Forums
Middag Len
Dankie vir die fotos. Ek was as kind 'n paar keer soheentoe, maar dit was in die beginjare van die park, so vanaf 1968.
Jou fotos sal maak dat ek met volgende familie besoek, die langpad gaan vat en my staan kry daar. Nie vêr van my grootword dorp nie.
Groete
Wessel





Wessel - Ek het ook 'n…
Wessel - Ek het ook 'n verbintenis met Bontebokpark vanaf die mid-60's. Ek en Ralie het in 1966 in Swellendam gewoon en 'n goeie verhouding met die destydse parkhoof, Harold Braack, opgebou. Ons het menige Sondae in die park gaan braai - daar waar die Langelsieskraal kamp nou is. Destyds het die park nog nie akkommodasiefasiliteite gebied nie. Alle familie wat kom kuier het is ook aan die park bekendgestel.
In die mid-60's was daar nog buffels in die park. Hulle het egter sóveel probleme geskep sodat die Parkeraad hulle gou-gou weer verskuif het. Ek kan die opgewondenheid onthou met die geboorte van die eerste buffelkalf in die park. Hulle het egter só gereeld uitgebreek, dat die parkowerhede nie 'n ander keuse gehad het nie. Die park het ook oor elande en springbokke beskik, maar dit is ook later verskuif (alhoewel die springbokke in 1976 geskiet is). Die veld se drakrag kon nie die ander spesies hanteer nie en die park se primêre doel was van die begin af om due bontebok van uitwissing te red.
Alhoewel ons dit redelik lanklaas gedoen het, het ons op 'n stadium redelik gereeld daar gaan kamp. Ek sal nog aansluit by Len se resensie.