Ons was die afgelope naweek uiteindelik by Grootvadersbosch natuurreservaat naby Swellendam. Ons wou al lankal daarheen gaan omdat dit so mooi gelyk het op die Cape Nature webwerf https://www.capenature.c…
Dit was nog mooier as wat ons kon droom daar. Inheemse bos en lieflike staproetes. Dit was ook heerlik stil. Ek het met Swart Vrydag in November goeie afslag gekry by die pragtige hutte, en ons het dus nie kampeer nie. Ek het ook nie fotos geneem van die hutte nie, daar is mooi fotos by die skakel hier bo.
Ons het egter oppad uit gestop en gekyk na die kampterrein en 'n paar fotos geneem. Daar is 10 kampplekke wat een ablusieblok (baie netjies), 'n lapa met 'n braaiplek en klimraam deel en elk ook 'n eie braaiplek, elektrisiteit en 'n bloekom latte skerm het en uitkyk op inheemse bos.
Daar is ook 2 kampeerplekke wat elk privaat ablusie en kombuisgeriewe het.
Ons sal definitief weer gaan, en volgende keer kampeer. Die reservaat is binne naweek afstand van Kaapstad en die omliggende dorpe en die pad tot by die kampeerplek is eers teer en die laaste deel (so 12km) goeie grondpad. Ek het gesien dat iemand met 'n Bush Lapa so bietjie takke moes wegtrek om sy wa uit te kry, so 'n volgroote karavaan met 'n tent kan dalk bietjie te groot wees vir die kampeerplekke maar ek mag verkeerd wees. Ek het nog nooit met 'n karavaan gaan kampeer nie. Ek heg die inligting aan wat Cape Nature gestuur het nadat ek my bespreking gemaak het.
As jy die R62 sou gebruik om daar uit te kom stel ek voor dat jy oppad uit die Tradouwpas ry in plaas van oor Swellendam. Dit kom net duskant Barrydale uit op die R62 en is 'n baie mooi pas (alles teerpad). Dan kan jy sommer in Barrydale en Montagu aandoen die Sondag.
Ons kinders is nog klein (4 en 2) so ons kon nie vreeslik ver gaan stap nie, maar hier is 'n foto of twee van die klein entjie wat ons wel gestap het. Daar is 'n hele paar staproetes en 6km bergfiets roete en die inheemse bos is vreeslik mooi. Die selfoonfotos doen glad nie geregtigheid aan die natuurskoon nie.



| Attachment | Size |
|---|---|
| Info sheet - Grootvadersbosch online booking.pdf | 117.43 KB |
Ja-nee, Cape Nature het my…
Ja-nee, Cape Nature het my nog nie teleurgestel nie. En as jy jou Wildcard koop vir al die streke dek hy jou toegangs - en bewaringsfooie by hulle ook.
Ons jaarlikse Kruger trippie bespaar ons reeds geld deur 'n Wildcard te koop en dan het ons die bonus van gratis toegang by Cape Nature die res van die jaar.
Pragtig! By so plek leef…
Pragtig! By so plek leef jy saam met daai mooi natuur. Dankie dat jy dit vir ons gewys het, Wildehont.
Nice Wildehont
Dankie vir deel ja daar is soveel nice plekke wat ons nie by uitkom nie





Nice! Dit is wat mens…
Nice! Dit is wat mens altyd kan verwag van Cape Nature - natuurskoon, rustigheid en lekker staproetes
Dankie vir die deel!