Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Sjoe November 2026 Johann L -1 hour ago
Sjoe November 2026 Geert -1 hour ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -2 hours ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -4 hours ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago

Help my asb.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Ons sukkel maar om ons TV te hoor hier in die tent.

Ek het paar jaar terug vir ons oorfone gekoop, werk lekker maar daai goed raak warm op mens se kop en dan het jy nog drade wat die wereld vol le!

Gaan koop toe vanoggend ten duurste 'n bluetooth speaker, nogal oulik kan 'n usb stokkie met musiek insit of 'n memory card. Die ding het selfs 'n ingeboude FM radio. koop toe sommer ook 'n Bluetooth dongle wat ek agter op die TV se USB port inplug, nou is ek reg - kan die speaker op 'n tafeltjie reg tussen ons sit en kan dan die TV lekker sag sit - of so het ek gedink?

Darem ons fone en laptops gekry om te pair met die ding, werk pragtig, en die ding het baie mooi klank!

Die TV kry ek glad nie gepair met die #$%#@ ding nie. Die fone en laptop wys my op die skerm dat hy soek na BT aparate, en as hy een vind druk ek pair en binne sekondes werk alles soos dit moet, behalwe dit is nie waarvoor ek die klomp geld uitgegee het nie!

Weet iemand dalk hoe pair ek die TV met die ding??

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 22/11/2018 - 19:05

Willem, ja ek het ook so lekker lang draad, maar ek wil graag sonder enige drade regkom?

Daai lang draad 7m gebruik vir die head phones met 'n spliter.

Drade in 'n tent is 'n pes, in aggeneem dat die speaker in die middel sal staan, dan moet die draad op die vloer le?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 22/11/2018 - 19:38

Arie ek kyk maar nou so 'n bietjie rond en kyk wat sal ek doen as ek in jou bootjie was.  Ek sien die goed kom almal met rechargable batterye.  Klink my die een wat ek hier bo gelys het kry so 'n bietjie distortion by as jy hom laai en terselfde tyd gebruik.  Seker hoekom hy een van die goedkoopste opsies is?  'n Mens wil seker nie die ding heeltyd in en uitplug om te laai nie en sal die beste seker iets wees wat mens kan inplug en los sodat dit altyd maklik en vinning gebruik kan word op 'n permanente basis?

Ek sien daar is 2 ander modelle wat voorkom of dit van beter kwaliteit kan wees.  By Takealot vir R519  en R650.  Altwee van hierdie modelle kan TX en RX 

Die Astrum  6 ure  transmit  R519

en X5    9 ure transmit  R650

Die duurder een natuurlik met 'n groter battery.  

My keuse - Die Astrum vir R519 . Die inligting maak dit duidelik dat kabels ingesluit is. 

Let wel, al hierdie eenhede laai met USB krag.  Ek glo darem jy kan hulle gebruik en laai terselfde tyd, gebruik sommer die selfoon laaier en plug dit in en uit agter die tv?  Ek glo nie die USB laaier kom saam nie, en dalk kan hulle laai vanaf die TV se USB port (dit behoort 5V 100mA uit te gee as standaard?)

Ek glo die Astrum sal goed werk vir julle.    Ek persoonlik was opsoek na 'n Receiver om by my PA in te plug sodat ek musiek vannaf die tablet kan uitsaai en het dus 'n ander model gekoop wat net receive en wat sy eie laaier het en geen battery nie.

0
Pretoria

leeu

Fri, 23/11/2018 - 09:57

Arie, hoop jy kom reg. Dit kan nogal 'n probleem raak as mens sukkel met klank. Hoe oud is jou TV, hy het dalk nie uitgekom met BT nie? Toe ek my Samsung TV gekoop het kon ek 'n BT dongle gekoop het, maar dit was ook 'n Samsung dongle....ek dink nie derde party dongles werk op enige TV nie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 23/11/2018 - 10:53

Leeu, ja dankie, en ook GROOT dankie aan almal wat my van raad bedien het, tot gisteraand 'n telefoniese gesprek met Voorie gehad.

Leeu my TV is so drie jaar oud, nie 'n "slim" TV nie, geen BT of sulke goed nie, wel 'n magdom punte waar ek goed kan inplug, onder andere ook twee USB punte. Het nou wel te laat geleer dat altwee punte is "Input" en nie 'output" punte nie.

Ja dankie alles werk nou soos dit moet, en ek het sommer weer 'n klomp goed bygeleer, man ek raak slim so op my oudag?! Om die goed by te leer het my toe op die ou end 'n aardige bedragie gekos - maar mens kan mos nie kennis gratis opdoen nie?

As ek my stokkie met musiek by die ding indruk, kan ek sommer vir die hele kamp en so stukkie van Bela Bela gratis disco verskaf. As ek daai ding oopdraai bol my tent seile sommer so buitentoe soos 'n valskerm.

Maar die idee was nie vir musiek nie, het reeds baie goeie klankstelsels, wou net 'n luidspreker hier tussen Petra en ek he sodat ek nie die TV te hard hoef aan te sit nie. Haat om 'n storing vir my mede kampeerders te wees?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus