Kyk, wat Anton hier vermag het is bo my vuurmaakplek. Hy het ons al telkemale gesê hierdie is nie 'n forum platform nie. Maar na alles wat hy gedoen het, lyk dit beslis so! En ons kom net met nog "demands", aanmekaar. Anton, dat jy nog nie dik is vir ons nie, is amper te goed om te glo.
Alles is nou regtig vir my puik, maar daar is nog een dingetjie wat ek wil vra. Is dit nie moontlik om die stad of dorp, waar 'n lid woon, onder sy naam te hê by die kommentare nie? Iemand skryf miskien, hier by ons reën dit erg op die oomblik, en dan weet jy nie waar is hier nie. So ook met sommige ander kommentare sal dit lekker wees om dadelik te sien in watter area die lid is. Ja, jy kan ingaan en gaan kyk waar hy woon, maar dit is mos makliker as dit klaar daar voor jou staan. :-) Op die manier gaan mens ook maklikder leer wie woon waar.
Ek vra maar net! :-) :-)
Aanwys van blyplek
Baie dankie Anton. Op die manier kan elkeen ook vir homself besluit of hy dit wil wys of nie. Jy is 'n champ!
Ek bly hier
Ek weet darem nou waar ek bly!!! soms raak ek maar bietjie weg!!!
Dankie Voorie, ek het my huis gekry!!!!
Aanwys van blyplek
Ek sien 'n paar lede het al hul blyplek ingevoer. Miskien het almal nog nie die draad gelees nie. Indien jy nie omgee dat ander weet waar jy bly nie, vul dit gerus in sodat ons weet waar almal hul bevind.
Ja kom forumiete! Vul asb…
Ja kom forumiete! Vul asb julle dorp in. Dit is nou onder "home" heeeeel onder op jou profiel "edit" net bo die "save" knoppie.
Dorpe
Freda, ek moet sê ek het LANK gedink of ek ons dorpsnaam moet opsit!!
Kyk, ek bly hier 69 jaar, en was baie trots om in die oudste dorp in hier te kon bly (goed, Potchefstroom stry altyd!!!), MAAR, met absolute SWAK bestuur, BANKROT munisipaliteit, die GROOTSE slaggate in die provinsie, die VUILSTE (rioolbesmette) spruitjie wat deur die dorp loop, en wat eintlik die ontstaan van die dorp, waar die eerste Voortrekkers hulle hier gevestig het . . . . . . kom ons los dit!!!
Ek so skaam om vir mense wat toer van dioe Kaap af Kruger Wiltuin toe, hierdeur te beduie!!
Wat die ander aanbetref wat NIE tuisdorp wys nie, is daar tog baie wat seker maar (meer) anoniem wil bly in 'n mate, ek dink??
Aanwys van blyplek
Moet ons nie eerder net die provinsies insit nie? Dit is ook OK. Veral as ons oor rugby praat, is dit nogal belangrik om te weet. :-) :-)
Provinsies
Johann, die verskil is, al sê myne ek bly in Timbaktoe, gaan almal weet die Leeus is my span, want ek sê dit! :-) OK met die "rugby amper ken" sal ek nie stry nie. Altwee my seuns het in Sub A begin rugby speel en Ma het nooit een wedstryd gemis nie. Dis waar my liefde vir rugby begin het. Na 40 jaar se kyk kan ek saampraat maar, ek erken, die manne sien dinge raak wat ek nie altyd opmerk nie. :-)
Trek net jou been
Freda, ek trek net jou been oor die rugby, as Cheatah onderstener, is ek baie erg oor die Leeus, ag eintlik maar enige SA span, al is ons rugby gat oor kop?
Ek weet jy terg
Sal mos nou nooit iets anders van jou glo nie, Johann. :-) Gisteraand op Toks en Tjops het hulle gesê die rugby wat tans deur die SA spanne gespeel word is baie meer opwindend as vorige jare. En ek stem saam, daar is 'n groot verbetering. Selfs die Kings speel beter rugby.:-)





Aanways van Blyplek - done!
Freda, daar is nou moontlikheid vir lede om Hulle blyplek aan te wys onder die foto.
Hopelik werk dit nou dat hierdie inligting met Registrasie ingevoel moet word. Vir huidige lede, jy moet Kliek regs bo op my account - Op jou Profiel blad kliek dan op EDIT.
Skuif af tot heel onder net bo "SAVE" is daar 'n plekkie "WOONAGTIG" waar jy jou huidige blyplek kan insit.
Dit sal dan soos myne hier onder my wys.