Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58200 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Viva Steers!, Viva Wimpy!,… Padkos of Take Aways? GeesWatWandel -37 minutes ago
Lank lewe padkos!  Padkos of Take Aways? Voortrekker -1 hour ago
Johann, dit is baie nice… Inverters ... Noel -1 hour ago
Willem, jy is baie fluks… Willem en Verf Noel -1 hour ago
Martina Martinlova (… Tennis Noel -1 hour ago
Goeie dag maters. Geniet… Augustus 2019 Koffiekroeg Noel -1 hour ago
Môre sê Kampforum

Geniet…
Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -2 hours ago

C.I Escape 2 wiellaer nommers?

Gariep/Alberton
Submitted by Tiengelieng on Mon, 13/05/2019 - 14:42
Forums

Goeie middag mede kampeerders.

Ek het 'n stel spaar wiellaers maar kan nie onthou of dit vir die woonwa of my vorige Jurgens Esprit aangekoop is nie.

Het die internet geraadpleeg sonder sukses. Indien iemand die nommers op rekord het sal ek dit waardeer. Dis die binne, buite laers asook die olie seel.

Baie dankie. Groete.

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 13/05/2019 - 15:21

Tiengeling, ek hoop iemand sien jou penarie raak en kan jou help.

Baie lekker karavaan daai Escape II, ek het een gehad en elke oomblik in hom geniet.👍 

Gariep/Alberton

Tiengelieng

Mon, 13/05/2019 - 15:35

Dankie Johann L.

Die wa se wiele is (laers) is 100% maar ek ry die outjies maar altyd saam maar ek kan wraggies nie onthou vir watter wa ek dit gekoop het nie... 😂.

Sal nie help as dit dalk vir my Gypsey 5 was en daai plan is "dood".

So geen haas of probleme met dit nou nie net seker maak as ek dit dalk eendag nodig kry. 

Dankie.

Gariep/Alberton

Tiengelieng

Mon, 13/05/2019 - 15:57

@ Johann L.

Ja dis 'n perfekte karavaantjie vir my aangesien ek alleen kamp so als is net nommer pas vir 1 persoon en sy woefie.

Sleep soos 'n droom sonder enige geswaai en ruk en pluk soos ek al met baie ander waens ondervind het. Die as is ver agter en neusgewig swaar. 

Sleep met 'n bakkie so daai pla nie. Gebruik nie stabiliseerder op hom nie, het dit verwyder en gevind die remming het drasties verbeter net so.

Groetnis.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 13/05/2019 - 18:24

Ek het ook gevind dat die as bietjie ver na agter was,  dit het my ook nie te veel gepla nie, ek het nog my Sport gehad om mee lang / ver kampe te doen.

Het die Escspe later aan my niggie en haar man verkoop, en hulle kamp baie saam met ons, hy is in sy noppies met sy wa, laai ook alles, behalwe van die kos en klere, vir hulle twee in sy bakkie.

Hy kan maar, hy het 'n Nissan, (teen Arie gemik😂)wink

Secunda

Sleep nou

Mon, 13/05/2019 - 18:50

Daai Escape 11 is sowar n puik wa kontak n werkswinkel van enige kampworld hulle behoort jou te kan help sterkte

Gariep/Alberton

Tiengelieng

Mon, 13/05/2019 - 21:42

Baie dankie almal vir die insette.

Ek het reggekom met die mates vir die wiellaers. Ek gaan hulle met die vernier meet en dan weet ek dis die regte outjies of nie.

Groete.