Nouja, kyk die permanent kamp het ook maar sy dinge en draaie.
Gisteroggend toe Petra uit die kooi opstaan kan sy glad nie regop kom nie! Sy loop so skuifel skuifel met haar neus amper op haar naeltjie. Ek [in my wysheid] besluit toe sy het haar rug uitgesit.
So kry ek vir Antie Google op die lug en begin soek vir Chiropracters of dalk 'n Fisio. Kry toe net 'n Fisio hier in Bela Bela, maar haar nommer gaan direk oor op die antwoord masjien, paarkeer probeer maar niks. Tussen alles deur moet ek vir Petra help om uit die wa te kom, te sit, ek moet koffie maak, ens, my amper vrek gewerk so vroeg in die oggend!!
Nou moet 'n man plan maak, Petra sit traantjies rol oor haar wange, ek sien sommer die is nie aansit nie, sy het wragtag pyn? Staatshospitaal is uit, ek kry toe Katoelieke hospitaal op Google. right, sit die kaart op my foon. Bring vir Petra skotteltjie water op haar skoot, so was sy darem haar gesig en borsel tanne. Nou moet ek altdie nodige bring sodat sy haar gesig kan inkleur. Die aantrek sal ek maar nie hier verduidelik nie. Nou moet ons haar in die trok kry, later die karavaan bankie daar en op 'n manier boender ek haar toe in die trok.
Maar toe ons daar kom is dit ok nou verkoop aan 'n BEE spul Dr's Nouja gaan toe maar in by noodgevalle, mense julle kan nie glo die diens nie, verduidelik vir ontvangs, dadelik stuur hulle 'n rolstoel na die Pajero om haar uit te laai. Daar is geen Dr's op diens oor naweke nie maar hulle bel toe dadelik 'n Dr. die man daag op, 'n Nigerier nogals, dadelik verwag ek toe hy gaan my kinders ontvoer en ons op drugs sit, en met een of ander skema my uit my laaste bietjie geld verneuk, maar....niks. Baie profesioneel, verduidelik heeltyd vir Petra wat hy gaan doen en hoekom, stuur haar toe vir X strale, en kom sit by my en verduidelik presies hoe ver die ondersoek is wat hy nog gaan doen ens.
Petra vertel my later dat hy direk vir haar vertel hy sien sy sukkel erg met osteo rumatiek, vra sy hoe weet hy, sien dit aan haar voete, die tone wat alle rigtings loer, knoppe op die voete. Sy is impressed dat hy dit direk raaksien!
Lang storie kort ons was daar tot na 4nm van die oggend so 10vm, Petra was op drips, spierverslappers, en ander goete, tot morfien vir die pyn!
Dr vertel toe dat sy haarself moet rustig hou en baie versigtig wees, ek vra hom toe of sy darem einde van die maand die kamp sal kan opslaan, hy reken nee dit sal te swaar wees. Vra hom toe of sy darem nog een keer per week my golfsak kan dra as ek gaan speel - nee ook nie, nie eers as ek net 9 putjies speel nie!!!
Ai mense ek sien 'n swaar tyd vir my voor, maar op 'n manier sal ek seker oorleef. Ek het al vamore bed opgemaak, moes kort vir haar vra hoe doen mens dit of dat, het al gevee en selfs al twee koppies koffie vir ons gemaak!!
Baie jammer om te hoor, Arie…
Baie jammer om te hoor, Arie. Ek is bly dat jul sulke goeie diens gekry het en goeie behandeling. Is Petra toe darem beter na jul by die hospitaal was en hoe voel dit vanoggend?
Jy kyk mooi na jou vrou, Arie.
Arie, sterkte vir Petra, ons…
Arie, sterkte vir Petra, ons bid vir haar.
Ja jy sal maar moet uit kyk vir 'n nuwe nimf om die harde werk te kom doen, jy en Petra kan julle nie nou met sulke dinge besig hou nie, wie gaan nou jou rum aan dra?
Ja kyk ek suffer behoorlik,…
Ja kyk ek suffer behoorlik, vanoggend ook al vir Petra 'n spons bad gegee, daar is net nie einde aan my opofferings nie.
Dit is vamore darem bietjie beter, sy kyk darem nie meer in haar naeltjie in nie maar kyk nou so vir haar borste [daar is darem nie "Coopers Droop" nie so dit is heelwat hoger.
Dankie vir die goeie wense, sy sal hier ok deurkom, is net vir my so onregverdig, sy het permanent pyn, met die kanker storie, die rumatiek in haar voete, nou moet sy nog die ekstra pyn ook kry?? Maar ja ek glo nie die lewe was veronderstel om regverdig te wees nie?
Ek het 'n e-pos vir my mediese fonds gestuur om te hoor of hulle sal betaal vir so jong nimf wat Petra kan versorg en my so bietjie opbeur, sal seker eers more ant van hulle kry.
Nou moet ek eers kyk of Petra alles wat nodig is byderhand het, en dan gaan ek alleen kerk toe.
Sterkte daar Arie
Glo dat jy help sal dit Petra kans gee vir herstel sterkte daar Arie
Arie, spoedige beterskap is…
Arie, spoedige beterskap is al wat ek julle toewens. Mooi loop.
