Leeu se foto van sy tuin het my laat besluit om 'n draad te begin en vra, wys vir ons foto's van jul tuine. Ek besef met die droogte oral is tuine nie tans wat dit moet wees nie maar dit is wonderlik om te sien hoe die natuur darem vir homself sorg.
Ons tuin is redelik klein, tipies van 'n meenthuis. Omdat ons nie mag tuin natmaak nie, doen ons nie tans veel daarin nie. Ons kompleks self het mooi bome, grasperke, beddings en oop spasies. Ongelukkig is die gras nie mooi groen op die oomblik nie.
Foto 1
Foto 2
Dele van die algemene tuine:
Ek hoop om 'n paar tuine te sien. Of die mooi natuurtonele om jul huise (Herman!)
My buurman plant sy tamaties…
My buurman plant sy tamaties so in hangende potte en die goed groei mooi. Dit is nou regte egte tamaties en die tipe wat Arie plant nie ![]()
Dis baie interessant. Die…
Dis baie interessant. Die wortels hou seker daarvan dat die water na hulle toe kom en hulle dit nie hoef te gaan haal nie.![]()
Jaaa, Arie. Ken jou al te goed.
Baie dankie vir die draad,…
Baie dankie vir die draad, Freda. Jy het 'n pragtig tuin, lyk soos 'n vakansie oord.
Ek sal maar liewer nie fotos van my tuin hier opsit nie. Dit is nog baie deurmekaar. Almal wat hier post se tuine lyk baie mooi, well done julle!
Ek het ............

Ek het 'n klompie maande gelede het ek vertel van 5 bougainvillaes wat ek in potte geplant het. Toe het ek gekla dat die blare van twee van die plante aanmekaar omkrul. Die omkrul-blare het een na die ander afgeval en nuwe blare het te voorskyn gekom.
Wat my nou interesseer, is dat een van die plante het pragtige bruin/oranjerige blomme gehad toe ek dit gekoop het, maar die blommekleur het met verloop van tyd na pienk verander, totdat al die blomme pienk was. Hierdie pienk blomme word nou egter weer met die oorspronklike bruin/oranjerige blomme vervang. Op die foto hierbo is nog 'n paar van die ou pienk blomme tesame met die nuwe bruin/oranjerige blomme !
Volgens plantkundiges kan jy nie die kleur blomme van bougainvilleas verander deur die Ph van die grond te verander nie, maar hier het iets gebeur wat ek nie kan verklaar nie. (In my pogings om die omkrul-blare stop te sit, het ek wel 'n bietjie lanboukalk ingewerk wat eintlik nie die krul-blare verhoed het nie).
Interessant nê ?
Chris......
.......ek het gou weer gaan kyk. Die ou pienk blommetjies kom voor saam met die nuwe bruin/oranje blommetjies op dieselfde takkie en selfs op dieselfde sy-loot.
Amarillas
Ek het met my verjaarsdag 'n Amarilla gekry by iemand. Dit was net 'n stingel met knoppies bo-aan. Nou het die knoppe oopgegaan en sovêr 5 pragtige blomme. Daar sit nog 3 knoppe in die middel. Ek het hom spesiaal voor die TV skerm afgeneem, sodat die wit blomme mooier afwys.
Dis baie mooi geniet my tuin…
Dis baie mooi geniet my tuin net soveel is net rugby, visvang en kamp in die bos wat my uit die tuin kry. Hier is so paar van my blommetjies.
Willem, ek moet ook maar my…
Willem, ek moet ook maar my vingers verf as ek hulle groen wil hê.
Ons is nou so 6 maande in ons huis maar na 9 jaar se huurders was die grond morsdood. Begin nou eers dit so kry dat iets wil vat/ blom.
So 'n stukkie agtertuin
Stephan, lyk sommer lekker…
Stephan, lyk sommer lekker groot. Met die water skaarste gooi ek nie meer die gras en als nat nie so die gras kyk nou maar swak hier en die miere wil die res opvreet.
Wit Eland, dankie vir die…
Wit Eland, dankie vir die pragtige foto's van die blomme. Ek wens my tuin het dit ingehad maar met die droogte hier plant ons gladnie blomme nie.
Julle plek lyk baie mooi, Stephan. En netjies!
Baie dankie............
................Chris, lekker om te weet ander ouens kyk ook na Bougainvillaes. Selfs al is dit nie inheems nie, is dit interessant hoe geweldig baie daar dwarsdeur die land te siene is - en hulle blom altyd en is redelik droogte bestand. Hulle blommetjies mors maar redelik, maar ek het myne op die sypaadjie geplant en die suidoos "vee" dit vir my straat-af !
Die wit Bougainvillae is baie skaars en ek het eergister een by 'n kwekery, die laaste een raakgeloop en gekoop.
Daar is 'n erge droogte in…
Daar is 'n erge droogte in die Gamtoosvallei. Dit is nou Patensie/Hankey wêreld. Oppad na die Baviaanskloof is daar die pragtigste Bougainvillaes, sommer so langs die pad, teenaan die plase se heinings. Hulle is oortrek van die pragtigste blomme en lyk absoluut gesond. Niemand gee hulle water nie, hulle is geheel en al afhanklik van reën. Ek aanvaar hulle gaan haal water ondergronds, wat 'n BV in 'n potplant natuurlik nie kan doen nie. Maar dit moet tog wys dat 'n BV nie te veel water moet kry nie?
Jy is................
...............reg Freda - in al die leesstof wat ek kon opspoor sê hulle wees versigtig vir "over watering", maar daar word ook gewaarsku dat die plante nie moet stres van te min water nie. Ek het egter agtergekom dat BV's in potte moet beslis meer water gegee word vanweë die beperking wat jy uitwys. Een ding is seker, hulle voete mag nie in water staan nie en daarom moet dreinering van potte nooit verstop wees nie. Ek het onder in my potte 'n rooster met nog klippe bo-op en dan eers "potting soil" waarbinne hulle geplant is. As ek water gee, maak ek seker dat die water naderhand onder uitloop sodat ek weet die dreinering is nie geblokkeer nie.
Ek het ook agtergekom dat BV's in potte in die somer makliker stres omdat die potte te warm bak vir die wortels daarbinne teenoor BV's geplant in grond waar hulle wortels nie aan hierdie hitte blootgestel is nie. BV's in potte moet dus beslis meer water in die somer kry om die wortels in die potte af te koel.
Dit bly vir my 'n fantastiese plant en oral op paaie hier in die Boland sien jy boere se grensheinings is met BV's beplant, byvoorbeeld tussen Worcester en Robertson.
Freda....
Hulle is oortrek van die pragtigste blomme en lyk absoluut gesond. Niemand gee hulle water nie,
Ja, dit is 'n redelik algemeen-bekende feit t.o.v. BV's. Soos tereg deur Len genoem, dat BV's in potte uiteraard 'n ander geval is, blom BVs baie mooier as dit in oop grond 'n mate van water-stres beleef.
Onkruid op plaveisel
My skoonsus het aan die begin van die jaar by ons gekuier vir ‘n week. Sy het tuinboukunde geswot, en het my bietjie raad gegee vir ons tuin. Een daarvan, is om growwe sout op onkruid te gooi wat tussen die plaveisel groei.
Nadat ons lank weg was Desember was daar ‘n hele paar bossies tussen een deel van ons plaveisel wat redelik klam bly, en sy het growwe sout op hulle gestrooi. Chris Jnr en Kara het baie daarvan weer versamel terwyl hulle buite gespeel het, maar dit was grotendeels effektief soos die foto toon. Dis ‘n goedkoop, omgewingsvriendelike alternatief tot gif (jammer Mnr Boucher).







Freda, maak n gat in bodem…
Freda, maak n gat in bodem van verfblik. Plak n stuk sterk pastiek oor die gat en sny n kruis in. Hang die verfblik op, die gat is mos nou onder en druk jy die plantjie se wortels van buite af deur die plastiek. Maak dan die pot van bo af vol met potgrond, en siedaar, die plant hang takke ondertoe en wortels in die blik. Sodra dit groei, draai die takke hulself regop,, en dit lyk soos op die foto.
Weet nie hoe gedra die wortels hulself daar in die pot nie, maar plant lyk heel gelukkig.