Willemsrus Dinokeng

Algemene Inligting

Resensies

Vaalpark

Johann L

Fri, 25/01/2019 - 14:16

Toegang tot hierdie oord is vier kilometer grondpad, die eerste twee km nadat jy van die teer af gedraai het, (De Wagendrift pad) is redelik sinkplaat, maar weerskante is daar reeds 'n gemaklike "pad" deur voertuie  oop gery. Die laaste twee kilo meter (Patrys straat), is redelik maklik met die karavaan behalwe vir een plek, waar jy letterlik moet kruip oor 'n kort stukkie hobbelrige stuk. Oor die algemeen, moet mens maar baie rustig sleep op die twee grond paaie. )op die teerpad vanaf Hammanskraal is daar baie hoë spoed walle, wat jou karavaan kan beskadigd as jy nie versigtig is nie).

Die oord self was vir ons albei 'n baie aangename verrassing,  dit is lower groen, en so bebosde oord het ons nog nooit ervaar nie. Alle staanplekke is groot en word deur middel van bome en struike van mekaar geskei. Staanplekke is duidelik genommer.

Sodra jy by die elektriese hek ingaan, word jy vriendelik gegroet deur die 'oppasser", jy moet 'n deposito (kry dit terug wanneer jy vertrek) van R150.00 vir jou afstand beheer knoppie, van die hek betaal.

Die enigste ontspanning binne die oord, is 'n lekker swembad vir daai erge hitte, verder, moet jy die resvervaat se paaie gaan ry, en wild soek.

Die ablusies (daar is twee nornaal, plus een ope lug, wat wel omhein is) is ruim, soos in die beste wat ons nog tee gekom het, modern, netjes en voldoende.

Volgens ons, is staanplekke nos 14, 15,16 en 25 die beste,  maar om teen die ooste kant van die oord se omheining te staan waar jy verder kan sien, is nos 1 tot 6 weer beter, maar daar moet jy silwer seil en lugreëling hê in die somer wink

Hierdie oord  is totaal vir die bosveld liefhebbers.

Kinders gaan dalk verveeld raak in die oord self.

Ons het op no staanplek 15 besluit, sommige staanplekke is "dubbel staanplekke" meenende daar is voor siening gemaak vir karavaan plus 'n aangrensende staanplek vir apparte tente of gazebos.

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
7 uit 10
Kamp Datum
20 tot 24 Jan 2019
Toegangbaarheid
Slegte grondpad maar kan gesleep word
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Gras
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Nee
4x4 attraksies
4X4 roetes
Vir kinders?
Geen fasiliteite
0
Vaalpark

Johann L

Fri, 25/01/2019 - 14:38

Om te voorkom dat die inleiding in 'n lang verveelige boek ontaard, het ek gevoel om eerder bietjie op te breek.

Veiligheid binne die oord. Die oord is met elektriese omheining toe gespan, ingang is slegs by die elektriese hek dmv 'n afstsnd beheer knoppie wat aan inwoners verskaf word.

Ons was een nag twee waens, wat mekaar glad nie kon sien nie (4 staanplekke uit mekaar),  en een nag stoksiel alleen, en het geen oomblik onveilig gevoel nie. Om die waar heid te sê, ons het gaan slaap met al die vensters so ver moontlik oop.

Daar is baie self ry roetes, en jy moet maar nie te veel op die gps vertrou nie, sannie kon nie terug kom by die oord nie, ons moes maar instink gebruik en in 'n algemene rigting ons eie pad terug vind, gelukkig is daar nie tye gekoppel aan die roetes binne die wild resrvaat  (oorde binne die wildtuin) nie.

Somige roetes, is soos by die begin punte aan gedui, duidelik gemerk dat slegs "high clearance" voertuie mag deur gaan. Ek kon dit dus nie waag met my kar nie.

Fotos sal volg:

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 25/01/2019 - 18:48

Elke staanpkrk het 'n drink water kraan met 2 x kag punte per staanplek; 1 x normale 15a (huis drie punt prop), en 1 x 13a blou prop, jy is dus geholpe, of jy nou jou blou, of stanndaard prop wil gebtuik.

Uitsig
Ons uitsig vanaf die staanplek 
Swembad
Die swembad is sentraal geleë
Kragpunt
Soos genoem, elke staanpkrk het 'n dubbel krag punt
Hek
Toegangs hek

 

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 25/01/2019 - 18:57

Ablusie
Storte is groot, met die stort hok/ af droog hok met glas geskei, jy gaan dus in 'n skoon  droë vertrek afdroog.
Stort
Ablusies
Stort
Hier kan mens die glas deur en afskorting sien in die stort.

 

Opwss
Buite opwas

 

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 25/01/2019 - 19:04

Buite dtort
Ope lug stort 
Kombuis
Kombuis

 

Braaier
Elke staanplek het 'n braaier, dit word elke oggend skoon gemaak. Die rooster is van vlekvrye staal. Daar is 'n gat in die hoek, met 'n laai, waarin die as gekrap word, dan word die laai uit gehaal en skoon gemaak.

 

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 27/01/2019 - 06:27

Dis n plek waarna ek ook wil gaan is ook op my bucket lys maar ja die groei net dit lyk na n lekke plek om te rus en wild te kyk ek sien Johann jy hulle maar 5 uit 10 gegee

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 27/01/2019 - 18:15

Shaun ja, soos ek elders verduidelik het, dit is eindlik nie heeltemal korrek nie, die oord is uitstekend, maar vir kinders is daar net 'n swembad en die vier kilometer grondpad wat baie mense sal af sit.

Alle staanplekke is gelyk, en met gras bedek, veiligheid is tops, maar dit was 'n moeilike besluit.

Naaste kaffee / winkel is 5 Km ver, en daar is nie 'n winkel van enige soort in die oord nie.

0

Lees tesame met my kommentaar onder Kampplekke-Willemsrus.

Soos genoem, 'n lekker klein kampie met 25 staanplekke. Ablusie is puik en skoon.

Die oord is goed versorg, met die lekkerste braaiers. Elke oggend word dit gewas, nie net as verwyder nie.

Ek sit 3 fotos aan. Ek het op 15 gestaan, dan nr 16 [met die bordjie] en nr 14, waar die nommer nie op foto is nie. Let op hoe groot nr 14 is, amper 2 volgrootte plekke.

staanplek 16
staanplek 14
Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
September 2020
Toegangbaarheid
Slegte grondpad maar kan gesleep word
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Verskeidenheid tipe staanplekke
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Nee
Ablusies
5uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Geen fasiliteite
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus