Nogals heelwat opwinding in ons politiek gewees die laaste paar dae?
Ons gewese President se kenmerkende laggie het lyk my heeltemaal opgedroog.
Wonder of die Gupta's hom finansieel sal bystaan![]()
Klompie Burgemeesters is van hul ampte onthef, of soos ons in die ou dae gese het, "Ge-fire"
Sien die "Mense regte komissie" wil ook die leier van die BLF hof toe neem, en baie van die ANC maak ook hul stemme dik en wil hom agter tralies sien.
Wil vir my ampertjies begin lyk of die nuwe bestuur se invloed so stadig deur spoel na alle sfere van die politiek?
Dan is daar natuurlik ook twee nuwe partye vir die 2019 verkiesing;
Aunty Patricia se "Good" sal nog sien hoe "Good" dit gaan wees, alhoewel ek glo sy gaan heelwat stemme van die kleurling gemeenskap wegneem by die DA?
En ek glo die grap van die eeu, onse eie "Stand up Comedian" ou oom Hlaudi..............
Hy glo was hy het die SAUK uit 'n groot finansieele verknorsing gered???? Hulle rekenings was blykbaar almal in die swart toe hy daar weg is.
Ek verstaan hy gaan Dinsdag sy verkiesing manifes uitspel, ek sal dit graag wil bywoon, lus om weer 'n slag lekker uitbundig te lag.
Bly vir my jammer dat ons enigste oposisie party so droog maak en hul naam bollie maak, volgins die jongste menings peilings het hulle sowat 9 % steun verloor en dit is voor die Good party gestig was.
EFF het ook volgens die onafhanklike menings peiling sowat 6 % steun verloor, ek glo baie van die mense begin so stadig deur hom sien?
Wat ook al, ek dink hier is 'n opwindende paar maande voor ons.
Praat jy wat (dalk) tande het
Nou weet ek waarom jy vir die Bokke skreeu
Ten minste het ek nog al my tande, anders as die meerderheid AB ondersteuners in SA
Wat ek nie kan verstaan nie, is die volgende :-
Ons almal weet die ANC is 'n mislukte regering en die olifant in die kamer is die oningeligte, werklose massas wat steeds vir so 'n regering stem. Maar wat my verstand te bowe gaan is hoekom loods die onderskeie opposisie partye nie 'n reuse veldtog om 'n lys van mislukkings (Eskom, SAL, Denel, SAUK en nog 'n horde ander) oor en oor bekend te maak op maniere wat hierdie massas oral, in stede, townships en platteland, sal bereik totdat dit by hul ore uitpeul nie.
Dink mens moet dan ook van…
Dink mens moet dan ook van die veronderstelling uitgaan dat die massas so iets en die lang termyn impak op hulle lewens sal verstaan...hulle doen nie. Die resultaat, soos jy tereg sê, is dat hulle aanhou stem vir die ANC. Dit gaan oor die kospakkie en T-hemp (in Sjina gemaak!) in ruil vir hulle stem (en dan die vals bewerings dat die "ander" partye hulle toelaes sal wegvat). Daar bestaan 'n diepgewortelde geloof dat "the government must supply", hetsy dit huise, grond, werk, gratis onderwys (insl universiteit) en wat nog sal verskaf. Die ander partye (met uitsondering die wat rooi berets soos tee "doilies" dra en hulle kleiner meelopers soos die ATM) verkondig beleid en beloftes wat alteveel na harde werk klink.
Effek van mislukkings ??
Die vraag is, tot watter mate word die oningeligte massa enigsins geraak deur regering mislukkings?
Al wat hulle rerig raak is voete sleep met nasionale gesondheid, grondhervorming en uitbetaal van toelaes. Dit is waarom hierdie snare so luid getokkel word op plattelandse verhoë.
Daardie mislukkings wat Len noem, gaan amper ongemerk by hulle verby. Onthou wat ons as mislukkings beskou, figureer dalk nie eers in hulle verwysingsraamwerk nie.
My beskeie mening.
My ou deuntjie
Ons sien dit as mislukkings, onbevoegdheid ens. Dis alles deel van die ANC se plan en die Nasionale Demokratiese Revolusie. Gaan lees gerus die artikel as julle nog nie het nie.
