Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -8 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -9 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Batterye en dinge

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Die onderwerp is seker al holrug gery, maar, ek gaan weer krap.

Die Penta se loodsuur batery is meer as 4 jaar oud,  permanent op die laaier waarmee die wa toe gerus is.

Ek sal seker een of ander tyd moet vervang,  hopelik nog ver in die toekoms, maar my vraag is; 

Weer 'n loodsuur batery wat my baie goeie diens gee, of 'n "deep cycle", of "high cycle" 

Die "deep cycles" in ons huis gee ook goeie diens, maar kos heelwat meer as gewone loodsuur batetye.

Wat is die verskil tussen die drie soorte baterye?

Soos ek verstaan, is loodsuur vir "start up / cranking" en stadig laai, soos vir motors, dit is mos wat "Movers" ook doen, trek groot krag vir kort tye, en herlaai stadig?

Worcester

Wildehont

Thu, 25/09/2025 - 09:25

Ek het Dinsdag voor ek werk toe is die 220V laaier afgeskakel en nog nie weer aangeskakel nie. Die Snomaster loop, en gister het ek 90 liter water uit die wa getap met die se 12V pompie toe ek my watervlak meter vir die wa se tenk gekalibreer het. Die pompie trek nog meer krag as die Snomaster (so 7,3A vir die pompie). 
 

Net die ou 90W sonpaneel op die Kavango se dak het krag voorsien aan die wa se sonkrag laaier, en teen gistermiddag laat toe die paneel nie meer son kry nie was die battery op 99%

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 25/09/2025 - 09:49

Chris, as jou 90watt paneel mooi skoon gewas was, het dit daai pappery vol gehadwinklaugh

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 16/01/2026 - 17:55

Vanoggend was die LC se batterye, ja daar is twee in, so pap dat daar nie eers ń liggie gewys het die deur maak oop nie.  Dit staan nou so 4 weke, en wou daarmee dorptoe vandag. Dit is deesdae die norm om dit een keer per maand dorp toe te vat, en tot dusver het dit met ń halwe draai gestart. Behalwe vanoggend. Dalk was ń deur oop, ek weet nie, alarm of immo was nie aan nie.

Die batterye het net 4V getoets. Sit die slimlaaier op, en onkoppel, met ñ skakelaar, die 2de battery.  Terug van die dorp af sit ek laaier af en toets 9V na 6 ure se laai.  Sit laaier op 2de battery. Die toets 11V sowat 2 ure later. 1ste battery toets nou 2V. En dit is nie ń ou battery nie. 

Lyk my as dit so vreeslik laag ontlaai, is ñ battery in sy maai in???

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/01/2026 - 18:16

...as ekke.

Nou die dag wil garage deur nie oopmaak terwyl krag af is nie. Meet ewe die 24V battery. Ewe 23V maar niks. Bel 'n vriend, seg hy dat battery na 6 jaar klaar is, dit dra nog spanning, maar kan nie voldoende styroom lewer nie.

Dalk het jou pappery plate gebuig, of swael aangepak. Jy mag reg wees, normale karbatterye hou niks van laag ontlaai of pap wees nie. Dis die voordeel van 'n diepsiklus battery vir kampeer doeleindes.   

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/01/2026 - 11:34

....is die 2de battery slegs daar vir kampeer doeleindes, soos in "dual battery system" of is dit meestal deel van die stroombaan. ??

As dit meestal deel van stroombaan is, beteken dit dat aanskakeling vanuit 2 batterye plaasvind, of nie. Laai die stelsel normaalweg beide batterye gelyktydig??

Is die 2 batterye ewe oud?? Dalk het een opgepak en nou beinvloed dit  die totale uitset van die 2 batterye negatief. Ek hoop nie jy moet 2 batterye gelyk vervang nie, dis hoe my opset in woonwa werk met 2 konstant in parralel gekoppel.  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 18/01/2026 - 14:18

Na vel laaisiklusse is die batterye altwee gedaan bewys. Die twee was in parralel gekoppel, maar daar is ñ skakelaar waar ek die 2de battery afsny van die voertuig se battery waneer die yskassie bv snags moet loop.  Verder bly dit vas, en sodoende word altwee heeltyd gelaai. 

Dit is nou regtig nie lekker om sommer so R6000.00 in die water te gooi nie, maar nou ja. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 18/01/2026 - 14:57

Jammer, maar dit gebeur in die beste families ooklaugh Kon jy uitpluis hoe oud die  batterye is.??

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 18/01/2026 - 17:15

Intussen gaan lees oor " parasitic whatever". Dit is net vir my verkeerd dat die twee batterye kan afloop in een maand met dalk net ñ waarskuwingsliggie vir oop deur aan.

So vanmiddag die aard pole losgemaak, en al is die ignition af met sleutel uit, maak dit ñ fris vonk sodra ek ñ aardpool raak. Ongelukkig is my multimeter se ampere sekering lyk my foutief, so ek kan nie sien wat dit lees nie.

Dus sal ek die sekeringe een, een verwyder totdat die parasiet homself bekendmaak. Ek dink dit is dalk by die Tracker of die immobiliser, of die alarm?? Dalk het het ñ rot erens nes gemaak??? En op drade urineer. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 18/01/2026 - 18:20

...so jy is oortuig dat beide kapoet is. Jy soek nou die fout voordat jy die nuwes insit.

'n Oop deur laat dakliggie brand, wat groter sondebok is, as waarskuliggie.

Onthou, Tracker, plus immobiliseerder en 'n dakliggie kan dalk net genoeg wees om ouerige batterye plat te trek. 

Ju moet maar kyk vir rotmis en nes reste. As rotte drade gevreet het, moet jy oppas vir ernstige kortsluiting, maar dit hoef ek nie vir jou te sê nie. 

0
Irene

Grootwind

Mon, 19/01/2026 - 08:42

Kry vanoggend 'n epos met 'n skakel op die 4x4Community Forum re. Li batterye, spesifiek die Batlle Born handelsmerk. Ek sluit die skakel hierby in. Alhoewel dit klaarb;yklik slegs op die spesifieke handelsmerk van toepassing is, is die probleem van so 'n aard dat ek dink mens kan dit heel moontlik ook by ander handels merke vind (veral omdat baie produkte (nie net batterye nie) bloot "badge engineered" word. 

https://www.youtube.com/…

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/01/2026 - 10:49

Dankie Grootwind

Ek het eintlik lankal besluit om geen Li-tipe te gebruik nie.

Voertuie het nog gewone loodsuur tipes in. 

Woonwa het gewone loodsuur diepsiklus batterye in.

Ek hoop dat die battery-pakke van deesdae se E-voertuie van 'n baie beter kwaliteit is, en ook aan baie streng Gehalte Beheer onderwerp is.

0
Irene

Grootwind

Mon, 19/01/2026 - 12:12

Met "Li batterye" bedoel ek (generies) Li-Ion of  anders LiFESO4. Eg is berug daarvoor dat hulle maklik aan die brands slaan indien hulle oorverhit, lg minder so. Ek is ook geneig om eerder Lood-Suur in een of ander vorm (daar is 'n paar soorte) te kies. Probleem met veral Li-Ion is dat sodra hulle brand kry mens nie die vuur dood met 'n gewone brandblusser soos die waarmee meeste karavane toegerus is nie...mens wonder nogal hoeveel mense ewe gerus Li batterye koop en nie hulle brandblusser ook opgradeer nie. Rede vir my plasing van die video vanoggend is bloot om lede daarop bedag te maak dat behalwe die negatiewe sy van oorverhitting daar ook 'n vervaardigings aspek ter sprake kom...die ou wysheid sê mos "Goedkoop is duur koop". Sien terloops nou die dag 'n video van 'n E Volvo wat rustig staan en brand langs 'n plaaslike snelweg....battery?

0
Worcester

Wildehont

Mon, 19/01/2026 - 14:34

Dit is nie geneig tot oorverhitting en aan die brand slaan nie. Dit stel ook nie suurstof vry wanneer dit brand nie. Ek het eers daarvan seker gemaak voor ek een gekoop het vir die Kavango. Ek was nog glad nie spyt nie. Dit weeg minder as die helfte wat loodsuur weeg en een 100Ah gee my baie langer krag as wat twee 100Ah loodsuur in parallel my gegee het.

Hier is meer oor hulle stabiliteit. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 19/01/2026 - 15:16

Vandag gesoek vir die parrasiet kragstelers. My multimeter wil nie iets wys nie, toe vat ek ñ panel meter wat 10A lees en toets met dit.

Die meter is gemerk met 5 strepies tussen die nommers, so dan is een spasie ,2 amp intervalle. So is ek reg om te sê dit is 200mA.? As ek ñ deur oopmaak, dan lees dit 200mA. Maak ek toe, sak dit stadig tot by nul, of so naby dat dit onleesbaar is.

