Verbeel ek my of is die forum baie stil van gister af??
Boesmansriviermond is 'n klein dorpie
Langs die ooskus. 125km van PE en 25 km van Port Alfred. BRM aan PE kant van die rivier en Kenton-on-Sea aan die ander kant. Paradys!
Lieflike wêreld daai, Sarel…
Lieflike wêreld daai, Sarel. Ons het die area goed verken toe ons verlede jaar 'n maand by Canon Rocks gestaan het. Vanaf Canon Rocks het ons met 'n grondpad kuslangs wes gery, asemrowende mooi natuurskoon. Ek dink dit was in Boesmans wat ons op 'n oulike pub afgekom het, wat lekker etes bedien. Dink dit behoort aan Jacques de Coning? Ons hou ook van Port Alfred, het al 'n paar keer by Green Fountains, daar naby, gekamp.
Stil baie stil
Almal kuier seker saam familie en vrinne did hoekom dit so stil is hier nie eers ou gesie wat boehoeee nie ![]()





Dit kan maar net lekker wees…
Dit kan maar net lekker wees. Lyk so lekker rustig daar