Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59405 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beslis... WilSur - Letaba 2019 Len Loader -5 minutes ago
Groot voël Lag 'n slag Willem Brits -32 minutes ago
Len ... WilSur - Letaba 2019 Willem Brits -2 hours ago
Wat is.... Ombou van jou bakkie van… Len Loader -3 hours ago
Willem...... WilSur - Letaba 2019 Len Loader -2 hours ago
Sal ek nou n testikel… Ombou van jou bakkie van… neef Herman -4 hours ago
Ek moet... WilSur se 2011 Exclusive Krag… Len Loader -5 hours ago

WilSur se 2011 Exclusive Krag Beskermer

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Thu, 04/07/2019 - 18:13
Forums

Soos julle weet kry mens meer gereeld dat die krag toevoer probleme gee by kamp plekke.

Ek het besluit hierdie sal goedkoper wees as om b.v. die yskas te vervang.

Ek het orals op die web gesoek en op die een afgekom by ACDC en hy kan als in die woonwa beskerm.

.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 04/07/2019 - 18:20

Ek sal foto's plaas wanneer ek die installasie doen.

Ek sal ook kyk wat is die standaard stellings en of ek dit gaan verander.

Ek gaan hom tussen die woonwa se krag toevoer en die krag kas sit.

.
Hy is nogals klein.

Die foto op hulle web is anders as die een wat ek gekry het ?  Maar is glo die nuwer model ?

.
Dit is die een op hulle web.

 

Middelburg

Noel

Thu, 04/07/2019 - 20:26

Willem, verstel die monitor minuim op 200V en maksimuim op 245V. Ek doen dit ook dieselfde verstellings op generators om die eguipment te beskerm. As die krag laer is as 195V en hoer as 247V gaan die eguipment begin brand en oppak. Bly dus op veilige kant. Ek gaan ook die monitor aanskaf.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 08/07/2019 - 17:34

Ek het die taak toe aangevat.

Aangesien my krag kabel 'n 2.5mm een is het ek besluit om die een van die buite koppeling na die krag kas toe ook te vervang met 'n 2.5mm een.

.
Ek het besluit op die 2.5 "Cabtyre"
.
Eerste het ek die draad gemeet en al die punte gesoldeer.
.
Hy was net vas met "self-tappers"
.
Ek wonder hoe het die skroewe in daai polistireen vas gehou ?
.
Ek het besluit om eerder deur die muur te gaan en hom behoorlik vas sit.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 08/07/2019 - 17:41

Vandag het ek toe als nader gebring en besluit om klaar te maak.

.
Ek moes eers die draad losmaak uit sy klampie wat keer dat jy die draad kan uit trek om hom terug te sit.  Daai ding se gat is presies en jy kan nie groter gaan nie dan maak hy nie toe nie.
.
Die anderkant was baie makliker.
.
Hier moes ek die draad net deur die gat kry om die punte mooi te kan vas maak.  Ek wou dit nie onder toe vat nie want dan sien jy die drade onder.
.
Krag aan gesit en als werk soos ek dit getoets en gestel het in die motor huis.

Ek het hom tussen die twee bankie gesit sodat jy hom maklik van die deur af kan sien.

Om die ou draad uit te kry was die mees ongemaklikste taak want orals was hy met kleefband vas gedraai soos hulle die harnas op gemaak het, maar hy is uit.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 20/07/2019 - 11:05

Dankie Willem vir die detail verduideliking hoe jy tewerk gegaan het.  Jy sê die monitor sit teen die muur, tussen die twee bankies.  Is dit op die presiese plek waar die krag van buite af deur die muur kom ?

As ek in my deur staan, kan ek die plek sien waar die krag van buite af in die karavaan kom.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 20/07/2019 - 11:48

Len ja, hulle is regoormekaar.  Myne het 'n afskorting voor die moderskerm tussen die twee bankies.

.
Ek het gou vir jou 'n foto geneem van hoe hulle is.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 20/07/2019 - 11:53

Julle praat bo my vuurmaakplek vir hierdie tegnologies-gestremde ou. Maar hoe't Nataniël gesê van sy ouma: "Ouma verstaan niks van wat jy doen nie. Maar dis vir ouma mooi. Hou aan daarmee."

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 20/07/2019 - 13:39

Dankie Willem, nou verstaan ek presies waar jy die monitor geplaas het.  Ek aanvaar die krag loop van die agterste muurboksie (langs die modderskerm) tot by die ACDC-instrument en vandaar na die Apolo distribusie-kas.

Baie netjies gedoen.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 20/07/2019 - 18:47

Net so Len 👍

As jy terug kyk op die foto's sal jy sien waar die draad loop.