Goeie middag,
Johann se draad oor sy blad in die wa, het my laat dink aan my behoeftes en begin sommer 'n nuwe draad. Ek wil die blad van die klein tafeltjie binne ons Classique verander, want die een wat nou daarin is, gaan ek binnekort weg gooi in die ry.
Ek dink daaraan om dit met aluminium te laat bou sodat dit lig en sterk sal wees, enige idees, Wilsur? Sal lekker werk as mens hom kan "extend" want die ou tafeltjie is vrek klein.
Leeu, ek neem aan jy verwys…
Leeu, ek neem aan jy verwys na die "eet hoekie" tafel, indien wel, ek het myne ook verwyder. Mens kom nie maklik in 'n gemaklike sit posisie in nie, stamp alles op die tafel om lol.
Ons grbruik dit nou net as 'n dubbel bed wanneer nodig, eet buite, maak kos buite, leef buite😃
Ek sou ook 'n smal lang tafel verkies as ons wel binne eet.
Hoop jy kry goeie advies.
Ons het ook 'n tafel vir die…
Ons het ook 'n tafel vir die eethoekie maar ry dit nooit meer saam nie. As ons wel daar wil sit, gebruik ons 2 TV trays. Dit werk lekker vir ons.
Dankie vir die raad, julle…
Dankie vir die raad, julle. Ek dink ek moet die blad maar net by die huis los.





Ek het myne se paal plaat…
Ek het myne se paal plaat onder aan die blad geskuif sodat hy nader aan die sit plek was en dit het my meer spasie vir loop gegee voor ek hom uit gehaal het om vir Wijan slaap plek te maak.