Ek deel graag;
Ons volgende 4x4 toer le om die draai. 14 Junie tot 30 Junie 2019. Hierdie jaar pak ons kerk se 4x4 groep Lesotho en die Wildekus aan. Behalwe vir die samesyn, die lag en natuur, is elke toer ook n geestelike ervaring. Na elke toer kom jy as n ander mens terug. Die belangstelling is ongelooflik en die jaar is 0ns 19 voertuie en 51 persone op die toer. 80% sleep of Boswa of Offroad caravaan. n Groot gedeelte van die roete is 4x4 en almal is selfonderhoudend. Ons ry meestal grond paaie en verken so gedeeltes wat min ander sien. Ons is ook nie bang om n 2 spoor paadjie te gaan explore nie. Hier is ons toer program.
14 Jun: Slaap oor in Fouriesburg
15 Junie: Pak die A1 se passe aan, stop by Afri-ski en slaap oor by St James lodge kamp terrein in Lesotho
16 Junie: Sani pas af en slaap oor by Oribi Gorge, Lake Eland kampterrein
17 Junie: Lake Eland en hier gaan ons die Kabel en Canopy tour doen
18 Junie: Ons ry vroeg via agter paaie na Mbotyi kamp terrein teen die Wildekus
19 Junie: Ons gaan die area verken via die 4x4 paadjies en gaan die Waterval Bluff besoek
20 Juni: Vandag kamp ons saam, vang vis en ontspan
21 Junie: Ons ry na Anchorage hotel se kamp terrein. Ons besoek n skeepswrak en doen n lekker water kruising
22 Junie. Verken die area, vang vis en doen n uitreiking by een van die nedersettings
23 Junie: Vertrek na Wild Lubanzi kamp terrein. Ons gaan n paar lekker sand paaie ry vandag en dit sal die 19 voertuie toets.
24 Junie: Verken die area, vang vis en besoek moontlik nog n skeepswrak
25 Junie: Ons ry uit na Hole in the Wall en spandeer die dag daar met swem en kuier.
26 Junie: Ons vertrek na Dwesa Cwebe resevaat. Die roete deur die grasland 2 spoor paaie gaan opwindend wees.
27 Junie: Vang vis en geniet die resevaat
28 Junie: Ons doen n begeleide 4x4 roete saam met die parkeraad personeel. Ons gaan plekke besoek wat nie elke dag gesien word nie.
29 Junie: Vat die pad na Lord Frazer Hotel in Wepener. Slaap die nag oor.
30 Junie: Terug huistoe
Gee gerus insette vir die wat al van die plekke besoek het.
Dis omtrent interesant ja…
Dis omtrent interesant ja. Hierdie is n baie spesiale groep. Ons kom ook uit alle oorde van die samelewing. Daar is baie ondervinding in die groep en die kerk bied dit vir n klomp jare aan.
Ons het nou al Namibia, Botswana, Swaziland, Mozambiek, Lesotho, Weskus, Richterveld en SA getoer oor die jare. Daar is n paartjie oor die 70's en dan weer jong mense in hul vroee 20's. Daar is heelwat kinders ook. Ons is in radio verbinding, werk op hoe band. Daar word meestal saam gebraai elke aand. Elke voertuig ry 3 sakke hout en 3 sakke Charcoal saam.
Ons het n vetkoek aand waar daar lekker saam gebak en gebrou word. Daar word feitlik op elke plek n laer getrek so almal kuier saam. Ons dra ons eie water maar die groep help mekaar mooi uit.
Ons snorkel, vang vis en kuier saam op die strande. Almal is goed voorberei en die groeps dinamika dra by tot alles.
Geduld is jou voorland met die ryery maar almal word na omgesien. Partykeer verdeel ons die groep in twee om net so bietjie die opeenhoping te stop. Maar alles deel van die pret. Ons groep leier is uitstekend.
Elke voertuig bring n geskenk vir al die voertuie op die toer so jy word lekker bederf met lekernye vir die hele trip.
Wildekus toer
Middag Gerhardt
Joe dit klink nou lekker.
Skielik kry ek myself jammer---ek het die wa, maar nie die geskikte trokkie nie. Aftrede is om die draai, en dan wonder mens skielik, waar het mens finansieel tekort geskiet.
Julle moet dit geniet saam met gesin en vriende. Dit moet voorwaar 'n belewenis wees om saam met so 'n groep te toer, sonder [?] geestelike stampe en stote.
Jy moet asb die spesiale draad warm hou met terugvoer.
Wessel
Dankie...................
..................Gerhardt, ek is nuuskierig, is julle almal uit dieselfde gemeente en as ek mag vra, wat is die gemeente se naam ?
Ons is ja, Handeling…
Ons is ja, Handeling gemeente, Roodepoort. Ons het gesins kampe(2 of 3 n jaar) vir die karavaaners wat nie offroad will gaan nie, daar is ook n motorfiets groep. Die juig kry ongelooflike blootstelling. Sommer net n lekker kerk met min fieterjasies.
Nice Gerhardt
Dit gaan n toer wees wat lank by julle almal sal bly Junie is om die draai Sani pas wil ek ook nog eendag doen julle het n lekke roete geniet
Gerhardt. dit klink…
Gerhardt. dit klink fantasties. Volpunte vir jou kerk wat dit (en ook die ander uitstappies) reël. Ek glo julle gaan dit baie geniet. Dit is 'n groot groep maar almal staan mekaar by, so dit vergemaklik alles. Ek hoop ook regtig jy gaan vir ons sommer baie van die toer vertel en foto's wys.
Ai dit klink lekker. …
Ai dit klink lekker. Ongelukkig ken ek nie een van daai plekke nie. Geniet die beplanning! ![]()
Gerhardt, mense, maar dit…
Gerhardt, mense, maar dit klink na 'n belewenis, ons kyk uit vir die storie met fotos wat ek reeds hier in my agterkop sien,👍
Ek het nie die voertuig, of die jeugdigheid om so iets aan te pak nie, en is totaal afhanklik van julle gesprek voering in die verband.
Ja Johann darem kan ons so …
Ja Johann darem kan ons so 'n ietsie beleef te danke aan ons vriende se gewilligheid om hier met ons te deel! Dankie! ![]()
GerhardtN amper tyd
Sterkte met reelings amper tyd vir die toer van jou![]()
32 dae dan pak ons die toer…
32 dae dan pak ons die toer aan. Ons laaste bymekaarkom om radios te toets is die 25ste. Die groep is sover 19 voertuie. Lol, hier kom n ding soos hulle se.
Fouriesburg oorslaap
Middag Gerhardt
Sommer nuuskierig, waar gaan julle klomp oorslaap in Fouriesburg.??
Ek het begin April in Meiringskloof gestaan vir 'n week. Ablusie is oud, beknop maar alles het gewerk.
Lekker toer en hou ons agtergeblewenes op hoogte asb
Wessel
Die groot groep ry Saterdag…
Die groot groep ry Saterdag oggend (04h00) vanaf Roodepoort tot in Lesotho by St James lodge waar ons eerste oornag punt is. Ons is 6 voertuie wat Vrydag aand oorslaap in Fouriesburg, 2 by privaat mense en die ander 4 by Camelrock se kampterrein.
Ons 6 sal vroeg Saterdag oggend deur die grens gaan en stop by Afriski vir brunch en dan na St James lodge. Die groot groep sluit dan later by ons aan.
Ek glo ons gaan sneeu kry teen daardie tyd. Hopenlik kortwiek dit ons nie te veel nie. Meeste sleep kampwaens en offroad karavane. Sani af in sneeu kan ook pret wees.
Dit raak nou min dae,…
Dit raak nou min dae, Saterdag verby het ons radios getoets, die groep in 4 kleiner groepe gedeel om net kamp en ry reelings te vergemaklik. n Dag program is bespreek en so bietjie gebraai. As daar een ding is wat n toer met 18 voertuie interesant maak is dit die groep se lede. Daar is n paar nuwes, hulle moet dopgehou word. ![]()
Gaan groot GerhardtN
Julle gaan dit beslis geniet komunikasie baie belangrik in so groep die radios gaan dit wel makliker maak![]()






Wow Gerhardt.................
............dit klink na 'n baie intressante affêre hierdie ! In my jonger dae sou ek wat wou gee om soiets mee te maak en ek sou net 'n plan moes maak om 'n boswa iewers te huur.
Met so 'n groot groep, hoe hanteer julle die etery of sorg elkeen maar vir homself ? Is julle in radio-verbinding met mekaar en ry julle as 'n groep saam ?
Ek aanvaar ons gaan 'n lekker gesels-verslag en fotos van julle trippie kry.