Die onderwerp is seker al holrug gery, maar, ek gaan weer krap.
Die Penta se loodsuur batery is meer as 4 jaar oud, permanent op die laaier waarmee die wa toe gerus is.
Ek sal seker een of ander tyd moet vervang, hopelik nog ver in die toekoms, maar my vraag is;
Weer 'n loodsuur batery wat my baie goeie diens gee, of 'n "deep cycle", of "high cycle"
Die "deep cycles" in ons huis gee ook goeie diens, maar kos heelwat meer as gewone loodsuur batetye.
Wat is die verskil tussen die drie soorte baterye?
Soos ek verstaan, is loodsuur vir "start up / cranking" en stadig laai, soos vir motors, dit is mos wat "Movers" ook doen, trek groot krag vir kort tye, en herlaai stadig?
Voortrekker antwoord: …
Voortrekker antwoord:
Johann nee jy kan nie. Veral nie laaiers wat bietjie slimmer is nie. Slim laaiers sal mekaar se spannings sien en tien teen een 'n 'fout' gee...
Geert antwoord: Ek is nie…
Geert antwoord:
Ek is nie groot kenner op laaiers en batterye nie, maar n slimlaaier skaal sy volts af hoe voller hy word tot battery vol is en skakel af. Miskien sien die 2x laaiers mekaar as vol batterye omdat elkeen vol krag wil uitstoot en laai nooit nie. Weet nie?
Wessel antwoord More…
Wessel antwoord
More Johann
Ekskuus, ek verstaan nie jou verwysing na battery gesondheid en die lae "boost" volts van 13.9 nie.
Jy moet dalk net die spanning meet oor die battery as jou Penta se laaier dit laai. Kyk of jy wel 13.9v haal, en dan na 'n dag [sonder laai] of die battery se spanning 12.7 of meer is.
Groete
Môre Wessel, man ek is maar…
Môre Wessel, man ek is maar baie dom as dit by baterye se leefstyl kom.
Batery gesondheid - hier verwys ek in my leke taal na die batery se leeftyd, ek wil dit tot die maksimum tyd rek. My ou "cranking" batery het 6 jaar en paar maande gehou, waarmee ek baie tevrede is.
Boost - iemand, met kennis, het genoem dat mens 'n agm maandeliks moet boost met 14.4 volt, my Apolo boost nie, dit laai net tot 13.9 volt, op die nuwe agm batety?
Is dit normaal dat 'n batery in een dag van 13.9 volt, na 12.7 volt kan val. Dit klink vir my bietjie baie "drop" in volts?
Ek sal môre daai toets doen, vandag het ek ander dinge aan![]()
Waardeer die vra en stellings- ek beskou dit as 'n goeie leer skool.
Wie weet, dalk word ek op my ou dag 'n batety spesialis![]()
Wessel antwoord
Hello Johann
Ek was ook eers bekommerd oor die waarneming, mens laai tot 14.4v, die laaier hou die battery op "float" 13.6v spanning, MAAR as jy die laaier ontkoppel en battery rus, is sy spanning 12.7v as dit volgelaai is.
Ek het dit self ervaar en volgens alle battery info op die internet is dit die korrekte gedrag. Daar is self 'n tegniese term daarvoor, maar dit ontgaan my op die oomblik.
Jy moet dalk net sekermaak by die verskaffer van die AGM battery. Dit mag wel moontlik wees dat 'n AGM diepsiklus tot 14.4v gelaai moet word. Blykbaar is AGM's se laai vereistes anders as normale loodsuur diepsiklus batterye.
2] Die lewe van die tipe batterye word aansienlik verleng deur [a] dit nooit te laag te trek nie, [b] so gou moontlik na gebruik die battery te herlaai.
Wessel antwoord Middag…
Wessel antwoord
Middag Johann
Ek het gou op die internet geloer;
1] 12.7v is die "resting voltage" vir 'n volgelaaide battery
2] AGM batterye benodig blykbaar wel 'n laaisiklus tot by 14.4v minimum.
Ek sal jou dus aanraai om wel doodseker te maak van die spesifikasies vir jou spesifieke battery. Jy mag dalk sy lewe verkort as jou laaier nie tot 14.4v ten minste kan laai nie.
Wildehont antwoord
Ek het gister met ‘n Duitser gepraat by ‘n plaaslike besigheid. Dit was vir my duidelik dat hy weet waarvan hy praat, en daar het vir my ‘n paar liggies aangegaan. Dit is dalk al elders op die forum genoem, maar ek vertel maar vinnig hier wat hy my verduidelik het.
1. Diep siklus vs hoë siklus batterye. Eersgenoemde het dik plate, jy kan hoë Ampere onttrek daaruit op ‘n slag en dit moet nie vinnig gelaai word nie (tempo, nie tydsduur na ontlading nie) sodat die lading tot in die middel van die dik plate kan kom. Laasgenoemde het dun plate, kan ook redelik diep ontlaai, maar jy kan nie vreeslike hoë Ampere onttrek op ‘n slag nie. Dit kan wel vinnig gelaai word.
2. Nie een van die bg moet meer as 30% ontlaai word nie. Dan buig die plate en neem lewensduur af. Die 30% verwys na die Ampere, nie die Volts nie. M.a.w jy kan nie ‘n 12V battery ontlaai tot dit 3.6V (30%) verloor het nie. Jy moenie meer as 30A uit ‘n 102Ah battery onttrek voor jy dit weer laai nie. Dis nou bv as my Kavango sonder 220V staan, en die Snomaster werk oornag. Gestel die Snomaster gebruik 5,6A per uur. Dan moet dit nie konstant loop vir meer as vyf ure voor die sonpaneel weer die battery begin laai in die oggend nie. Gelukkig het ek twee 102Ah batterye in parallel, so dit raak 204Ah en as die batterye vol gelaai is kan ek sowat 61A onttrek voor die batterye weer gelaai moet word.
Gegewe die bostaande, veroorsaak dit egter ‘n probleempie vir my as ek bv vir ‘n week of so volgende jaar by Polentswa en Rooiputs wil gaan staan waar daar nie 220V is nie. Die sonpaneel sal wel die batterye laai deur die dag, maar die Snomaster gaan hulle terselfdertyd ontlaai. Ek moet dus seker maak my sonpaneel laai teen meer Ampere as wat my Snomaster gebruik. Ek sal weer moet gaan kers opsteek by die Duitser om daardie vergelyking reg te kry.
Ek het vergeet om hom te vra oor die boost van die diepsiklus batterye na 14,4V nie. Hy het wel gesê die batterye moet gelaai bly. Moenie hulle laat staan tussen kampe nie, hou hulle op ‘n slim laaier wat hulle float. My batterye staan tans in die huis en is aan die Mecer inverter gekoppel. Ons het beurtkrag gehad vroegoggend, en toe ek meet na die krag weer aan was, het die batterye teen 14,3V gelaai. Dit sal natuurlik afskaal wanneer hulle vol gelaai is en dan sal hulle float tot die volgende beurtkrag. Nou wonder net ek of die Mecer inverter en die Kavango se beheerpaneel slim genoeg is om die batterye nie meer as 30% te ontlaai nie. Ek twyfel...
- Reply
Wessel antwoord
More Chris
Dankie vir die info, maar ek vermoed jou interpretasie van hoe laag jy die batterye kan ontlaai is konserwatief. Ek is onder die indruk dat mens dit kan ontlaai tot 30% kapasiteit.
Jou yskaste beskerm eintlik jou batterye met die limiete wat op dit gestel kan word. My National Lunas het 3 limiet keuses en ek stel myne op 11.5V. Ek dink dis so 50% ontlaai dan.
