Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -1 hour ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -1 hour ago
Rona November 2026 Johann L -1 hour ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -11 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -12 hours ago

Is water altyd gelyk aan lewe?

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Die Atacama woestyn in Chillie is seker een van die droogste plekke in die wereld, baie gedeeltes kry net een keer in 500 jaar reen!

Met die klimaatsverandering het die area al twee keer reen gehad die jaar. Wetenskaplikes het asem opgehou vir die ontploffing van plantegroei.

Niks het gebeur nie, en met nadere ondersoek is gevind dat ten minste 15 van die 18 mikro organismes wat daar leef gevrek het met die reen. En so vernietig ons met klimaat verandering ons pragtige planeet?

foto1

 

foto2c

c

Op die eerste foto is daar 'n uiters seldsame meer na die reen.

Die tweede foto wys dan ook 'n uiters seldsame reenboog in die Acama woestyn. moet nie die geel op die grond met plante groei verwar nie, dit is die kleur van die sand en klippe.

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 16/11/2018 - 14:46

Begin ook nou eers lees vandag, en sien Arie het heldersiende opgedaag vandag.  Mooi Arie, lekker interesant, al die bande praatjies het my al gedaan.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 16/11/2018 - 14:49

Oom Voorie, alhoewel ek nie voorstaander van elektroniese media is nie, ontvang ek daagliks die NY Times, London Times en die Beeld. dit gee my meer perspektief oor hou die res van die wereld ons sien. Dan kry ek elke dag by my makelaar 'n verslag oor die ekonomie en ontleding van sekere maatskappye. Kry elke dag nuus brokkies oor die nuutste verwikeling op die wereld wetenskaplike front, en vir luck hou ek my oog op enige nuwe motor en motorfiets ontwikeling.

Ek deel maar so klein bietjie van die goed wat vir my regtig aangryp, dalkies is hier iemand wat dit geniet?

Dit is my hobby en ek is redelik passievol oor al daai onderwerpe. Die koerante maak dat ek positief bly, die groot wereld moonthede sien ons in 'n heel ander lig as wat ons ons self sien, ons is te geneig om blind te wees vir al die goeie ontwikeling en sien net die sleg. As mens dan lees hoe ander dit sien, skrik mens weer wakker.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 16/11/2018 - 20:12

Ek stem saam Sleep Nou - baie interessante inligitng wat Arie met ons deel.

Ek het natuurlik my eie persoonlike opinies wat ek glo gevorm word vanuit 'n baie eenvoudige maar logiese brein.    Die mens met al sy Go Green en enviromentally friendly efforts ens ens ens is alles maar net een groot bullshit storie - jammer vir my hollands.     Ek het ook al wêreldwyd gereis en gewerk met groot maatskapye wat onder geweldige "druk" is om hulle water verbruik (vermorsing) te verminder - om hulle gemiese afval te verminder-   om hulle koolstofvoetspoor te verminder ens ens ens -  alles maar net omdat daar 'n groot geraas gemaak word.  Maar dan sien ek hoe deur die een ding te verminder word 'n ander nuwer en groter probleem geskep en so belieg ons mekaar en glo mekaar se stories dat ons werklik omgee en besig is om die wereld 'n beter plek te (probeer)  maak?  - maar in realitiet voeter die mensdom eintlik maar net verder voort en raak dinge net slegter!   

Ek raak sommer kwaad

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 16/11/2018 - 21:09

Arie, water is die begin en end van lewe soos ons dit ken, ek het al gewonder, wat as die Amerikaners, toe hulle op die maan geland het, daar 'n plantjie met water vir sê maar "drup-drup" vir 'n jaar sou los, wat sal dan gebeur?

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 17/11/2018 - 07:04

Ek onthou die fotos van destyds. Die een foto wys waar Neil Armstrong die eerste een was wat sy voete op die maan neergesit het en die foto is van buite die ruimtetuig geneem. Wie was dan buite?

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 17/11/2018 - 08:50

Ai toggie maar julle mense is darem negatief??

Neil het 'n "selfie" geneem met 'n drone, en om die vlag te laat wapper het hulle die landings tuig opgestart en lekker voluit geref met sy uitlaat na die vlag toe?

Sien vir alles is daar 'n logiese antwoord, mens moet net nie blind deur die lewe gaan en so bietjie oopkop dink.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 18/11/2018 - 16:02

Stoffel, ek weet nie van die Truimph nie maar ek weet wel hy het twee Volvo Marine inboard motors op daai Ark gehad.

En dit is apsoluut waar, hy het 'n foto daarvan ge- Whats Up!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 18/11/2018 - 18:39

Die Truimph was daar, ek het dit gekoop by n stokou omie so paar jaar terug. Toe ek hom uitvra oor die karretjie het hy ge antwoord" jong ek weet nie veel nie, maar die kom nog uit Noag se ark". Die omie is n kerk mens,  en sou nie lieg nie, ek glo sy storie.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 18/11/2018 - 20:38

Neef, dit is nogal reg en dit was Aaron wat met hom gery het. Dit word so in die engelse bybel mooi vertel:"and Aaron took his truimph and went forth."

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus