Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -46 minutes ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -10 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -11 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -12 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -12 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -12 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -13 hours ago

Appelkoos Braaibroodjies

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on Sun, 07/07/2019 - 08:09
Forums
braaibroodjiesbraaibroodjies

 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 07/07/2019 - 10:00

Klink na iets om te probeer. Maar ek wonder, waarom dan die brood ook aan die buitekant smeer? Ek glo aan lae hitte vir die eerste klompie minute - om die "binnegoed" (kaas, tamatie, ui) warm en gaar te maak voordat ek warmer kole bysit om die brood te "tan". En ek "tan" dit maklik sonder botter aan die buitekant. Wonder maar net?

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 07/07/2019 - 10:02

Ek weet Jan Braai promoveer ook die smeer van botter aan die buitekant. Maar ek dink in elk geval maar min van Jan Braai se maniere van braai. 

Centurion

Voortrekker

Sun, 07/07/2019 - 10:10

Chris ek en my vrou het ook 'n debat wat nie einde kry nie.  Ek glo daaraan om nie die braaibroodjie aan die buitekant te botter nie, maar vroulief stry my teen dat dit gebotter moet word aan die buitekant.   Ek eis dat ons kapernaars weet van braaibroodjies maak en dat sy maar eerder moet hou by pap maak proses.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 07/07/2019 - 11:38

Ek soek juis 'n mate van "crispy"-heid aan die broodjie. Maar nou ja, smaak verskil.

En ek het ook nooit probleme dat die brood aan die rooster vassit nie.

Maar soos Anton sê, ons Kapenaars is dalk meer gekonfyt in braaibroodjies maak. Ons noordelike vriende, wat oor die algemeen "experts" is met pap, het mos graag verwys na "Kapenaars se pap" wanneer hulle verwys het na braaibroodjies.

Centurion

Voortrekker

Sun, 07/07/2019 - 16:40

Hallo oom Frans!  Dit is goed om weer van jou te hoor yes

Ek stem Chris -  Transvalers moet maar eerder pap maak en los die braaibroodjies vir die kapernaars smiley

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 07/07/2019 - 17:27

Neef vang n gly in daai braaibroodjies wat die tandvleis krap. Hier word hy so gebraai, krisp aan die buitekant met n papperige stuk tamatie, en so effe sagte kasie, ek verpes die goete, maar ter wille van oorlewing en familie vreugde, knars ek hom.

Perfekte braaibroodjie.  In n toeknyp elktriese rooster, van amper 50 jaar oud.  Kry n lagie botter buite op, net so goed as n Wimpy van der Merwetjie. 

Dagse Frans, die Witfliegies gee my hel in die kweekhuisie. 

Term