Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
118792 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pretoriuskop is tops ! Kruger Wildtuin-stories Len Loader -8 hours ago
Nou glo ek jou.

Gepraat van…
Strydoms in Pilansberg Chris Boucher -8 hours ago
Pretoriuskop Kruger Wildtuin-stories Chris Boucher -8 hours ago
Tent

Aircon

AREA Boksburg
te koop Jurgens 1993… Steven -9 hours ago
Pierre, "Isocharger" 94… Johann L -9 hours ago
Ongesien, te koop Jurgens 1993… Johann L -10 hours ago

Manyane Pilansberg

Brits
Submitted by wessels on Tue, 05/03/2019 - 10:04
Forums

Môre vriende

Ek sleep môre so bietjie Manyane toe. Dit is my beurt om so bietjie leeg te lê en hopenlik diere te kyk.

Hopenlik onthou ek die keer die kameras en om paar fotos te neem. Ek het juis 'n poolnoodle opgesny om oor die venster te plaas sodat die kamera daarop kan rus. Mens kan nie die goedjies vashou. korrel en zoem, sonder om te bewe nie.

Groete

Wessel

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Tue, 05/03/2019 - 11:05

Ja, neem asb foto's en gee vir ons terugvoer. Ook van die kampterrein. Ons was nog nooit in Pilanesberg nie, maar  dit is reeds lankal op ons wenslys. Ons het al heelwat weersprekende artikels omtrent die park gelees en wil graag eerstehandse terugvoer/inligting kry. Ek lei af jy was al voorheen daar? 

Geniet dit en ry veilig

Môre vriende

Ek het per ongeluk die woord "more" verkeerd gebruik in my teks gister. Vandag by die huis, grassny, proviand aanskaf en pak. 

More vroeg sleep ons die 100km tot by Manyane, dan die soektog vir 'n skadu staanplek. My kompleksie bots baie met Bosveld klimaat in die winter. Hopenlik is 'n brandslang nabylaugh

Sal beterhelfte se arm draai om vandaar as sein toelaat fotos te laai.

Wessel

Naand vriende

Heerlike naweek gehad in Manyane, van laas Donderdag tot vandag. Hele pad gebid vir koelte staanplek, en weliswaar dit gekry. Hele Kavango en tent die hele dag in koelte. Dis 'n bonus en noodsaaklik die tyd van die jaar in Bosveld.

Aangeheg 'n paar fotos, sommer omm te wys hoe lyk Manyane kamp, en dan fotos van diere binne wildtuin. Onthou mens kan Manyane toe gaan, sonder om ooit in wildtuin in te gaan. 

Manyane is effe aan ouerige kant, dit kan jy sien aan die gebrek aan grasstaanplekke, en die bome. Ek dink die wildtuin[Pilansberg] is iets besonders. Die teer en grondpaaie is heel begaanbaar vir enige voertuig. Tans was van die paaie toegemaak, weens verspoelings, maar die stootskraper werk onverpoos om dit reg te kry vir skoolvakansie.

Ons het baie wild gesien, veral renosters. Net vir Luiperd nie gekry nie. Soos julle kan sien is die veld baie ruig, nat en groen.

As julle nog fotos wil sien, sal ek my beterhelfte vra om nog voor te berei.

Ek kan Pilansberg aanbeveel, dit is naby en bekostigbaar. Van my huis tot op staanplek, slegs 102km. Die pad soheentoe is in goeie toestand, mens moet maar net versigtig wees vir losloop diere deur die ou Boputhaswana area, maar dis veilig. Dieselfde pad  wat Pretoris mense Sin city toe ry.

Groete

Wessel  

 

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sun, 10/03/2019 - 20:52

ek waardeer hierdie terugvoer. 

Ja, stuur asb nog foto's en inligting.

Rustige aand vir julle.

Centurion

Voortrekker

Mon, 11/03/2019 - 06:57

Hallo Wessel.   Bly julle het dit geniet!   Dankie vir die terugvoering en foto's yes

PS.  Dit lyk darem nie of daar brandgevaar by en om jou kamp was nie? cool

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Mon, 11/03/2019 - 09:14

So 'n sleepvoertuig met so 'n karavaan en jy's huiwerig om Kgalagadi toe te gaan?

Môre vriende en Voortrekker

Voortrekker: Nee, daar is nie 'n brandgevaar in die kamp nie.  Plek is netjies en goed versorg.