Arie, sê sterkte vir Petra…
Arie, sê sterkte vir Petra daar asb.
Arie, beterskap vir Petra…
Arie, beterskap vir Petra. Ons hou haar ook in ons gebede. Glo dat sy mooi gaan herstel
Dankie, ja sy loop nog krom…
Dankie, ja sy loop nog krom en skuifel skuifel, kan sien sy het baie pyn.
Arie, sterkte daar vir Petra…
Arie, sterkte daar vir Petra, ek het nou op die koffie draad gaan vra na haar, eish.
Gee asb vir Petra n druk van…
Gee asb vir Petra n druk van ons almal af en baie sterkte daar vir haar.
Ai mense die eerste keer wat…
Ai mense die eerste keer wat ek my vroutjie depresief sien!
Sy was bietjie opstandig en huil van die pyn, kan niemand kry wat vandag kan help nie - die vroegste is more 10.30 vm.
Dankie vir die belangstelling!
Frik sy is so broos en vol pyn dat die enigste drukkie wat ek kan gee is op haar hand, maar dankie ek druk haar!
Ai tog, dit is sleg. Weet…
Ai tog, dit is sleg. Weet jul of dit spiere is of is dit iets anders in die rug? Sal fisio en naalde nie help nie? En help pynpille nie solank nie? Sorry, ek vra al die vrae. Colin het al vir baie lank pyn en tot nou help niks vir hom nie en is ons nog steeds nie seker wat dit veroorsaak nie. Dit na hoeveel verskillende behandelings en MRI scans en goeters. Die arme ou het vir niks meer lus nie, ek sien ook al tekens van depressie. Dit het definitief die kwaliteit van ons lewens verander.
Petra s'n het so skielik gekom, hopelik is dit iets kortstondig, sy moet net gou by die regte behandeling uitkom, Arie. Sê vir haar ons almal dink aan haar en bid dat dit gou regkom. Sterkte.
Arie, dit is nou nie lekker…
Arie, dit is nou nie lekker om te sien nie, dra asb ons gedagtes en gebede oor vir Petra, ek weet, almal op die forum dink aan julle twee🙏
Freda, dra asb ook vir Colin ons gebede en gedagtes oor.
Dankie, Johann. My…
Dankie, Johann. My bedoeling was nie om aandag na Colin te trek nie, ek kan my net vereenselwig met Petra en Arie. Dit is nie lekker nie.
Ek wou nog Sondag oggend…
Ek wou nog Sondag oggend baie vroeg vir Arie en Petra loop hallo se toe ek daar verby geskiet het.
Ek het egter n tuin jong gehad wat ek moes gaan uitsorteer by die huis.
Nou is ek bly ek het nie -met die dat Oom Steekbaard nou vir arme Petra so in die grond in laat werk het sou hy my dalk ook innie die werk gesteek het daar rondom die kerevan in daai groen lawwe tuin van hom!!
Vinnige "Update" 1] Tannie…
Vinnige "Update"
1] Tannie Frieps, het empaite met Collin, enige langdurige pyn is hel, en maak mens moeg.
2] Dit is 'n werwel wat ge-glip het, 'n senuwee vasdruk en dan inflamasie in die spiere gee. Ek persoonlik glo aan 'n Chiropraktisein, hulle ruk en pluk so werwel vinnig op sy plek. Ek self loop met drie werwels [na 'n ongeluk] wat 'n 'Impact Fracture" het, as die pyn te erg raak gaan sien ek die ruk en pluk kwak en net een uiters twee behandelings en ek voel weer mens. Ongelukig is die naaste een in Pta en Petra sien nie kans om so ver te ry nie. Fisio terapeute is ook maar skaars en beperk hier, ons het 'n afspraak vir more gekry.
3] Na heelwat oorweging en bepeinsing het ons besluit om maar hier te bly tot einde April. Al die experts wat ek mee gepraat het, onder andere my broes kind wat 'n fisio is en in Die Strand praktiseer, kan dit 'n langdurige behandeling wees? Sy moet haar self stil hou tot volko9me genees, so sy sal nie die kamp kan afslaan nie. Ek sal haar maar genadig wees en nog drie maande hier staan, sjoe -dit sal dan nege maande wees!!!!!
4] Petra se baie dankie vir almal se seenwense, sy waardeer opreg!
Arie, ek glo dat dit gou…
Arie, ek glo dat dit gou gaan beter word.
Antie, ek ken daai gevoel van die rug. Sterkte daar vir Colin. Is glad nie lekker nie.
Dit lyk darem of my infiltering inspuiting heelwat help. Het juis Saterdag so 5km gaan draf/stap. Nogal 'n redelike tyd gemaak ook.
Arie, daar kaap ek jou draad so effens





Arie ek stel voor jy kyk…
Arie ek stel voor jy kyk maar uit vir 'n jong slavin om te help met die takies sodat Petra kan rus en jy ook nie jouself te hoef oordoen nie. Netnou sit julle altwee krom?
Sterkte daar en ek glo Petra sal sommer gou weer haarself wees. Ons weet mos jy kyk altyd goed na haar en julle vertroue op God is wat julle altyd deur dra!
Groete aan Petra en sê vir haar ons dink aan haar en bid ook dat sy gou sal genees en kamp opslaan.