Hierdie is my eerste plasing so betoon maar baie genade asb.
Ek wil graag by Drie Berge gaan kamp nadat ek die positiewe resensies gelees het.
My probleem lê daarin dat ek bykans so breed is as wat ek lank is. Lengte is bykans 2m in die sokkies, so maak maar jul eie prentjie op.
Vriende wat voorheen daar gekamp het en nie heeltemal so "duidelike' skadukol maak nie vertel my die toegang tot die mans storte is ietwat beperk. Hy vermoed ek gaan sukkel om die stort binne te gaan.
Het van die lede meer inligting en fotos sal ook baie hulpvaardig wees.
Groente
Kosie
Hallo Kosie. Dit is lekker…
Hallo Kosie. Dit is lekker om van jou te hoor ![]()
![]()
Die storte by Drie Berge is gemaklik en groter as dit wat ek al by vele baie ander oorde al gesien het.
Dit bestaan uit 2 gedeeltes wat half geskei is - 1 die stort en 2 die aantrek en bankie gedeelte waar jy jou klere kan sit en handdoek hang ens.


More Kosie
Daar hoor jy nou nee wat haak daai wa sleep hom na drie berge en kamp n hond uit n bos





Kosie, baie welkom by die…
Kosie, baie welkom by die aktiewe sy van ons forum, ek was lank terug daar, maar kan regtig nie onthou hou groot die stort hokkies is nie, seker maar omdat ek weer atleties gebou is, lyk soos 'n spies😂
Hoop Voortrekker sien jou vraag raak, hy kom gereeld daar.