Jy is reg---jou sonpanele moet genoeg stroom lewer om die dag-gebruik te lewer PLUS nog genoegsaam stroom om die batterye in sonlig tyd ten volle te herlaai. Jy moet 'n toets doen om te kyk hoeveel amphr jy deur 'n nag so verbruik. Dit raak moeilik want kaste loop nie die hele tyd nie.
My panele lewer 16amp in volson, en hopenlik is dit genoeg om my 2 NL se verbruik te kan terudsit. As ek sien my panele kan nie byhou nie, gaan ek bloot van die kaste afsit in die aand.
Wessel antwoord
Hello Chris S
Ek het gou op internet gaan kyk. Die term wat gebruik word is DoD--depth of discharge. Vir gewone diepsiklus batterye is dit darem 50%. Dus 'n 100amp.hr kan gedreineer word tot 50amphr, voordat skade aangerig word. Ek vermoed dit is ongeveer 11.5v battery spanning.
Kan 'n slim ou asb die hele draad onder die batterye draad inskuif, dan is alles mooi bymekaar.
Grootwind antwoord
Vra vir Danie-SLK op die ander forum. Hy weet waarvan hy praat as dit by batterye en hul laai kom....
Wildehont antwoord
Ek het ook op die www gekrap en op hierdie puik artikel afgekom wat letterlik alles rondom die onderwerp van batterye verduidelik. ‘n Diepsiklus battery het bv ‘n beperkte aantal diep siklusse, dit is nie ‘n battery wat ge-diepsiklus moet word nie. Hoe meer dit gebeur hoe korter is die battery se leeftyd. ‘n Battery met ‘n rustende spanning van 12.1V het bv net 25% lading oor en volgens die artikel is dit glad nie gesond om ‘n battery teen meer as 14.1V te laai nie. Lees gerus die artikel, dit het baie vrae by my beantwoord.
Voortrekker antwoord
Dit is goed om te kan weet hoe jou battery gelaai en gebruik moet word. As my vrou net so eenvoudig was ...
Wessel antwoord
Kapasiteit en Volts
Ek het ook gou in National Luna se broshures gaan kyk na hulle indelings. Volgens hulle is die ooreenkoms tussen kapasiteit en spanning as volg;
12.2V----50%
11.8V----25%
Dus is self die hoogste limiet op die NL, vir ophou werk, gevaarlik laag vir die battery se lewe.
Tog verwarrend hoeveel verskillende beskouings daar is oor die goete soos DoD, kapasiteit moets en moenies. Wat my altyd opval is dat 'nhalwe pap battery steeds 'n spanning van ongeveer 12v het.
Voortrekker antwoord
Beste is om die spesifikasies vir jou spesifieke battery te kry as dit moontlik is. Sekere batterye gee nie om as hulle so 'n paar keer 90% Dod ondergaan nie. As ek sê 'n paar bedoel ek enigiets van 50 to 100 keer of selfs meer.
Wildehont antwoord
Ek sal eerder veilig speel. Gelukkig is daar deesdae maar min plekke waar mens sonder 220V hoef te staan vir lang tydperke. Die enigste waarby my Kavango nog was is by Rooiduin op die Weskus, en toe het my Snomaster nie reg gewerk nie en ontdooi oornag. Dit was nie die batterye se skuld nie, die beheermodule van die kompressor was foutief. In Kgalagadi was daar net vir so sewe of agt ure snags nie 220V nie en die volgende keer (as ons nie weer ingeperk word nie) sal in Julie by Tsendze wees vir vier aande.
Ek sal maar konserwatief te werk gaan en hopelik ten minste ses jaar uit my batterye kry. Ek moet net mooi toets hoeveel my Snomaster trek en hoeveel die sonpaneel terugsit.
Wessel antwoord
Beheer Paneel.
Hello Chris S
Ek moes mos my Kavango se hele beheer/laai-paneel laat oorbou by PBE. Hy het 'n lae spanning limiet ingebou om die batterye te beskerm. Ek sal moet gaan kyk op watter presiese spanning dit uitsny. My 12v kraglewering is afgesny met aanskakel, dan toets die stelsel eers die batterye, en as die spanning hoog is, laat dit kraglewering toe.
Gaan kyk op jou paneel of jy so iets het, gewoonlik 'n LED wat aankom as die lae spanning bereik word.
Wildehont antwoord
Sal gaan loer
Gaan kyk op jou paneel of jy so iets het, gewoonlik 'n LED wat aankom as die lae spanning bereik word.
My wa dateer uit 2008, ek het al die paneel en handleiding goed bekyk en nog nie so iets gesien nie. Ek sal weer gaan kyk, maar gaan van nou af ‘n multimeter saamry.
Ek hoop nie ons kaap nou Mnr Slot se draad nie, dit gaan darem nog oor batterye.
Paul Mulder antwoord
Johann
"Die Penta het 'n Apolo 10 DB Bord wat 'n laaier insluit om die batery te laai, ek wil graag weet of ek 'n ekstra laaier in parallel kan op koppel, of moet ek liewer die Apollo se laaier "bypass", dit laai maks 13.9 volt, en ek sou verkies dat dit teen 14.4 volt laai."
Die volgende het ek op n' ander forum geplaas. Sien punt (3).
I have just spoken to my old friend Leon Le Grange. He is also an Electronic Engineer and Masters Diploma Technologist, who use to work for Telkom with me. The return of camping after the COVID-19 ban gave him lots of Apollo & Hercules charger repair work. Campers did not keep their caravan batteries maintained and then simply, after 18 months, switched on the mains and the built in charger. Some batteries had failed (short circuit cells) and burnt out the charger in the process. $$$$$
1) Regarding whether you need to disconnect the battery when parked for a long time, YES!!. There are static/parasitic currents that will drain the battery completely within a month, irreversibly damaging it.
2) Regarding keep the battery on float charge (13.9V), YES!!. Fully charging it (~14.4V) once a month is also a good idea.
3) Regarding whether you must disconnect the battery from the Apollo 10/20 or Hercules when you charge it with an external intelligent charger, NO!!. (if you did (1) above then this is irrelevant.) The Field Effect Transistor in the output of the built in charger can take a reverse voltage of ~55V. It turns off when the external volts exceeds 13.9V.
To simplify the external charging, leave the mains connected to the caravan and therefore the Apollo DB board. Then you can plug your charger into a spare 220V socket on the box. On the Apollo remove the charger 4A screw in glass fuse so that the built in Apollo charger is off. If you want to isolate the 12V caravan battery from the caravan you can remove the 20A blade (car) Battery fuse.
I hope this helps you save lots.
Paul Mulder antwoord
Ek moet ook noem as my woonwa 102Ah Silwer Calcium battery 50% ontlaai is met die inverter en die yskas geduurende krag ondrebreekings kry my MXS 5.0 CTEK (5 amp) nie hom 100% vol nie. Wat ek gevind het wat werk is laai hom eers met die Apollo 10 (13.8V) vir n' dag en dan met die CTEK vir boost (14.7V). Dan is hy 100% vol. Die CTEK op AGM mode boost teen 14.7V, wat nodig is vir n' Silwer Calcium battery.
As jy dit nie doen nie (14.7V) form sulphaat op die + plaate en die battery verloor finig capasiteid.
Die Apollo 10 kan boost (14.4V) maar dit benodig n' klein verandering op die circuit board. Dan kan hy n' twee stap charger word. Boost 14.4V gevolg deur float 13.9V. Beide die 14.4V en 13.9V is verstelbaar.
Dit is eintelik n' baia gesufistikeerde charger en die ontwerp is uitsteekend. Op die 220V inset is ook beskerming teen weerlig (MOV). Jurgens CI het die aleenreg gekoop!





Dankie Wessel, as ek dus reg…
Dankie Wessel, as ek dus reg verstaan, is dit onnodig om hoër volts as die Penta se laaier te gaan. Dan is die bekommernis oor die batery se "gesondheid" ongegrond?