Die onderwerp is seker al holrug gery, maar, ek gaan weer krap.
Die Penta se loodsuur batery is meer as 4 jaar oud, permanent op die laaier waarmee die wa toe gerus is.
Ek sal seker een of ander tyd moet vervang, hopelik nog ver in die toekoms, maar my vraag is;
Weer 'n loodsuur batery wat my baie goeie diens gee, of 'n "deep cycle", of "high cycle"
Die "deep cycles" in ons huis gee ook goeie diens, maar kos heelwat meer as gewone loodsuur batetye.
Wat is die verskil tussen die drie soorte baterye?
Soos ek verstaan, is loodsuur vir "start up / cranking" en stadig laai, soos vir motors, dit is mos wat "Movers" ook doen, trek groot krag vir kort tye, en herlaai stadig?
Nuwe battery in, net 1 vir…
Nuwe battery in, net 1 vir nou. Sodra ons besluit om die boendoes in te boenner, sal ek die aux battery aanskaf. Waneer.... ???
Om herhaling van die probleem te voorkom is op die negatiewe pool ñ koppelstuk met ñ uitdraai aksie opgesit. So nou as die ou bul vir ñ maand gaan stilstaan, is die battery geheel ontkoppel.

Probleem met die outydse…
Probleem met die outydse metertjies is dat met nou se slim alles, wissel die spanning en stroom gedurig...sal mens tot raserny dryf!
Vol dinge
Nou dat Grootwind jou Multi metertjie gedruip het, voel ek vir jou Wessel, maar eintlik voel ek ook daai pyn. Die dag as jy met jou betroubare metertjie in die hand staan, en jou skouers hang omrede besef dat tegnologie onherroeplik verander het.
My ou vader het gesê ñ enjin het 3 goed nodig om te loop. Petrol, kompressie en ñ vonk. Dit is steeds so, maar.....om dit deesdae so onder die oop bonnet met jou toolboksie in die hand te tjek, is vir ewig verby.
Beter jy kom uit by ń laptop met ñ kabel en ñ man wat kan verstaan.
Vir Karoo sal ñ koelboksie met ñ sakkie ys in die ding doen. Deception Valley is nie vir nou in die beplanning nie. Daai dae is eintlik maar nes die multimetertjie se dae.
Dit lyk darem of die Prado weer reg is
Geen meer liggies wat aangaan of lugversorger wat al hoe harder blaas hoe vinniger die enjin draai nie. Sover werk die battery ook nog.
Chris S....
...goeie nuus. Laat jou klong in Prdao gaan sit, en al wat 'n knoppie druk, wat iets moet laat gebeur. Deure sluit, vensters, al daai onskuldige goete toets soos park, reverse, drive, ruitveers ens![]()
![]()
Hy sal daarvan hou
Laat jou klong in Prdao gaan sit, en al wat 'n knoppie druk, wat iets moet laat gebeur. Deure sluit, vensters, al daai onskuldige goete toets soos park, reverse, drive, ruitveers ens





Chris S....
....jou verhaal gaan maak dat ek sommer permanent 'n multimeter saamry.
Ai, waar is die dae wat voertuie met stroom en voltmeters uitgekom het.
Ek onthou nog die Vauxhall Viva Gt met die indrukwekkende ry metertjies, tesame met die snelheid en toereteller.