai, dis lekker. Dis asof ek kan hoor hoe lekker die gras en plante kry. Ek hoop dit hou sommer heeldag aan.
Ek hoop dit gaan voor die wind met almal op hierdie Woensdag. Gees, moet net nie jou spookstreke uithaal in die Sheraton nie....
More more
Geniet die reen Antie, niks so mooi soos reen, veral op n sinkdak nie.
My reenmeter staan nog so vol water tot op die vlak waar hy gebreek het. Hael het hom goed in stukke geslaan. Soek nou n borg om hom te vervang ![]()
Ons krag het darem weer aangekom na dit weer 11 ure af was. Maar nou het "hulle" ons geyser weer afgesit. Hulle het mos hierdie "remote" sisteem by almal ingesit, waarmee hulle dit kan doen.
Geniet julle dag.
Goeie more almal. Geniet…
Goeie more almal. Geniet julle dag.
@Freda, hoop en bid vir goeie reën.
@Harry, sit gasgeyser in. Ek gebruik nou die helfte krag sedert ek dit gedoen het en die 48kg gasbottel hou my so 2 1/2 to 3 maande @ R920. Dit beteken dat ek so min of meer R200 + pm spaar. Altyd warm water.
Môre...môre kan ons darem sê…
Môre...môre kan ons darem sê môre is Vrydag.
Oom Harry, ek het nou aan 'n paar goed gedink wat vir my mooier is as reen op 'n sinkdak.......
More julle
Bly vir reen Freda sovel ander plekke waar reen nodig is koffie loop soos stroop vrede
Stoffel ja, die staarsiekte…
Stoffel ja, die staarsiekte is 'n probleem, ek probeer maar meestal in die bed bly en hoop ek raak weer aan die slaap, maar as daai vervlakste raak-skiete jou eers bebyt het, is dit verby.
@ Harry, my voorstel is 'n solar hoëdruk gieser, met 220v backup. Dit is aanvanklik duur, maar jy sit nooit weer sonder warm water nie, en spaar groot bedrae in geld.
Gas is ook 'n goeie roep as aleternatief in stede van 220v backup.
Freda, dit is goeie nuus dat dit so lekker reen daar by julle👍
vervlakste raak-skiete jou…
vervlakste raak-skiete jou eers bebyt het
Johann, daar is ek geseënd. Hulle by my nie solank daar net iemand anders by my is vir wie hulle kan byt. Hulle het seker ook maar hulle trots- dit is nou die muskiete
Harry....
...ons het soos Johann 'n gewone Kwikot elektriese geiser wat gekoppel is aan 'n sonpaneel op die dak. Die hele ou spulletjie word beheer deur 'n Geyser-Wise kontrole-stelsel waarvan die paneelbordjie teen 'n muur in die hoofslaapkamer aangebring is. Jy kan altyd sien wat die temperatuur van water in die geiser is en jy kan sien of die water met elektrisiteit of sonkrag verhit word. Jy kan te enige tyd die stelsel "override" en die hitte 'n bietjie met elektrisiteit opstoot. In die somer gaan dae verby waar geen elektrisiteit deur die geiser verbruik word nie, net sonkrag. Ons het die stelsel voor die vorige beurtkrag-storie ingesit en sederdien nog nooit sonder warmwater gesit nie.





Len My pos gister, die…
Len
Arie
Ok, Arie, nou verstaan ek Len se inskrywing. Hy vra asb. dan ons op sy vorige inskrywing moet reageer.