Hoe lank gaan die batterye hou voordat dit heeltemal leeg raak. Die kar het ñ 70Ah en aux is 105 Ah in parralel Die LC het 6 weke gestaan met ñ deur wat nie behoorlik toe was nie. Of so blyk dit nou.

Nou is my koppie te plat om uit te werk as dit 200mA aanhoudend trek , om die som te maak. Ek hoop ons tegnies gestremde Dr. en sy half geleerde kollega het opgelet in die  wetenskap klas. devil

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/01/2026 - 15:37

Die 2 batterye in parralel se kapasiteit is dus 175amp.hr. As jy dit deel met o.2amp, kry jy 875hr.

Deel dit met 24hr/dag en weer met 7dae/week, eindig jy by 5.2 weke.

Saam met die milli-amps van ander katoeters, wat redelik onbekend is, klop die teoretiese 5.2 weke, met wat jy prakties ervaar het.  

Wat my pla is dat jy 2 verskillende grootte batterye saam in paralel het. My kundige tegniese vriende het my wysgemaak dat die batterye nagenoeg dieselfde grootte moet wees. Dit is blykbaar belangrik dat die batterye nagenoeg dieselfde interne spanning en emf [?] moet hê. 

Onthou ook dat met jare, neem batterye se naamplaat kapasiteit sekerlik ook maar af. 

So na 6 weke se staan, kan daardie batterye seker omtrent slappap wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/01/2026 - 16:01

....het jy nog die LC se boekie??? Ek het gou in Grompie se "handleiding" gaan oplees. Werking van liggies gaan moontlik verskil van jou LC, maar Grompie se brein skakel alle binne liggies self AF, al word 'n deur oopgelos. Grompie se dakliggie het 'n drywing van 8watt, wat dan 600m.amp gaan trek.  Kan jy dink hoe vinnig gaan dit 'n battery pap trek .

0
Irene

Grootwind

Mon, 19/01/2026 - 16:11

Jammer oor my typo, dit moet LiFeP04 wees en nie LiFESO4 nie!. Hoe dit ook al sy, die waarskynlikheid van 'n katastrofiese vuur in 'n Li-Ion battery is aansienlik groter as in 'n LiFePo4 ene. Is dit onmoontlik? Geensins, onder sekere toestande/gebeurtenisse wil dit voorkom asof die LiFePo4 ene ook maar lekker kan brand, het gou op die 'net gaan krap en op 'n interessante video afgekom, hier is deel daarvan 

https://www.youtube.com/…

In die geval is daar blykbaar ander chemiese stowwe ook in die battery....laat ens wonder, weet ons regtig wat is in 'n battery wat ons koop? In elk geval sekerlik 'n onderwerp wat ons omies lank kan besighou!

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 19/01/2026 - 17:07

Dankie Grootwind, dan maak dit heeltemal sin hiekom dit so verby pap is. Moet se parasiet, soos jy skryf, lees darem maar mooier as my parrasiet. laugh 

Die 2de battery was deur LA Sport installeer, en dit was ñ 105amp/ h battery wat op doelgemaakte " tray" binne die enjinkompartement staan. Dig by die kar se 70a battery. 

Vriend van my, in elektroniese ingenieurswese, het ek daaroor gevra en sy antwoord was dat die verskillende batterye dig teen mekaar moet staan met goeie kabels. Dan lees die alternator hulle glo saam????Maar dit was so lank gelede dat ek dit dalk nou verdraai. Dit tot nou, soomloos gewerk vir nou amper15 jaar.

Wessel my LC 76 4,2D  het geen elektroniese beheerstelsels in wat ek van weet nie. Dit is na 40 jaar steeds dieselfde eenvoudige voertuig.  In my geval was dit slegs die rooi liggie op die instrument paneel wat aan was. Die dakliggies skakel ek by die liggie self af. Die nuwer modelle met v8 en 2,8 het ECU maar van slim hulpmiddels weet ek nie. Die Stoffer is letterlik vervuil van die goed. Hy sal moet skuif voordat daar parasiete uitpeul.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/01/2026 - 17:55

Herman, sekerlik nie 40 jaar in jou besit nie, maar ek weet wat jy bedoel. 

Dis soos daai 2.7 Hilux petrolmasjien wat seker ook al 40 jaar diens doen, en dit bly steeds 'n goeie masjien.

Terug na batterye, dieselfde grootte en die kabel verbindings kort en van dieselfde lengte tussen pole. Volgens wat ek op internet vind. 

As jou samestel vir 15 jaar foutloos gewerk her, sal ek bloot daarmee voortgaan. 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus