Nogals heelwat opwinding in ons politiek gewees die laaste paar dae?
Ons gewese President se kenmerkende laggie het lyk my heeltemaal opgedroog.
Wonder of die Gupta's hom finansieel sal bystaan![]()
Klompie Burgemeesters is van hul ampte onthef, of soos ons in die ou dae gese het, "Ge-fire"
Sien die "Mense regte komissie" wil ook die leier van die BLF hof toe neem, en baie van die ANC maak ook hul stemme dik en wil hom agter tralies sien.
Wil vir my ampertjies begin lyk of die nuwe bestuur se invloed so stadig deur spoel na alle sfere van die politiek?
Dan is daar natuurlik ook twee nuwe partye vir die 2019 verkiesing;
Aunty Patricia se "Good" sal nog sien hoe "Good" dit gaan wees, alhoewel ek glo sy gaan heelwat stemme van die kleurling gemeenskap wegneem by die DA?
En ek glo die grap van die eeu, onse eie "Stand up Comedian" ou oom Hlaudi..............
Hy glo was hy het die SAUK uit 'n groot finansieele verknorsing gered???? Hulle rekenings was blykbaar almal in die swart toe hy daar weg is.
Ek verstaan hy gaan Dinsdag sy verkiesing manifes uitspel, ek sal dit graag wil bywoon, lus om weer 'n slag lekker uitbundig te lag.
Bly vir my jammer dat ons enigste oposisie party so droog maak en hul naam bollie maak, volgins die jongste menings peilings het hulle sowat 9 % steun verloor en dit is voor die Good party gestig was.
EFF het ook volgens die onafhanklike menings peiling sowat 6 % steun verloor, ek glo baie van die mense begin so stadig deur hom sien?
Wat ook al, ek dink hier is 'n opwindende paar maande voor ons.
Stem en belastingskaal
Môre Geert
So 'n geweegde stem, proporsioneel aan jou belastingskaal, sal fantasties werk. Dit bied elke persoon die kans om te stem, maar die effek/eindresultaat word bepaal deur jou bydrae tot die land.
Elke persoon mag stem, selfs werkloses, maar die gewig is faktor 1. Soos jou salaris/belastingskaal verhoog, verhoog jou stemfaktor. Pensioenarisse behou hulle laaste stemfaktor by aftrede.
Nou moet ons net 'n kriteria bedink vir toelating tot kabinet/ministers-poste.
Goeie kriteria as begin sal…
Goeie kriteria as begin sal wees "Ervaring" of "Ondervinding"
Die huidige klomp dink ALMAL hulle is ervare en het ondervinding.





Belasting betalers
Wonder wat sal uitslae wees as slegs belasting betalers mag stem....dis mos immers hul geld wat spandeer word....hoekom n knaap sy stem dikmaak as hy nie eers bydra tot iets nie