Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -25 minutes ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -1 hour ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -1 hour ago
Geert Cobb - Tips en idees Goeie Hout -1 hour ago
Wyse besluit Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -8 hours ago
"Smart move" Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -10 hours ago

Die tiende vir die kerk?

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Stap ek vroeg vamore [5 uur] in die veld in, gaan sit op my geliefkoosde klip onner 'n bosveld boom.

Steek my pyp op en begin dink oor die lewe en hoe geseend ons is om in ons pragtige land te woon, met al sy foute en vratte. Almal leef nog goed, toer die wereld vol, hou vakansie en gaan tekere.

Begin toe dink waar spaar baie mense eerste as die finansies begin knyp? Uit ondervinding weet ek dat die Kerke gewoonlik eerste getref word, niemand kan jou opskryf vir skuld nie, maar ons kan darem nie ons uiteet, flieks DSTV en al daai lekker goed sny nie!!! Ons werk immers hard vir ons geld en moet darem kan geniet ook, dit is gewoonlik die argument.

Maar dit daar gelaat, ek dink toe so oor die tiende storie? Eintlik is dit baie moeilik.

Ek glo die gemidelde blanke verdien darem seker so om en by R60,000 per maand [ek het lanklaas met salarisse gewerk dus ek mag dalk verkeerd wees?] Nou op R60,000 is jou tiende dus R6000, goed en wel jy het darem nog heelwat oor om nie re sleg te lewe nie. Onthou die R6,000 is net op die broodwinner, die vrou verdien deedae ook almal 'n salaris, so ons kan seker aaneem dat die huishouding inkomste so +/- R 90, 000 of dalk R80,000 per maand. Trek af die R9000 of R8000 en ek glo so gesin kan gemaklik leef??

Maar aan die ander kant is daar ook baie, blank en nie blank, waar die gesin se totale inkomst maar so R20,000 of minder is, die Kerk kry dan R2000, ek glo dit is vir daai groep seker bitter swaar om 'n tiende te gee?

Of slaan ek nou die bal heel mis hier??

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 30/03/2019 - 14:17

Is dit nou voor of na belasting Arie?  

Inelkgeval ....   Ek was altyd onder die Indruk dat dit 'n tiende is van alles in mens se lewe en nie net geld nie?   In my opinie is 'n tiende van mens se tyd baie meer werd as die geld?  Geld is seker maklik om te gee, maar gee 10% van jou tyd om vir ander te bid, of mense te help, of uit te ryk na ongelowiges of soekendes?    As my sommetjies reg is , is 10% se tyd gellyk aan 72 ure per maand?  

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 30/03/2019 - 15:03

Dusty ek kis al 9 jaar afgetree dus het tred verloor, ek skat maar op my kinders en vriende se kinders se huise. Mens weet min of meer wat so huis gekos het, werk dan maar op so 35% van inkomste vir die paaiement na se 'n 20% deposito, en dit is maar hoe ek op my syfers gekom het.

Verder kyk ek maar na die tipe voertuie wat hul besit en mens kan 'n redelike goeie idee vorm.

Maar kom ons se die gesamentlike inkomste is dan R45,000 [ek twyfel baie sterk of dit minder as dit sal wees] dan is 10% van 45000 nog steeds meer bekostigbaar as 10% van 20000 of hoe. Die argument gaan eintlik oor die tiende en nie soseer wat die gemidelde blanke verdien nie.

Voorie, in my opinie is die tiende gebaseer op bruto voor enige aftreking, anders kan mens kos, klere voertuie, ontspanning en so meer aftrek, dan mag jy dalk die geval kry van party mense wat so over spent dat die Jerk jou moet betaal in plaas van jy hulle???

Ja jy is reg 10% tyd is 72 ure, amper 2 werksweke, dis bietjie baie dink ek? Maar ek was [dalk verkeerdelik] nog altyd onder die indruk dat die 10% finasieel is?? Bid vir ander, die seen oor hulle vra, werk by sop kombuise en verwaarloosde kinders en so is mos maar 'n gegewe, ek kan nie sien hoe 'n kerk finansieel kan voortbestaan sonder die 10 des in geld nie.

Dalk is ek verkeerd, en dit is sekerlik 'n persoonlike gewetensaak vir elke indivudie, ek probeer ook nie enige skuld gevoel opwerk of so iets nie, ek gee maar net my waarneming.

Maar ek glo my argument geld nog steeds al werk mens die tiende op tyd. Persone waar die gesamtlike inkomste se R20 000 is, doen gewoonlik fisiese handewerk, of kelners, winkelassitente wat heel dag op hul voete is. Ek glo daai mense is ligaamlik uitgeput as hulle by die huis kom. In die hogere inkomste is dit gewoonlik persone wat nie ligaamlik so hard werk nie maar wel verstandelik en geestelik onder baie swaar druk en spanning. As jou brein moeg is, is dit ontspanend om by gemeenskaps projekete [liefdes diens] betrokke te raak. Daar waar jy brood smeer kos inskep ens. Jou brein rus lekker want jy het aar baie min brein krag nodig om daai take te verig.

So ek is nog steeds oortuig dat die lae besoldigdes baie meer sukkel om hul tiende, hetsy geld of tyd te gee as die in die hogere inkomste groep.

Maar ja is maar net iets wat ek vanoggend aan gedink het, ek glo mens gee soos wat jy gemaklik mee voel, en dit is seker ook reg. Ek voel gemaklik met 'n tiende van inkomste plus liedesdiens waar nodig.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 30/03/2019 - 18:10

Oom Arie, self verdien nou bietjie meer as oom se sestigduisend n maand, maar altyd weg van die wyfie, altyd weg,  ek wil kots daaroor, wat maak eintlik saak. Dit gese, die lewe nie so easy, dit my doel om om nog meer in te bring, regtig, dit voel, geld kan geluk koop ?

0

Mal 3:10  Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 30/03/2019 - 21:35

2 KORINTIËRS 9: 6-7    6 Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. 7 Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. 8En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.

1 KORINTIËRS 16: 2    2Elke Sondag moet elkeen van julle na sy vermoë tuis iets opsy sit en dit opspaar,

Vanuit bogenoemde skrifte wil dit voorkom of die nuwe testament se uitkyk op "gee"  of "tiendes" ietwat anders is as die Ou Testament, en word daar gevra dat elkeen gee soos wat sy omstandighede toelaat en soos wat hy goed dink.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 31/03/2019 - 09:03

Arie,  ek en Bennanta se pension saam is ver minder as die vreeslike klomp geld wat jy bo noem, maar my heel eerste betaling die 1ste van elke maand wat ek doen, is ons tiende. Dit sal nooit verander nie, die Here seën ons elke dag met gesondheid, nog steeds saam te wees, wonderlike kinders en die wonderlikste kleinkinders.

Ons het 'n dak oor ons koppe, nog nooit honger gaan slaap nie, en belangrik, ons het vrede in ons lewe, God is groot.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 31/03/2019 - 11:07

Johaan ons maak ook maar so. Ek glo ook meeste pensioenarise se inkomste is baie minder as die werkendes sin.

Die doel van die draad was glad  nie om inkomstes te vergelyk nie.

Ek wou slegs illustreer dat hoe laer jou inkomste is hoe swaarder dit is om ń tiende bytedra.

Voorie ja ek hoor jou en ek wou nie die tiende prinsiep bevraavteken soos  bo vir Johann genoem. Ek dink ek het my dalk sleg uitgedruk met my eerste pos?

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 31/03/2019 - 11:30

Nee wat Arie, ons is mos hier om  opinies te deel en van mekaar te leer.   As dit nie was vir jou draad nie dan sou ek nie in die Bybel gaan rondsoek het vir verskillend everwysings oor tiendes en gee nie! 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 31/03/2019 - 12:38

So dit het darem ń goeie doel gedien?

Ek geen probleem om ipinies te deel nie in  normale gesprekke draai ń onderwerp ook mos maar weg?

Ek wou net nie hê dat die gesprek draai na wie verdien wat of so nie?

0
Pretoria

leeu

Mon, 01/04/2019 - 08:51

Goeie draad Arie, dit is waar wat Johann ook noem en mooi om te sien hoe gehoorsaam elkeen is. Dis 'n gehoorsaam's daad en die Here sal jou seën met meer, dis bybels.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 01/04/2019 - 09:24

Sonder om nou te stook, kry die wat 10% vir die kerk gee n belasting sertifikaat ? Neef gee vir verskye organisasies, en kry n belasting sertifikate. Dit maak darem  n klein verskil met persoonlike belasting.

0

In vandag se day en age is dit bitter moeilik om werklik n tiende van jou inkomste te betaal as assuransie vir die lewe na dood.

Die meeste gesinne, so te se 99% van hulle kan dit bloot nie bekostig nie. (Ek weet, was op die kerk se raad vir finansies)

Dink aan die volgende in van dag se realistiese tye:

Vrek hoe belasting

Skoolgeld en busgeld en na-uurse aktiwiteite, praat nie eers van na skool studies nie.

Tolgeld

Hoe inflasie

petrol prys

Krag en al daai goed.

So kan ek aangaan.....

Die realiteit in RSA is dat mense sukkel om kop bo water te hou, kerkgeld is laaste op die lys.

Die nadeel (ek het dit gesien) is dat die mense wat nie kan bydraes maak nie te skaam voel om kerk toe te gaan en daarvolgens verloor jy lidmate en die kerke loop leeg.

So, ten spyte wat die Bybel se van n tiende moet mens realisties wees en in die regte lewe hoop die  kerkraad om iets in te kry.

Dan, aan die ander kant, snaaks dat die suster kerke se indoenas verskeie "met die dood" strafbare sondes skielik sommer as nie-sonde klasifiseer om met die tye aan te pas, maar niks word gedoen aan die tiende  bydrae nie - soek seker maar n ou geldjie om al die uitgawes te dek en kop bo water te hou soos al sy skapies.

As almal kon betaal volgens die word sou ons Dominee probably n private jet gehad gehad het.

 

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 01/04/2019 - 11:44

Die kerk kan nie voortbestaan sonder bydraes van sy lede nie.  Daar is 'n predikant, of twee, wat betaal moet word.  Om nie eers te praat van al die lopende uitgawes en om die geboue,  gronde en pastories, te onderhou nie.   Dan word daar van die kerk verwag om bydraes te maak aan instansies vir minderbevoorregte, die oues van dae en dan ook dinge soos Bybelverspreiding en die ondersteuning van sendelinge wat die Woord moet uitdra.   Sjoe, hulle het 'n aardige bedraggie nodig, ek weet eintlik nie hoe almal nog kop bo water hou nie.

Ek gee dus graag my bydrae aan die kerk.    Dit wat jy in die bordjie tydens die diens en spesiale kollektes by die deur gee, is ook deel van jou bydrae.     Oktobermaand is gewoonlik 'n spesiale "tiende" kollekte en dan is daar nog die kerkbasaar.    My gevoel is egter dat dit wat jy self aan sekere instansies skenk of bv. vir die armes gee, ook deel vorm van jou tiende.    So, dit is moeilik om te sê waar jou tiende begin en eindig.

Nee, Herman, dit is nie aftrekbaar van belasting nie, ek glo ook nie meer vir Bybelverspreiding nie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 01/04/2019 - 13:06

Frikadel, waar wat jy sê, die kerk is eerste plek waar mense begin sny op bydraes. Ek vermoed seker maar omdat die kerk hulle nie kan dagvaar?

Soos jy sê lewenskoste is deesdae ongeloolik hoog. Ek is baie dankbaar dat ek nie meer kinders hoef groot te maak nie!

Goeie skole is ongelooflik duur, my twee kleindoters se skoolgeld is R5500 per kop per maand, en ek verstaan daar is skole wat nog duurder is!!?? Dit is meer as my kinders my gekos het om deur Universiteit te kry.

Die punt wat ek wou maak is juis dit, die goed besoldigdte sukel om kop bo water te hou, dus word daar gesny aan die tiende, die laēr besoldigte het nie n sent oor na kos, klere, skool, dus gee hulle niks of bitter min?

Dit bring my Antie se antwoord die Kerk het geld (en baie van dit) nodig om die woord te versprei?

Ek woner maar net, waar gaan dit eindig.

Gelukig leer die skrif om jou nie te bekommer oor more nie?

0

As ek darem sien wat ons kerk alles met die kollektes en bydraes maak is dit verbysterend!!

Ons kerk is gedeel in rykes en armes, in die Oos Rand split n enkele straat letterlik die rykes van die armes en dan is daar ook die behoewendes wat nie eers gemeente lede is nie, hulle word weer geklee en gevoed deur die sop kombuis en klerekas.

Dan is daar die skole in die omte waar baie kinders afhanklik is van een ete per dag en skryf behoeftes wat ook deur ons voorsien word.

So ja, dit bly maar n ewige stryd op oorlewing en mens gee maar waar jy kan, maar n tiende is nie vir almal moontlik nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 01/04/2019 - 13:45

betaal as assuransie vir die lewe na dood.

 Oom Frikkie en ander, ek wil net graag 'n regstelling hier maak.  Die assuransie is reeds ten volle betaal en vooruit ook, al 2000 jaar gelede aan die kruis -   maar julle weet dit ! wink      Darem so bly daarvoor, want daar is geen manier wat ek daardie paaiemente kan betaal nie, al het ek die wereld se geld! smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus