So 5 of 6 jaar terug is ek en Petra vir die dag by, as ek reg onthou Vaalkop dam. Kinders daar gekamp en sy en ek vir die dag gaan piekniek hou.
Seun en ek ry op 'n stadium agter om die dam, maar daar is seker so 5 of 600 meter waar die pad net moder is. Klim uit en kyk so bietjie, sien toe dat links is dit net moeras onder die gras, maar regs kan mens lekker langs die pad ry. Pad self se modder is so diep dat jy nie sal deurkom nie.
Met die terug ry, kry ons 'n man met sy 4x4 wat ook daar deur wil ry, ek stop langs hom en vertel hom dat hy maar regs moet hou.Sal die jong man nie vir my vertel dat hy nie 'n ou oom nodig het om hom te leer nie, ry glo al jare off road. So ek en my seun ry toe maar aan.
By hulle kamp gekom sit ons lekker en gesels en kuier, seker so 3 ure na ons gery het, kom die man se vrou en hul seun van so 9 of 10 daar aan. Sy vra toe of ons nie asb sal kom help nie want hul sit nou hopeloos vas, kan nie vorentoe of agter toe nie
Ons vertel haar dat ja ons sal gaan help maar sy en die seun is seker nou al moeg van die gesukkel in die son en dan nog die ent stap na ons kamp toe. Ons moet eers iets kouds drink en sy en seun kan sommer so paar tjoppies eet wat oorgebly het van die braai.
Nou ja seker so uur of so later ry ons maar toe om die jong mannetjie te gaan help, daar sit hy in die son en wag. Ek en my seun klim uit elkeen met 'n yskoue Lager in die hand en se, sorry ons het vergeet om vir hom iets kouds saam te bring!
My seun vra toe die mannetjie of hy ons sal verduidelik hoe om hom uit te sleep aangsien hy al jare 4x4 ry, die outjie het darem die ordentlikheid gehad om verskoning te vra, en te se ons moet maar doen soos ons dink aangesien die pad hom nou baas geraak het.
Hom uit gesleep, met redelike groot moeite en gesukel, ons toe terug na ons kamp waar sy vrou en seun vir ons wag, lekker koue een gedrink en Petra het toe vir hom ook iets gemaak om te eet.
Moet se die mannetjie het maar lekker vernederd gevoel.





Slim vang sy baas
He-he, lekker les geleer. Dit was seker die laaste keer dat hy so antwoord vir iemand sal gee. Goed dat julle hom bietjie laat "suffer" het voor julle gaan help het.