Baie lekker gekamp, behalwe vir papwiel in die kamp self. Met groot moeite wiele geruil, Vrydagoggend eers uit Mokwase bande plek toe. Kon geen lek kry nie, en het maar eers agter op bakkie gehou want dit is te goed om waar te wees. Hoe kan band van 2.5bar afblaas tot 1.5 bar, sonder 'n lek.  Ek vermoed  'n stout seuntjie [of sy pa] het my wiel afgeblaas omdat ek geraas het met hom omdat hy by my wa lawaai het, toe ek middagslapie wou maak. 

Groete

Wessel

Port Elizabeth

Frieps

Mon, 11/03/2019 - 09:24

Dankie vir die foto's Wessel, en bly julle het dit geniet.  Ek sweer dit is daai kind se pa wat die sondebok was!   Party mense dink mos hul kinders is engeltjies en niemand mag eers skeef na hulle kyk nie!

Hello Sarel

Die huiwerig kom van;

my trokkie is net 'n 2.7 petrol, en dit is nie 'n 4x4 nie

bloot omdat dit onbekende terrein is. 

dalk die grys/bles haredos

Ek is egter seker dat my kombinasie dit sal maak tot by Twee Rivieren. Ek het so stilletjies besluit om te probeer bespreek vir volgende jaar in koue maande.

Ek moet nog die kombinasie toets op meer uitdagende  [bulte/passe] paaie. Platpad sleep die Hilux die Kavango baie gemaklik, ek gebruik egter 4de rat sommer baie gou, as ek opdraende sien aankom. Ek glo daaraan dat  die 5de rat nie hard moet werk nie.

Of daar waarheid insteek weet ek nie, maar ek het ook nooit met my vorige Isuzu en Palma ratkas probleme gehad nie.

Groete

Wessel

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 11/03/2019 - 09:33

Wessel, laat kom asseblief daardie Pilansberg-fotos.  Ek was nog nooit daar nie omdat teveel mense negatiewe kommentaar lewer, veral oor die twee kampeerplekke.  My annerhelfte kom van daardie wêreld en haar voorouers het voorheen die plase waar Suncity en Pilansberg vandag is, besit.

Ek dink ek moet my volgende Kruger Wildtuin-trippie kombineer met 'n kuier by Pilansberg.

Hoe presies het jy gery om by Manyane uit te kom, oor Brits en Beestekraal ?  Ons het vriende wat op Beestekraal boer.

Stupid vraag : Jy is mos van Brits !

Môre Len

Ja ek bly in Brits vanaf 1989, eers op Skelmbosch studeer, en toe 2 jaar in Durbanville gebly. Grootgeword op Bonnievale.

Ek ry seker die langer pad Manyane toe, want daar is paaie van twyfelagtige toestand Beestekraal om. Jou vriende sal beter instaat wees om daardie opsies te beskryf. Dus;

1]ek ry uit Brits uit om op die N4 na Rustenburg te ry.

2]dan draai ek af op die R556 by Bapong en bly op dit, deur Tsitsing

3] dan draai ek regs op die R510 wat via Northam na Thabazimbi toe gaan

4] So ongeveer 40km later draai ek links af na Mokwase,

5] dan volg mens net die borde om of eerstens die indraai na Manyane kamp te kry, of om heelwat verder die links afdraai vir Bagatla kamp te kry.

As ek reg onthou, word mens nie toegelaat om jou woonwa deur die wildtuin te sleep nie. Ek kamp verkieslik[meestal] in Manyane, en het nog net 2 keer in Bagatls gekamp.

Ek verneem dat Manyane by vêrre elkgeval die beter van die twee is. 

 

Sekere dele in die park toon steeds die vae voorkoms van landerye, en die inligtingsbrosjure beskryf /toon dit aan. Die voordeel van Manyane/Pilansberg is dat mens letterlik teerpad sleep tot op jou staanplek. Dan gaan mens deur die wildtuinhek, ekstra fooi, om wildritte te doen. die nadeel is egter dat mens nie werklik die wildgeluide hoor nie. Inteendeel, veral op 'n Saterdagaand hoor mens heelnag die Mogwase geluide, nogal steurend.

Ongelukkig is my roete vanaf die Kaap [N1], om met die R512 deur Lanseria na Brits te ry, waar die genoemde ongeluk die naweek gebeur het. Ek ry meestal met Gordon roete vanaf N1 buite om Krugersdorp en klim daar op die Krugersdorp-Pretoria snelweg. Dan klim ek weer af op die M5 Muldersdrift pad, om later by R512 aante sluit. Daarmee ry jy enige kant om die Hartbeespoortdam tot in Brits.  

Groete

Wessel