Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -27 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -46 minutes ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -45 minutes ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -1 hour ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -1 hour ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -1 hour ago

Kommersiele Lede afdeling

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on Thu, 01/11/2018 - 20:04
Forums

Hallo almal, dis die man agter die skerms hier.    Ek plaas hierdie onderwerp hier om alle lede se insette en idees te hoor.  

Omdat hierdie forum gerig is aan die publieke deelnemer en kampeerder wil ek julle benader en oor hierdie plan / idee waarmee ek nou al 'n geruime tydjie mee speel gesels.

Julle weet, die platform waarop hierdie forum gebou is, Drupal 8, kan nogal baie doen en word tans maar net met basiese funksionaliteit gebruik.

Ek speel met die idee om 'n kommersiele lid afdeling te skep wat heeltemaal apart van die forum sal werk.  Dink aan 'n kommersiele blad wat insette l advertensie onderwerpe deur kommersiele lede sal vertoon waar hulle hul dienste en produkte kan adverteer.   Forum lede kan dan deur die kommersiele blad blaai en kyk wat die kommersiele lede het om aan te bied.

Die idee is dat hulle insette / onderwerpe geen inbraak maak op die huidige forum nie , maar dat ons moontlik een blok aan die linkerkant beskibaar maak waar nuwe kommersiele onderwerpe / advertensies sal vertoon sodat ons darem ietsie daarvan kan sien as daar iets nuuts is.

Lede sal dan ook op kommersiele onderwerpe kan antwoord, vrae vra ens en dan kan kommersiele lede ook saam gesels, maar slegs op die kommersiele "forum"   Daar is eintlik heelwat wat mens kan doen soos byvoorbeeld  'n lys met alle kommersiele lede waar elkeen se logo verskyn en 'n kategorie van hulle produkte sodat lede maklik deur dit kan soek.

Kommersiele lede sal beperk word met die hoeveelheid nuwe advertensie onderwerpe wat hulle kan plaas  soos bv net 1 per week of 1 per maand sodat advertensie insette nie hand uit ruk nie.

Natuurlik sal kommersiele lede 'n jaarlikse lidmaatskap fooi moet betaal om dan op die kommersiele blad te kan deelneem en advertensies te kan plaas.   Daar kan moontlik ook 2 of 3 verskillende vlakke van kommersiele lede wees wat meer publisiteit ens toelaat, hoe meer jy wil doen hoe meer moet jy betaal!

Wat dink julle van die idee.  Ek wil dit nie oorhaastig doen nie en wil dit ook mooi deurdink  / beplan en leiding en idees van die forum lede kry.  Die ander vraag natuurlik wat die waarde van so 'n diens kan wees en hoeveel die forum kan vra daarvoor?   Ons is stadig besig om te lekker te groei en glo die platform kan in die toekoms nogal 'n sleutel rol in die Suid Afrikaanse kamp industrie speel.

Wat seg julle?

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 01/11/2018 - 21:01

Dit kan net'n wen-wen situasie wees, my opinie, gaan vir dit. 

Hoe en wat die forum gaan ''charge" vir blad spasie en inhoud, weet ek glad nie, ek sou voorstel dat dit vir eers nie te hoog moet wees nie, dit moet eers bewys dat dit vrugte afwerp? 

Meyerton

Segekok

Thu, 01/11/2018 - 21:11

Baie goeie plan. Wat adverteer word sal ook belangrik wees.  Wat lekker sal wees as die sulke lede so nou en dan n artiekel kan plaas oor een van sy produkte. Dit gee lekker leesstof en ook n geleentheid om sy produk bekend testel.

 

Elarduspark

GerhardM

Thu, 01/11/2018 - 22:57

Dit sal beslis werk. 

Ek dink die bemarkings opsies waaraan jy dink sal beslis werk, want dit gaan afhang van wat elke besigheid se begroting toelaat.

Secunda

Sleep nou

Fri, 02/11/2018 - 06:02

Sterkte met die idee en Anton glo jy sal gehelp word hier is klomp computer boffinswink

Pretoria

Slowstrike

Fri, 02/11/2018 - 07:52

Goeie idee. Advertensie inkomste is nodig om jou kostes te dek. Dit sal nie net jy wees wat dit doen nie alle aanlyn applikasies gebruik advertensies om `n inkomste te genereer.

Ons kan bydra om die kostes te verhaal maar met die roete kan jy hopelik al die lopende uitgawes dek en boonop verdien wat jou as eienaar en die stigter van die blad toekom. 

Ek dink solank dit nie in jou keel afgeforseer word om dit te kyk nie is dit goed en as dit kampverwant is nog beter.

Waarvoor wag jy laat waai........

 

Groetnis

 

Centurion

Voortrekker

Sat, 03/11/2018 - 14:31

Dankie vir al julle insette en aanmoediging.  Ek gaan so bietjie kop krap en dink oor hoe om dit inmeklaar te sit en sodra die tyd reg is dit implimenteer.    Moontlik 'n goeie idee om 'n handjie vol kommersiele lede 'n 6 maande of jaar gratis trial te gee sodat die idee en platform getoets en ontwikkel kan word.

Ek het die laaste week op so 'n klomp ander idees en nuwe verwikkelinge met betrekking tot die nuwe drupal 8 platform afgekom dat ek sommer baie opgewonde raak!    Een van hulle is die brug tussen Facebook en Drupal 8 (kampforum) moontlikhede smiley

Waar my wa staan

Arie

Sat, 03/11/2018 - 15:08

Nee oom Frans, nie vir koseer nie, maar blykbaar as jy 'n Druppel van daai Drupal op die regte plek sit het dit die teenoorgestelde uitwerking as "Sta Soft"

Dan moet jy vir die anner party maar 'n disprin gee vir die koseer anners sit jy heelnag met 'n stywe spier, waarvoor "Deep Heat" nie gaan werk nie.