Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Umfula Goeie Hout -1 hour ago
so 'n bloedrooie. Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Sterkte Rona en Daan Lakeview Lodge and Camping Geert -2 hours ago
5.6kg Umfula Johann L -4 hours ago
Bo Umfula Johann L -4 hours ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago

Drie berge oord storte

Eldoraigne
Submitted by Kosie on
Forums

Hierdie is my eerste plasing so betoon maar baie genade asb. 

Ek wil graag by Drie Berge gaan kamp nadat ek die positiewe resensies gelees het.

My probleem lê daarin dat ek bykans so breed is as wat ek lank is. Lengte is bykans 2m in die sokkies, so maak maar jul eie prentjie op.

Vriende wat voorheen daar gekamp het en nie heeltemal so "duidelike' skadukol maak nie vertel my die toegang tot die mans storte is ietwat beperk. Hy vermoed ek gaan sukkel om die stort binne te gaan. 

Het van die lede meer inligting en fotos sal ook baie hulpvaardig wees. 

Groente

Kosie

 

Vaalpark

Johann L

Thu, 31/01/2019 - 19:11

Kosie, baie welkom by die aktiewe sy van ons forum, ek was lank terug daar, maar kan regtig nie onthou hou groot die stort hokkies is nie, seker maar omdat ek weer atleties gebou is, lyk soos 'n spies😂

Hoop Voortrekker sien jou vraag raak,  hy kom gereeld daar.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 31/01/2019 - 19:59

Hallo Kosie.  Dit is lekker om van jou te hoor smileyyes

Die storte by Drie Berge is gemaklik en groter as dit wat ek al by vele baie ander oorde al gesien het.   

Dit bestaan uit 2 gedeeltes wat half geskei is -  1 die stort en 2 die aantrek en bankie gedeelte waar jy jou klere kan sit en handdoek hang ens.

Stort

stort

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 01/02/2019 - 05:58

Daar hoor jy nou nee wat haak daai wa sleep hom na drie berge en kamp n hond uit n bos

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus