Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Wildekus 2019

Magaliesburg
Submitted by GerhardtN on
Forums

Ek deel graag;

Ons volgende 4x4 toer le om die draai. 14 Junie tot 30 Junie 2019. Hierdie jaar pak ons kerk se 4x4 groep Lesotho en die Wildekus aan. Behalwe vir die samesyn, die lag en natuur, is elke toer ook n geestelike ervaring. Na elke toer kom jy as n ander mens terug. Die belangstelling is ongelooflik en die jaar is 0ns 19 voertuie en 51 persone op die toer. 80% sleep of Boswa of Offroad caravaan. n Groot gedeelte van die roete is 4x4 en almal is selfonderhoudend. Ons ry meestal grond paaie en verken so gedeeltes wat min ander sien. Ons is ook nie bang om n 2 spoor paadjie te gaan explore nie. Hier is ons toer program.

14 Jun: Slaap oor in Fouriesburg

15 Junie: Pak die A1 se passe aan, stop by Afri-ski en slaap oor by St James lodge kamp terrein in Lesotho

16 Junie: Sani pas af en slaap oor by Oribi Gorge, Lake Eland kampterrein

17 Junie: Lake Eland en hier gaan ons die Kabel en Canopy tour doen 

18 Junie: Ons ry vroeg via agter paaie na Mbotyi kamp terrein teen die Wildekus

19 Junie: Ons gaan die area verken via die 4x4 paadjies en gaan die Waterval Bluff besoek

20 Juni: Vandag kamp ons saam, vang vis en ontspan

21 Junie: Ons ry na Anchorage hotel se kamp terrein. Ons besoek n skeepswrak en doen n lekker water kruising

22 Junie. Verken die area, vang vis en doen n uitreiking by een van die nedersettings

23 Junie: Vertrek na Wild Lubanzi kamp terrein. Ons gaan n paar lekker sand paaie ry vandag en dit sal die 19 voertuie toets.

24 Junie: Verken die area, vang vis en besoek moontlik nog n skeepswrak

25 Junie: Ons ry uit na Hole in the Wall en spandeer die dag daar met swem en kuier.

26 Junie: Ons vertrek na Dwesa Cwebe resevaat. Die roete deur die grasland 2 spoor paaie gaan opwindend wees.

27 Junie: Vang vis en geniet die resevaat

28 Junie: Ons doen n begeleide 4x4 roete saam met die parkeraad personeel. Ons gaan plekke besoek wat nie elke dag gesien word nie.

29 Junie: Vat die pad na Lord Frazer Hotel in Wepener. Slaap die nag oor.

30 Junie: Terug huistoe

Gee gerus insette vir die wat al van die plekke besoek het. 

 

 

 

Magaliesburg

GerhardtN

Fri, 05/07/2019 - 15:04

So n vinnige verslag van ons trip Wildekus toe. Sal meer fotos mettertyd deel.

Ons(2 voertuie) vertrek Vrydag 14 Junie na Fouriesburg en slaap die aand oor by vriende. Lekker koud gewees. Vroeg oggend op die 15de wag ons so uur by die Caledonspoort grenspos om oor te gaan. Temp -5'C.

Ons is later by Afriski en geniet die dag behoorlik en speel lekker in die sneeu. Nog vriende sluit by ons aan. Teen 13h00 is meeste van die groep van 18 daar en ons ry na Morelong ecco lodge vir die aand se slaap. Baie basic maar ons is toegerus. Temp sak na -4'C. Vroeg oggend met n stywe 4x4 paadjie ry ons rigting Sani pas. Hier sukkel ons omtrent 2 ure om af te kom en dit lyk soos n 4x4 highway. Nog nooit so baie voertuie gesien op ry teen die pas op nie. 

By lake Eland kamp ons lekker, ry die ziplines en geniet die 2 dae daar. Op pad na Mboyoti raak die paaie sleg. Dis n mooi kamp met krag en ons geniet die 2 dae hier. Ry lekker rond en verken die area. Van hier na Anchorage is die paaie baie sleg. Party plekke kan jy nie meer as 20km/h ry nie. Baie slaggate en slote op die paaie. Hier besoek ons doe mond en vang bietjie vis. 

Van Anchorage ry ons na Wild Lubansie. Kamp basies en area mooi. Besoek Hole in the wall en gaan eet lekker by White Clay. Van hier vat ons die pad na Dwesa. Pragtige plek, mooi soos jy nog nie gesien het nie. Die woud, see en area is pragtig. Ons word geseen met n goeie 40mm reen die een aand en gaan ry in die storm die woud. Wat n ervaring. 

Ons ry deur Wepener terug via die N1 en kom veilig en gelukkig by die huis 17 dae later. Toer was n challenge met al die voertuie maar n goeie radio sisteem werk soos n bom. 

1

2

3

4

5

 

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 06/07/2019 - 06:14

Dankie virrie deel dit was verseker n gebeurtenis saam almal op die toer met so toer het jy n ordendelike voertuig nodig met lekke hoogte vannie grond af mooi fotos dankie

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 07/07/2019 - 09:03

Sjoe, dit lyk nou baie lekker.

Laat my sommer terug verlang.

Tyd dat ek Suzuki weer regkry vir so trippie.

Dankie vir die deel.

0
Nelspruit

Laevelder

Fri, 12/07/2019 - 15:25

Baie dankie vir die deel van julle safari.

Dit lyk  vir my of een van julle toergroep 'n Explorer gesleep het.  Het die Explorer se eienaar nie teen Sanipas af met sy haarnaaldraaie,  gesukkel nie? 

Het die  voertuie wat gesleep het, se remme nie teen die Lesotho afdraandes warm geword nie? 

Julle moes groot pret gehad het!

0
Magaliesburg

GerhardtN

Tue, 16/07/2019 - 08:37

Baie dankie vir die deel van julle safari.

Dit lyk  vir my of een van julle toergroep 'n Explorer gesleep het.  Het die Explorer se eienaar nie teen Sanipas af met sy haarnaaldraaie,  gesukkel nie? 

Het die  voertuie wat gesleep het, se remme nie teen die Lesotho afdraandes warm geword nie? 

Julle moes groot pret gehad het!

Daar was 2 Xcape's, my Oryx, twee Bushlapas en die boswaens. Ons moes n bietjie stop naby Malumong maar verder het die remme mooi gehou. Die belangrikste is jou rat verhouding en dis beter om dit stadig te vat. Sani was nie n probleem nie behalwe vir die verkeer op daai spesifieke dag. Die pad is baie uitgespoel maar ons almal is gemaklik daar af.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus