Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

50684 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kaapse paaie Paas naweek kamp wessels -1 hour ago
Stene en plankies Ongelyk kampplek wessels -1 hour ago
Nou wat nou... Paas naweek kamp Lapskag -1 hour ago
Sien nuwe penta by goefy… Jurgens Ci- DIE WAARHEID ski -1 hour ago
Dinokeng Willem by Dinokeng Resort wessels -1 hour ago
Dinokeng Resort Willem by Dinokeng Resort Willem Brits -2 hours ago
Julle moet dit geniet!!! Namibië en Botswana Toer HennieBo -2 hours ago

Winter Skoolvakansie

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Sat, 06/04/2019 - 15:52
Forums

Ek soek nog plek vir die winter skoolvakansie.

Iets waar 'n warm binne huis swembad is.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 06/04/2019 - 21:32

Eiland Spa. Of andersins Eiland Spa. En as jy nog nie kan regkom nie, probeer Eiland Spa. As laaste alternatief - probeer Eiland Spa.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 07/04/2019 - 08:55

Shaun, oorweeg dit sterk, die supertubes sal nie dan lekker wees nie.

Chris, ek sal enigetyd gaan maar Surette sê dit was vir eers genoeg en September skool vakansie gaan ons weer daai rigting in Letaba toe.  Wonder of daar nog plek gaan wees ?

Brits

wessels

Mon, 08/04/2019 - 13:02

Middag Willem

Ek gaan probeer om nie soos ander te hakkel nie.

As jy warmplek soek, oorweeg Tshipise. Daar is/was lank terug baie warm swem opsies. Van lekker opelug bad buite tot privaat sauna vertrekke waar jy kan lê tot 'n diep pienk skynsel. 

Daardie natuurlike warmbron is so warm, mens loop sommer net in swembroek terug woonwa toe, al is dit al donker-laat.

Ek dink jy sal moet spring om nog staanplek te kry tussen die "swaeltjies".

Groete 

Wessel

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 08/04/2019 - 14:20

Om een of ander rede kon Tshipise net nog nooit onder my vel inkruip nie. Sommige geswore Tsiphise-gangers sê weer dieselfde van Eiland. Sommiges hou van beide.

Dit is amper soos ek oor Addo voel. Ek's gek oor baie Nasionale Parke (Kruger, Kgalagadi, Karoo, Mokala en Bontebok). Oor andere voel ek apaties. Sommiges ken ek glad nie. Maar ek het geen affiniteit met Addo nie.

Brits

wessels

Mon, 08/04/2019 - 14:37

Middag vriende

Ek was al tevore by Warmbad, Klein Kariba en ook Tshipise, en ek het 'n effe renons in die verhitte baddens. Dit is seker gatkrulle, maar die opdrifsels soos byvoorbeeld skilfers ensovoorts op die water, lyk vir my al te veel na 'n geil teelaarde vir siektes.

Veral as dit binne-huise baddens is waar mens nie kan speel, spat en bommies maak nie.

My kinders het lankgelede by Badplaas lewensredding diens gedoen, en hulle waarneming was;

hulle moes veral by die binne baddens baie meer oplettend wees, want die mense gaan in 'n tipe ontspanne beswyming en sak/glip sonder 'n geluid of spatsel net onder die water in.

Dus julle klomp koulikes moet maar die warmbaddens geniet, ek sal eerder 'n koue bier geniet.

Groete

Wessel

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 08/04/2019 - 16:08

... ek kuier graag by Eiland, maar in die water kry jy my nie maklik nie - ook maar grillerig vir die ou spulletjie. Die ou pens (wat groter as 'n "pregnant fairy" s'n is), is in elk geval te groot om in 'n swembroek te paradeer en die ou rug is só vol hare - mense sal dink dit is 'n makgemaakte bobbejaan wat daar rondloop.

Ek geniet net Eiland se uitstekende winterklimaat en die ander uitstekende geriewe, waaronder hul uitstekende ablusies-fasiliteite.

Middelburg

Noel

Mon, 08/04/2019 - 21:25

Willem, wat van Lekkerrus. Hul het baie n lekker warm swembaddens. Hoor ou mense by die kerk praat lof van Rhemardo. Ek het in 2009 laas by Lekkerrus gekamp maar nooit by Rhemardo gekamp nie. Hoop iemand sal jou bevestig van die albei kampplekke !!

Centurion

Voortrekker

Tue, 09/04/2019 - 12:53

 mense sal dink dit is 'n makgemaakte bobbejaan 

 Ag nee wat se nonsies is dit!  Te Hel met wat die mense dink laugh -   inelkgeval, ek het gehoor dat baie girls vreeslik baie van haririge mans hou smiley

Wenk vir die dag...probeer gerus volgende keer.

As jy by 'n warm binnehuis swembad kom en dis heeltemal crowded en jy voel lus om om te draai en later weer te kom as daar minder mense is......moenie.......klim rustig in en sak af tot die water so oor die skouers is en beweeg so stadig na die gedeelte waar die meeste mense is.  Sê dan sommer so vir die persoon naaste aan jou (maar redelik hard) dat die warm water darem maar wondere doen vir jou vel siekte.......hehehe.... nie lank nie en jy kan rustig rond dobber waar jy wil winkwink 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 09/04/2019 - 15:30

Te Hel met wat die mense dink

Hierdie outoppie was as kind maar 'n skamerige laaitie - o.a. baie selfbewus gewees oor verskeie ou dingetjies. En as ouballie het ek nog nie dit afgeskud nie.  

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 09/04/2019 - 21:16

Willem ek ondergaan ook so 'once in a blue moon' 'n ontbobbejaans-sessie wanneer ek buite op die grasperk gaan staan en ma my met die elektriese haarknipper bydam.

Smaak my die hare wat ek op my kop verloor het groei deesdae op my rug. Ek sal 'n groot bobbejaanmannetjie jaloers maak.