More alle kampers
Het enige van julle onlangs by Willemsrus binne die groter Dinokeng reservaat gekamp? Ek sal graag wil hoor hoe julle dit ervaar het, en of julle dit sal aanbeveel.
Dit wil voorkom od Willemsrus van die meet gevestigde fasiliteite daar is.
Groete
Wessel
Willemsrus
Dankie Sleep nou
Ek het hulle blad bekyk, veral die fotos van die onderskeie staanplekke.
Ek heg egter baie waarde aan die ervarings van ander wat alreeds daar gekamp het.
Sodra dit koeler is, gaan ek Willemsrus probeer.
Groete
Wessel
Ek het met die dame daar…
Ek het met die dame daar gepraat voor hulle oop gemaak het maar het nog nie daar gaan kamp nie, wil ook kyk of ek dit kan maak in 2019.
Wessel as julle gaan laat weet ons asb.
Ek het hulle benader vir 'n…
Ek het hulle benader vir 'n moontlike artikel - hoop hulle stel belang ![]()
Ek het nou net vir hulle 'n…
Ek het nou net vir hulle 'n e-pos gestuur, wil 20 tot 25 Januarie daar gaan kamp, mits die prys my oas hatuurlik.
Willemsrus gradering
Middag Johann L
Ek het nou jou terugvoer oor Willemsrus gelees, maar iets ontgaan my.
Jy klink positief oor alleas, behalwe die pad, en tog gee jy dit net 50%. Aangesien ek ook nog soheentoe wil gaan wil ek weet;
wat het jou of gesin gepla om net 50% punt te gee?
Groete
Wessel
Ek sien ook die 5 uit 10 en…
Ek sien ook die 5 uit 10 en wonder nogal daaroor? Vertel ons asb ![]()
Wessel, die 50% was baie…
Wessel, die 50% was baie moeilik, dit is 'n uitstekende oord, maar daar is net 'n swembad. As ek die oord op fasalitiete moet beoordeel, is die vir my in plek, maar as ek die oord self moet "rate" sou ek baie maklik 'n 70% plus kon gee. Dit is 'n "bosveld op sy beste" oord, en as jy nie omgee vir die vier kilometer grondpad nie, dan sal ek sê gaan, en geniet die absolute stilte en bosveld atmosfeer👍
Hoop ek kry my verduideliking redelik deur gegee?
Johann, ek is baie bly jy…
Johann, ek is baie bly jy verduidelik vanuit watter oogpunt jy slegs 5 toegeken het. Vir die persoon wat glad nie geraas en super tubes en baie aktiwiteite soek nie, maar verlang na rustigheid en bos en wie met sy 4x4 en boswa kom kamp sal die oord natuurlik 'n groeie gradering kry. Mense wat soek na aktiwiteite en geraas en baie dinge vir kinders om te doen gaan moontlik nie gelukkig wees nie, maar dit beteken dus nie dat dit 'n slegte oord is nie.
Absoluut Anton, vir my, was…
Absoluut Anton, vir my, was dit een van die lekkerste wegbreke in jare.
Sou die gevoel wees dat ek die "rating" moet aanpas, sal ek dit maklik na 'n 7 gaan verander👍
Willemsrus punt
Môre Johann
Moenie jou punt verander nie, dit sal die hele idee van gradering opfoeter. Almal is geregtig op sy mening en dit is waar die voordeel van die stelsel lê.
Ek dink Voortrekker het dit die beste opgesom hierbo---die punt lê in die voorkeure van elkeen. Ek val in in sy 1ste kategorie, nie meer kinders wat saamkamp nie, en vir my lê die hoof prioriteit in die noodsaaklike geriewe soos
ablusie-- skoon en werk alles
staanplek skoon, oop, skadu, krag en water.
So min as moontlik geraas---drinkers, skopfietsies, parende leeus!!! ![]()
Dit klink of ek kan waag om Willemsrus te besoek.
Groete
Wessel
staanplek skoon, oop, skadu,…
staanplek skoon, oop, skadu, krag en water.
..... en geen brandgevare nie! ![]()
Willemsrus totale tariewe
Môre Johann
Sal jy asb so gaaf wees om die hele "grys" tariewe kwessie op te klaar deur 'n afbraak te gee ten opsigte van
bewaringsfooi/dag
Willemsrus kampfooi/dag
enige ekste kostes soos om selfry wildritte te mag doen. Die premitte wat tevore genoem is.
Die aangeleentheid was nie opgeklaar deur die Dinokeng verteenwoordiger so ruk gelede nie.
Groete
Wessel
Wessel, die gryskop tarief…
Wessel, die gryskop tarief per weeksnag is R150.00 per nag per persoon, naweke kan ek nie onthou nie.
Die wilds ritte deur hulle (Denokeng) aangebied is R250.00 per persoon. Jy moet na 'n heel ander punt, so 3 kilos buite die oord, gaan om aan te meld en betaal. Dit sal ek met 'n volgende kamp wel een keer doen.
Daar is baie selfry roetes, en dit is gratis, ons het renoster, olifant en leeu gesien op die selfry, ek wou dus nie op Denokeng se georganiseerde ritte gaan nie. 4x4 roetes is duidelik gemerk "High Clearance only". Die ande roetes (meestal twee spoor paaitjies) is heel rybaar met 'n lae grondvryhoogte voertuig.
Bewarings fooi is R40.00 per persoon, eenmalig, dit betaal jy as jy uitgaan by die hoof hek.
By een van die staanplekke aan die ooste kant (stand no 5, by watergat), het buite landers gestaan, en hulle was baie benoud toe twee leeus een aandvdaar by hulle kom water drink het, hy het sekeriteit gebel.😂 Hou in gedagte, die oord is omhein met hoog spannings draad.
Willemsrus tariewe
Môre Johann
Baie dankie vir die logiese eenvoudige uiteensetting van die tariewe.
Dit is heel skaflik, en wat 'n pluspunt is, is die GRATIS selfry op die roetes.
Nou wonder ek net hoekom is dit so moeilik om uit die Dinokeng- personeel die info so uiteengesit te kry. Met sulke tariewe gaan ek beslis hulle besoek sodra dit koeler is.
Baie dankie
Wessel
Plesier Wessel👍
Plesier Wessel👍
Wou nog noem, as jy by die hoof ingang in gaan ( op die teerpad by die booms), vra net vir 'n kaart van die Dinokeng wildtuim, die GPS verdwaal, dit is gratis.
Kyleu Boskamp Dinokeng
Vir diegene wat sou belangstel, hier is Kyleu se tariewe (vir 2 mense):
In seisoentyd R400
Buite seisoen R240
Dan is daar die R40 pp uitgaantarief (eenmalig) waarna hierbo verwys word.
Daarvoor kry jy:
Groot staanplekke ver van mekaar
Eie ablusieblok met stort, wasbak, opwasbak en gasgeyser vir warm water
Een sak hout per dag
Eie braaiplek
Maar geen elektrisiteit nie. Daar is wel ledligte wat met sonkrag werk
Dis groot 5 wêreld en die kampplekke is nie omhein nie. Daar is 2 km grondpad na die staanplekke maar ek is verseker dat dit in baie goeie toestand is en maklik met gewone padkaravane bereik kan word. Vir die avontuurlustiges is daar apart van die boskamp 'n paar rivierstaanplekke met GEEN fasiliteite nie.





Dankie oom Wessel. Ek het…
Dankie oom Wessel. Ek het sommer onder Kampplekke bygevoeg: Willemsrus