Iemand hier bo het die swak onderwys genoem, en Zuma het dit selfs ‘n naam gegee toe hy sy misnoë met clever blacks uitgespreek het. As jy die mense “dom” (swak onderwys) en afhanklik hou (sosiale toelaë) is hulle makliker om te beheer.
Net die swartes wat al by wyse van werk en toewyding uitgestyg het bo hulle “voorheen benadeelde” handbriek kan deur die ANC sien. Die bruines het na so vier termyne agtergekom die ANC bevark hulle omdat hulle nie swart genoeg is nie en dis hoe die DA die Wes-Kaap oorgeneem het. Intussen gebruik die VF+ slim taktiek om die DA te diskrediteer en sodoende wit kiesers af te rokkel. Die DA is op ‘n glibberige helling hier by ons.
Die bemarking van die ANC se mislukkings en bangmaak tegniek om kiesers te oortuig om DA te stem om die ANC te “keer” werk net met mense wat iets het om te verloor. Die res raak net kwaad en glo die DA het nie ‘n manifes afgesien daarvan om die ANC se mislukkings uit te wys nie.
wat ons as mislukkings beskou, figureer dalk nie eers in hulle v
Dis 'n te kwaai veralgemening dink ek. Baie van die massas leef ook swaar onder Regering mislukkings, veral die lae-inkomste arbeiderklas en diegene wat elke dag poog om 'n arbeidstakie te vind. Ons huishulp, 'n bejaarde weduwee wat in haar HOP-huisie in Delft woon waarvan die "pre-paid" meterboksie vir twee maande al stukkend is en haar sonder krag laat met vier Eskom verwysingsnommers dat die probleem aandag geniet, is maar een voorbeeld. Daar is hordes werkloses wat hier in ons buurt langs die pad staan en smeek vir 'n werkie, daar is die talles wat weggewys word by klinieke en hospitale weens onbevoegdheid. Om nie eens te praat van publieke vervoer (veral Transnet), taxis en busse wat net nie reg bestuur word nie. Vullis verwydering is nog 'n tragedie, hier by ons word dit klokslag verwyder, maar gaan loer op die Kaapse vlakte en ander townships, daar hoop die vullis en al die onaangenaamhede wat daarmee saamgaan. Hopeloos te min skole, biblioteke en labrotoriums. Polisie/misdaad onbeholpenheid. Al hierdie mislukkings moet op kreatiewe maniere, voortdurend by alle stemgeregtigdes ingevryf word sonder om noodwendig 'n politieke party as alternatief voor te hou.Die boodskap moet net wees : die ANC is 'n mislukte Regering, gebruik jou stem om hulle te verwyder.
Ek werk met baie jong…
Ek werk met baie jong profesionele mense en baie jong gegradueerdes van alle rasse en tans is die meerderheid anderskleurig as ek dit so mag noem. Glo my hulle voel soos die meerderheid van ons oor dii regeering.
Verby is die dae wat die "hulle"nie meer iets het om te verloor nie. Mense wat hulle lewens verbeter het deur studie en geleenthede aan te gryp weet presies wat aangaan en is net so magteloos soos ons om die massas te oortuig van wat eintlik reg is of wat beter sal wees.
My swart buurman wil net so min sy huis werk en alles waarvoor hy gewerk het verloor as ek. My swart buurman wil ook diens kry vir die belasting wat hy betaal. So kan ek aanhou maar die meer ingeligte persone is in die minderheid en wanneer dit by politiek kom verander jy nie sommer iemand se siening nie veral nie iemand wat staat maak op oorlewing van die huidige party aan bewind nie
Die massas word beheer deur hulle ongeletterd te hou en afhanklik te maak van die staat. Dreig net om die "grants"weg te vat en kyk wat gebeur.
Een jong ingeneur wat ek help mentor vertel hoe hy na jare se gesukkel genoeg geld kon spaar om vir sy bejaarde ouers `n ryding aan te kon skaf met trots die voertuig gaan aflewer het. Soos oom Len noem kon hy ook die ellende van sy mense sien en het hulle probeer oortuig dat hulle hul stem moet gebruik vir verandering. Nodeloos om te sê hy moes die nag stilletjies die plek verlaat uit vrees vir sy en sy ouers se veiligheid.
Vrees en intimidasie gaan nie oornag verdwyn nie.
Maak soos die Russe, skree…
Maak soos die Russe, skree nou groot bek oor die arme onskunldiges in Palestiena, terwyl hulle self duisende vermoor in Ukraine.
Absloluut belaglik, soos ook destyds die russe se geskree oor appartheid, terwyl enige "freedom fighter" jou sal vertel hoe sleg hulle in Rusland behandel was.
Idiale politiek is skree hard oor ander se "foute" en hou die wolf van jou eie deur af.
Nie vaskyk in....
....kleur nie. Ek is soms geneig om steeds met 'n NP-bril te loop. Daar is soveel mede burgers wat ook met dieselfde dinge worstel, soos Slowstrike hierbo beskryf. Ek sien ongelukkig dit nie raak nie.
Dis daai oorgrote meerderheid wat die skaal kan laat swaai na behoud, maar dan moet dit baie vinnig gebeur.
Die russe....
....moet eerder nou doodstil bly oor vergrepe en wandade.
Grootste bekke.
The UN Security Council on Monday night in New York failed to adopt a resolution proposed by Russia that would have called for a humanitarian ceasefire in Gaza, which has been ravaged by almost 10 days of fighting between Israel and Hamas militants. The text omitted any mention of the extremist group.
Referendrum Party
Ek sien nounet dat die party gestig word in Wes Kaap. Blykbaar bloot om kiesers die kans te gee om te kan stem vir "onafhanklikheid".
Die onderneming is dat hulle nie die mag by DA wil oorneem nie, maar sal in koalisie met DA regeer/beheer.
Ek ruik 'n rot. Wie orkestreer die skeuring, en kan daar iets positiefs uitkom. Dalk is Winde se dae getel. Hy moes maar die kiesers hulle sin gegee het, sodat hulle amptelik hulle standpunt kon laat tel.
Referendum Party
Winde se dae is g'n getel nie - hy is minstens 'n premier van formaat wat hom nie aan die neus laat lei deur 'n groepie populistiese jongmense nie. Alle regdenkende Kapenaars weet dis 'n droom onder sommiges wat in geen opsigte prakties en suksesvol deurgevoer kan word nie. Dit sou absoluut tydmors wees - daar is baie belangriker dinge om aan aandag te gee.
Referendum party... Moet ek…
Referendum party... Moet ek enigsins aan so gedagte enige tyd afstaan. Len is heeltemal korrek, die enigste wat sal saamstem is dalk van Orania se inwoners wat emigreer het, of paar van oorle Eugene se kommandolede wat nog rondswerf.
Nee wat Wessel, Winde se dae getel??? Op grond van ?? Wie sal hom sodanig kan lig ??? Die " nuwe" party gaan nie eers naby die stemme van die eff kry nie.
Ek gaan liewers weer kyk of daar nie dalk kalmte by die rugbygesprek gekom het nie. ![]()
Orania mense wat .....
emigreer het, of nog moet gaan.
Jislaaik ou neef, hoe persoonlik kan jy raak man. ![]()
![]()
Of nog moet gaan----na Orania of Wes Kaap toe.
Keuse is maklik, daar is geen? misdaad of bendegeweld in Orania nie.
Republiek van Houtbaai
Verwys na die idee van díe onafhanklike " staat" wat Orania . Net so onafhanklik soos die Republiek van Houtbaai. Kry mens nog die " paspoorte" vir die Republiek van Houtbaaai ??
Trek Kleinfontein toe Wessel
Jy hoef nie Orania of Wes-Kaap toe te trek nie. Trek Kleinfontein toe. Dis wel nader aan Mamelodi, maar dis ook nader aan die Kruger Wildtuin. En daar loop selfs ‘n paar bokke rond.





Kan die nie beter opsom nie…
Kan die nie beter opsom nie Wessel.
Dis dieselfde as Robert Kiyosaki se book----Dont tell people what you know. Keep them poor