Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
GOOGLE aanteken Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -16 minutes ago
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -1 hour ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -13 hours ago

Grootvadersbosch naby Swellendam is verruklik mooi

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Ons was die afgelope naweek uiteindelik by Grootvadersbosch natuurreservaat naby Swellendam. Ons wou al lankal daarheen gaan omdat dit so mooi gelyk het op die Cape Nature webwerf https://www.capenature.c…

Dit was nog mooier as wat ons kon droom daar. Inheemse bos en lieflike staproetes. Dit was ook heerlik stil. Ek het met Swart Vrydag in November goeie afslag gekry by die pragtige hutte, en ons het dus nie kampeer nie. Ek het ook nie fotos geneem van die hutte nie, daar is mooi fotos by die skakel hier bo.

Ons het egter oppad uit gestop en gekyk na die kampterrein en 'n paar fotos geneem. Daar is 10 kampplekke wat een ablusieblok (baie netjies), 'n lapa met 'n braaiplek en klimraam deel en elk ook 'n eie braaiplek, elektrisiteit en 'n bloekom latte skerm het en uitkyk op inheemse bos.

Kampterrein
'n Deel van die kampterrein
Lapa
Die gedeelde lapa
Die lapa
Die gedeelde lapa se onderdak gedeelte

Daar is ook 2 kampeerplekke wat elk privaat ablusie en kombuisgeriewe het.

Privaatkombuisie
Die privaatgeriewe het 'n braaiplek en wasbak aan die een kant en 'n badkamer aan die ander kant en beide kampeerplekke het elk sy eie geriewe maar is langs mekaar geleë
Ablusie
Die uitsig van die kampeerplekke met privaat geriewe. Die twee plekke is langs mekaar met 'n skerm tussen die twee. Die gemors om die asblik is 'n bobbejaan se werk, die kampeerders was reeds weg en twee groot mannetjies het daar ingevaar.
Toilet
Die badkamer by die privaat geriewe is baie netjies
Stort
Die badkamer by die privaat geriewe het 'n toilet, wasbak en stort

Ons sal definitief weer gaan, en volgende keer kampeer. Die reservaat is binne naweek afstand van Kaapstad en die omliggende dorpe en die pad tot by die kampeerplek is eers teer en die laaste deel (so 12km) goeie grondpad. Ek het gesien dat iemand met 'n Bush Lapa so bietjie takke moes wegtrek om sy wa uit te kry, so 'n volgroote karavaan met 'n tent kan dalk bietjie te groot wees vir die kampeerplekke maar ek mag verkeerd wees. Ek het nog nooit met 'n karavaan gaan kampeer nie. Ek heg die inligting aan wat Cape Nature gestuur het nadat ek my bespreking gemaak het.

As jy die R62 sou gebruik om daar uit te kom stel ek voor dat jy oppad uit die Tradouwpas ry in plaas van oor Swellendam. Dit kom net duskant Barrydale uit op die R62 en is 'n baie mooi pas (alles teerpad). Dan kan jy sommer in Barrydale en Montagu aandoen die Sondag.

Ons kinders is nog klein (4 en 2) so ons kon nie vreeslik ver gaan stap nie, maar hier is 'n foto of twee van die klein entjie wat ons wel gestap het. Daar is 'n hele paar staproetes en 6km bergfiets roete en die inheemse bos is vreeslik mooi. Die selfoonfotos doen glad nie geregtigheid aan die natuurskoon nie.

Inheemse bos

Mos

Aasblom

Centurion

Voortrekker

Tue, 26/03/2019 - 09:10

Nice!   Dit is wat mens altyd kan verwag van Cape Nature -  natuurskoon, rustigheid en lekker staproetes yes   Dankie vir die deel!

0
Worcester

Wildehont

Tue, 26/03/2019 - 09:17

Ja-nee, Cape Nature het my nog nie teleurgestel nie. En as jy jou Wildcard koop vir al die streke dek hy jou toegangs - en bewaringsfooie by hulle ook.

Ons jaarlikse Kruger trippie bespaar ons reeds geld deur 'n Wildcard te koop en dan het ons die bonus van gratis toegang by Cape Nature die res van die jaar.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus