Die onderwerp is seker al holrug gery, maar, ek gaan weer krap.
Die Penta se loodsuur batery is meer as 4 jaar oud, permanent op die laaier waarmee die wa toe gerus is.
Ek sal seker een of ander tyd moet vervang, hopelik nog ver in die toekoms, maar my vraag is;
Weer 'n loodsuur batery wat my baie goeie diens gee, of 'n "deep cycle", of "high cycle"
Die "deep cycles" in ons huis gee ook goeie diens, maar kos heelwat meer as gewone loodsuur batetye.
Wat is die verskil tussen die drie soorte baterye?
Soos ek verstaan, is loodsuur vir "start up / cranking" en stadig laai, soos vir motors, dit is mos wat "Movers" ook doen, trek groot krag vir kort tye, en herlaai stadig?
Ek het ‘n LifePo4 12V battery bestel
Ek hou daarvan as jy so mooi verduidelik. mooi man.
Geniet die trippie.
Lithium wat brand
Salomien het gister die plasing hier onder op Facebook gesien. Ek het eers geskrik, maar dit blyk dat LifePo4 nie so brandgevaar soos ander Lithium batterye is nie. Eg brand eers by 500° so selfs oorlaai gaan eerder skade aan die battery doen as om dit te laat brand. Oorlaai is gelukkig nie ‘n probleem met ‘n Victron laaier en die battery se ingeboude BMS nie. Lithium stel suurstof vry as dit brand, en dit maak dit baie moeilik om te blus. Gewone brandblussers is nie effektief daarvoor nie.

Proefkonyn
Ek hoop dit werk so goed in praktyk as wat dit volgens teorie in al die oplees werk wat ek gedoen het werk. Ek sal maar die proefkonyn wees.
Daar was darem ‘n hele paar positiewe terugvoere van gebruikers op die 4x4 forum. Wat ek weereens geleer het is dat “not all LifePo4 batteries are created equally “. Mens moet bv let op hoe diep dit kan ontlaai, hoeveel siklusse dit voor ontwerp is, en wat die maksimum laai- en ontlaai stroom is (alhoewel dit vir kampering nie so hoog hoef te wees nie).
Dan kom iets soos terugvoer via Bluetooth ook ter sprake. Dit is vir my as leek nogal belangrik vir gemoedsrus. Dit sal my bv help om rustiger te slaap as ek voordat ek inkruip kan kyk hoeveel kapasiteit nog beskikbaar is, en dit kan vergelyk met wat oor is wanneer ek opstaan net voor ek op ‘n wildrit wil vertrek.
Sou self nie eers oorweg om…
Sou self nie eers oorweg om Li-Ion batterye te gebruik nie. Alhoewel die energie digtheid van Li-Ion beter is as die van LiFePO4 is eersgenoemde teen die tyd effe berug dat hulle onder sekere omstandighede kan oorverhit en aan die brand slaan. Lg. het nie die nadeel nie. Die mynbedryf verbied ook die gebruik van Li-Ion juis agv die brandgevaar. Chris S hou asb ook in gedagte dat die wa se battery laaier ook belangrik is...volgens prof Google se KI is die volgende van belang:
Key Requirements for LiFePO4 Chargers
-
Correct Charging Voltage:
The charger must provide the correct voltage range for your specific battery. For a 12V LiFePO4 battery, this is typically 14.0V to 14.6V. For 24V, 28.0V to 29.2V, and for 48V, 56.0V to 58.4V.
-
CC/CV Charging Profile:
LiFePO4 batteries require a multi-stage charging process, most notably the Constant Current (CC) and Constant Voltage (CV) algorithm, to ensure safe and efficient charging.- Constant Current (CC): The charger supplies a high current to the battery until it reaches around 80% capacity.
- Constant Voltage (CV): The voltage is then held constant while the current gradually decreases as the battery reaches full charge.
-
No Float/Trickle Charge:
Unlike other battery types, LiFePO4 batteries do not benefit from or require a continuous float charge. A float charge can be detrimental to their health and lifespan.
-
Appropriate Charge Current:
The charger's output current should be suitable for the battery's capacity. A common recommendation is a charger outputting around 10% to 20% of the battery's Ah rating for a slower, steady charge.
-
Current Limiting Circuitry:
A good charger includes current limiting to prevent overheating, which extends both the charger and battery life.
-
Thermal Monitoring:
High-quality chargers may include thermal and voltage monitoring to adjust the charge based on battery conditions and communicate with the Battery Management System (BMS).
Why these are important:
-
Safety:
Using the correct charger prevents overcharging, which can damage the battery and pose a safety risk.
-
Battery Health:
The specific charging profile and voltage settings are crucial for maintaining the internal components and maximizing the lifespan of the LiFePO4 battery.
-
Efficiency:
The proper charging algorithm ensures energy is transferred efficiently, making the battery available for use faster.
Dis ook duidelik dat daar "batterye en batterye" te koop is, dink in die geval kry mens wat jy betaal, heelwat Fong Kong goedkoop produkte verkrygbaar maar teen watter "prys"
Kyk ook na die volgende YouTube video, interressant!
Victron laaier
A common recommendation is a charger outputting around 10% to 20% of the battery's Ah rating for a slower, steady charge.
Dankie vir die inligting. Een rede waarom ek besluit het om oor te skakel na LifePo4 is omdat ek onlangs ‘n nuwe Victron laaier in die Kavango laat inbou het toe die oue gekalf het. Die nuwe laaier kan gestel word vir loodsuur of LifePo4. Dit is ‘n 30A laaier, maar ek het gister gekyk - dit kan gestel word op 15A of 30A. Die stukkie hier bo aangehaal is dus belangrik, anders het ek dit op die verstek 30A gelos. Gelukkig is die battery nog nie afgelewer nie so die raad is betyds. Oor die res van die raad is ek gemaklik met die Victron laaier.
KI stem ook nie altyd ooreen nie
The charger's output current should be suitable for the battery's capacity. A common recommendation is a charger outputting around 10% to 20% of the battery's Ah rating for a slower, steady charge.
My nuwe battery word vandag afgelewer. Ek het dus weer gaan lees oor wat die beste manier/e is om dit te laai en gebruik. Die korrekte stroom om teen te laai word uitgedruk as tussen 0 en 1 keer die Ah van die battery. So sal 0.3C bv 30A wees vir ‘n 100Ah battery. Kyk hoe verskil die aanbeveling hier onder van dit wat KI vir GW gegee het hier bo.
-
Recommended Practice:
Many LiFePO4 manufacturers recommend a constant current of around 0.3C to 0.5C as a standard charging method.
-
Safety:
Charging at this low rate reduces the risk of internal overheating, which can shorten the battery's lifespan.
-
Better than High Rates:
It is much safer than charging at higher rates, which can cause significant heat and stress on the cells.
When 0.3C might not be ideal:
-
Excessively Slow Charging:
If the C-rate is excessively low, such as below 0.2C, it can lead to negative effects on the cell's long-term life and may contribute to lithium plating.
-
Manufacturer Specifications:
Different batteries and charging algorithms can have varying recommendations, so always check the specific specifications provided by your LiFePO4 battery manufacturer for optimal performance and longevity.
Vervaardiger spesifikasie
Ek sal die spesifikasie van vervaardiger volg. Hopenlik word dit saam met battery gegee. Daar is net te veel resepte op internet. Hoe werk waarborg as mens oor internet koop?
Waarborg
Hulle het vir my ‘n skakel gestuur waar ek die waarborg kan registreer. Die vangplek met die batterye se waarborg is dat dit onderworpe is daaraan dat die battery elke keer tot op 100% gelaai word. Hulle kan dit seker op die BMS sien. Met toegang tot 220V is dit nie ‘n probleem nie, maar as mens ‘n paar dae na mekaar bewolkte weer kry by Tsendze?
Ek het verkeerd gelees
Dit moet ten minste een keer ‘n week vol gelaai word as dit ontlaai was om die waarborg te behou, darem nie elke dag nie.
Wat my egter hinder is dat die battery al in Feb 2023 vervaardig is volgens die Bluetooth toepassing. Dit was ook onder die voorgeskrewe 50% waarteen dit geberg moet word. Ek het dus nog nie battery in die Kavango gesit nie. Ek wil eers môre uitvind waarom ek so ou battery gekry het en dit nie volgens voorskrifte geberg is nie.

Outyds...
....daarom sukkel ek om oor internet besigheid te doen . Ek verkies maar persoon kontak oor n toonbank, waar ek kan instorm as iets skeef loop. Hoop jy kom reg. Iets rym nie .... Feb 23 gemaak en 2.5 jaar later steeds 46%. Klink te goed om waar te wees. Of ek verstaan nie die stelsel, wat ook moontlik is.
Platteland
Ek moet baie goed aanlyn bestel want dis goedkoper as om Kaap toe te ry (waarvoor ek in elk geval nie tyd het nie). Ek soek na die beste pryse ook aanlyn. Die battery het ek nie by die vervaardiger self gekoop nie, maar by ‘n sonkrag installeerder. Hulle kry afslag by die verskaffers so dis goedkoper om by hulle te koop.
Die battery staan nie op 46% na 2,5 jaar nie. Die vervaardiger beveel aan dat dit teen 50% geberg word maar elke ses maande vol gelaai word. Ek weet nie of die BMS se data al reset is nie, maar dit wys net een siklus. As dit korrek is was die battery nie reg geberg sedert vervaardiging nie. Dit wys ook dat dit een keer te warm gelaai is. Ek gaan nie die battery aanvaar nie. Ek gaan môre marakas maak.
Revov na-verkoop diens
Nadat ek my mond uitgespoel het oor alles wat my pla soos hier bo uitgelig, het Carl van Revov my gebel. Hy sê die inligting wat die BMS my gegee het is nie rede tot kommer nie. Dit is afkomstig van die toets nadat dit vervaardig is.
Die battery was by hulle tot die installeerder by wie ek dit gekoop het dit 2 weke gelede by hulle gekoop het, en hulle (Revov) het dit reg geberg. Hy beveel aan dat ek die battery met ‘n geruste hart gebruik, en as dit enige probleme gee sal hulle dit onder waarborg vervang. Ek het op die 4x4 forum gelees dat Revov se na-verkoop diens baie goed is, en dit is een van die redes hoekom ek op die fabrikaat besluit het.
Ek het hom gevra watter stroom beveel hy aan om teen te laai tussen die 15A en 30A wat my Victron laaier kan lewer. Hy het 30A aanbeveel. Hy sê 15A gaan baie stadig laai. Die maksimum stroom wat hulle aanbeveel vir die battery is 40A, alhoewel dit teen 70A kan laai en ontlaai.
Ek gaan vanmiddag dit battery in die Kavango sit en bietjie uittoets die naweek. Ons gaan volgende naweek buite Rawsonville kampeer, en oor twee weke is dit DV Weskus toe.
Gewig verskil
Volgens ons badkamer skaal weeg die AGM batterye wat in die wa was 29kg stuk, en die nuwe LifePo4 net onder 10kg. Dit is ‘n besparing van 48kg (sowat 4 kiste 500ml Windhoek Draught).
Die battery is nou besig om te laai. Ten spyte daarvan dat die Victron op 30A gestel is, laai die battery teen 16A volgens die BMS. Die Kavango se paneel wys min of meer dieselfde. Ek neem aan dis die Victron laaier se algoritme vir Lithium wat die stroom af bring.
Revov 12,8V LifePo4 sover
My Victron laaier het net twee fases vir ‘n Lithium battery - bulk en storage. Eg laai tot 95% vol en lg onderhou die battery om vol te bly. Gister 15:00 het ons koopkrag opgeraak en terwyl Salomien ander gekoop het, het ek die Victron laaier afgeskakel by die wa se paneel. Die sonpaneel het net tot 16:30 vol son gehad.
Ek het die wa se daklig binne en die twee buite ligte aangelos tot so 21:00 en die Snomaster was ook aan. Vanoggend het die battery nog 77Ah gehad en die spanning was nog 13,2V. Dis nog die hele dag bewolk, en die sonpaneel sit net nou en dan tussen 1A en 3,5A terug, terwyl die Snomaster nog so drie keer per uur vir vyf minute aanskakel en dan so 5,6A trek. Tans staan die battery op 75Ah en die spanning op 13,14V. Wat opvallend is, is dat die spanning nie so erg dip wanneer die yskas aangaan as wat dit het met die AGM batterye nie. Dit is blykbaar ‘n kenmerk van LifePo4.
Snomaster....
.....loop maar min, tydgewys. Jou wa en kas staan seker in koel waenhuis. Ek sal graag wil hoor hoe jou stelsel en pappery reageer in volson. Dan gaan jou Snomaster baie meer inskakel en stroom trek. Bedien jou battery net die enkele kas?
Wa staan tans buite
Die Kavango slaap gewoonlik in die motorhuis (wat vrek warm raak in die somer). Dit staan tans langs die motorhuis en die sonpaneel kry net so vyf ure direkte son. Vandag was egter die hele dag bewolk. Die battery staan tans op 73Ah, so daar is nog 53Ah oor wat bruikbaar is.
Die Snomaster sou vir seker meer aangegaan het as die son geskyn het, maar dan sou die sonpaneel ook meer terug gesit het. Tyd sal nog leer of ons meer as een bewolkte dag sal oorleef met koue bier en gevriesde vleis. Met die AGM batterye sou ons definitief nie. Tans is net die ou 90W sonpaneel ingeprop. As ons sonder krag staan kom die 70W by en kan ek in goeie sonlig 13A se laai uit beide kry.








Ek het ‘n LifePo4 12V battery bestel
Die AGM batterye in die Kavango kom al ‘n goeie paar jaar aan (in Julie 2022 gekoop). Met die kalf van die wa se ou 220V laaier het die batterye dieper ontlaai as wat hulle moet, en toe ‘n ruk lank so gestaan voor ek dit agtergekom het. Gewoonlik kalf een battery vroeër as die ander, maar dit help nie om net een te vervang nie. Met die beplande Weskus toer oor minder as ‘n maand gaan ons vyf aande sonder enige 220V staan, so ek moet seker wees dat ons gaan batterykrag hê.
Ek het gisteraand heelwat oplees werk gedoen, en besluit om een LifePo4 drop-in battery te koop ipv twee nuwe AGM batterye. Lg kan nie dieper as 50% ontlaai sonder om skade te kry nie (dit gaan my dus 105Ah se gebruik gee in parallel). Die Revov 100Ah 12,8V LifePo4 wat ek bestel het kan afgaan tot 20% sonder skade (wat 80 Ah beteken). Dit het natuurlik meer siklusse as loodsuur batterye ook so behoort langer te hou.
80Ah behoort heeltemal voldoende te wees. Die Snomaster trek maksimum 5,92A maar die kompressor skakel net aan wanneer dit nodig is deur die nag. Die ligte gebruik min krag, en die waterpomp word min gebruik na sononder. Die een battery kos saam met koerierkoste R4566, wat minder is as twee nuwe AGM batterye. Dit weeg ook minder as ‘n kwart soveel as wat die twee weeg so daar spaar ek maklik 40kg se gewig. Verder het dit ‘n ingeboude BMS en Bluetooth funksie waarmee mens dit kan monitor. Dit verskaf spanning, temperatuur, state of charge, en tyd oor voordat die battery ten volle ontlaai is.