Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

48775 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
nou koop ek R400.00 se krag… Huiskrag tydens beurtkrag Wildehont -1 hour ago
Dankie Len, jy kan dalk net… Huiskrag tydens beurtkrag HennieBo -1 hour ago
Johann, ek glo jy is veilig… Maart 2019 Koffiekroeg HennieBo -1 hour ago
Baie welkom by kampforum… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -1 hour ago
Dankie Anton Jurgens Ci- DIE WAARHEID NeelsM -1 hour ago
Welkom terug Willem.  En so… Maart 2019 Koffiekroeg Voortrekker -4 hours ago
Ek het net 1 uit 7  Kampforum SuperBru Willem Brits -5 hours ago

As jy groot is...

Centurion
Submitted by Voortrekker on Wed, 09/01/2019 - 07:28
Forums

As hy eendag groot is wil hy graag 'n slangvanger, ingenieur, fotograaf en polisieman wees. 

Hy weet al amper alles, so 96% van alles, en moet nou groot skool toe gaan om die ander 4% te leer.   Eerste dag in graad 1 vir Anton jnr smiley​​​​​​

Anton jnr

Anton jnr

Secunda

Sleep nou

Wed, 09/01/2019 - 09:24

Vier kleinkinders terug skool waarvan  een graad R en ander een nagsorg sy amper twee ja hulle is net n blessing vir ons almal sterkte almal met julle kinders kleinkinders op skool

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 09/01/2019 - 09:38

Pragtig Voorie en Lolla.

My oudste kleindogter in vandag Gr10 toe. 

Wijan het begin met Gr4.

Die oudste kleinseun is Gr.R toe vandag, sy sussie het nog 'n paar jaar voor sy begin.

Rooihuiskraal

Oetie

Wed, 09/01/2019 - 09:44

Geniet die opwinding van skool saam met hom! En onthou, hy mag nou 96% van alles weet, maar juffrou weet ALLES! laugh

My jongste het laasjaar matriek geskryf, nou begin die GROOT skool wat baie geld kos en baie lewens lesse bring...

Port Elizabeth

Antie

Wed, 09/01/2019 - 10:21

Pa se kind!   Al wat hy kort is die ponytail.

Baie geluk, kabouter.   Hierdie tannie hoop jy gaan sommer baie van die regte skool hou.   Dink net hoe baie nuwe maatjies jy gaan kry.   Jy gaan leer lees, skryf, somme maak en sommer baie ander lekker dinge ook doen.   Pappa en Mamma gaan baie trots op jou wees. heart

Voorie, mooi man. voor jy mooi weet wat aangaan, gaan hy wil vinnig hol en rugby speellaugh.

Ons dogter het laasjaar matrik geskryf en ons laai haar vrydag af by Potch, my seun is die jaar in matriek.

Brits

wessels

Wed, 09/01/2019 - 11:00

Middag kampeerders

Sit so en kyk na bydraes oor skoolgaande kinders, en skielik kry ek julle baie jammer. Ek wil uit die diepte van my hart julle sterkte en geduld met skoolstelsel toebid.

Ek was bevoorreg om my 3 kinders tuis, self te skool. My oudste in Std4 uit skool gepluk, die jongste was nooit op skool nie.  Dit vra erge dissipline en toewyding, want eendag moes ek hulle terug in stelsel kry, met universiteit toelating. Dit reggekry en aldrie het groot sukses behaal op univerisiteit. 

Groete

Wessel

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 09/01/2019 - 14:29

Baie geluk Anton, nou begin die pa en ma se huiswerk take, en voor jy jou oë uit vee, is hulle klaar en uit die huis uit.

Laat my toe om darem so een foto van oupa se bulletjie te plaas. (My oudste kleinkind is verloof, en trou die jaar -23 jaar oud) 

Hierdie oupa blom.

Skool

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 09/01/2019 - 14:39

Weet nie of ek my verbeel nie, maar lyk my mos, vandag se kindertjies is baie mooier as wat ons as kinders was, of is dit maar die ou fotos wat ons so lelik laat lyk het😂

Secunda

Sleep nou

Wed, 09/01/2019 - 20:06

Dis die ou tegnolegie hoekom ons lelik gelyk het vandag se kinders mooier geluk Anton Johann en almal met kinders en kleinkinders wat skool toe iswink

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 09/01/2019 - 20:20

Anton, ja broer, ons begin altyd met gesprek "A" maak 'n "S" draai by "Z" en kom dan met 'n kronkel pad terug by die oorspronklike gesprek  "C"😁

Kaap is oraait Johann, solank dit nie Vrystaat is nie laugh

Port Elizabeth

Antie

Thu, 10/01/2019 - 06:11

Ek wys dan maar vir julle ook foto's wat ek gister van die kinders ontvang het oor die eerste skooldag van die jaar.

Foto 1

.
Mia, ons jongste kleinkind, gaan na Graad R

Foto 2

.
My drie kleinkinders in Kaapstad.  Kyra, Leila en Daniel.  Leila se eerste dag op hoërskool.