Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -41 minutes ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -1 hour ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -1 hour ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -2 hours ago
Chris Kanselleer Vakansiebeplanning 2026/27 Chris Boucher -2 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/01/2024 - 16:28

My Ranger (met geligte vering) het 50mm gesak na dit gelaai is en voor die wa gehaak was. Ek het nagelaat om te meet hoeveel dit verder gesak het met die wa aan. 
 

Pasop vir modderflappe verleng. As jy dit doen moet dit met ‘n kettinkie (hoe spel mens dit) na agter vasgemaak word. Anders ry jy daaroor en pluk dit af as jy agteruit stoot. 
 

Persoonlik sou ek nie te veel moeite gedoen het vir die stukkie grondpad nie. Dalk kan Mnr Boucher bevestig hoe klipperig dit is. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 10/01/2024 - 16:36

Net vir interesantheid, woorde wat met 'n "g" eindig word in die verklein vorm, die "g" weg gelaat, en met "kie" vervanglaugh, dit is nou as my meer as 50 jaar terug se skool dae my nie in die steek gelaat het nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 10/01/2024 - 16:41

... sal nie juis moeite doen met addisionele "klipbeskerming" op die 21 km tussen die N12 en die ingangshek van Mokala nie. Vat dit net kalm op daardie gedeelte. Dit is nie besonders klipperig nie - dit kan net soms taamlik sinkplaat gery wees. By een geleentheid was die pad plek-plek baie sleg verspoel. Die paaie in die park is eerder na die sanderige kant toe.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/01/2024 - 16:42

....u taalkundige bydrae word waardeer. laugh

Wat is egter jou opinie/bydrae oor die veselglas modderskerms en klip skade???  Of ry jy nie erge grondpaaie met jou Penta nie??wink

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/01/2024 - 16:47

Middag Chris B, dankie vir jou mening. Nou kan ek ontspan, verder so min as moontlik doen daaromtrent.

Dis wat die forum so lekker maak, vra en jy kry altyd kundige en ervare insette/raad. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 10/01/2024 - 17:38

Ek sou nie omgee om 'n Kavango (of ander boswa) tot my beskikking te hê ten einde by Motswedi in Mokala te gaan kamp nie. Mokala is 'n wonderlike park en alhoewel ek nooit daar gekamp het nie, het ek wel by Motswedi gaan inloer (met die toestemming) van Deon Joubert - destydse parkhoof. Dit kan net lekker wees om by Motswedi te kamp.

Ongelukkig is my spreekwoordelike tande getrek om by Mosu of Lilydale te gaan bly. Die menige kere wat ek daar oorgebly het was danksy my destydse werkgewer. Noudat ek 'n pensioenaris is, moet ek maar bly waar ek kan bekostig - en dit is ongelukkig nie Mosu of Lilydale nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/01/2024 - 18:32

Net vir interesantheid, woorde wat met 'n "g" eindig word in die verklein vorm, die "g" weg gelaat, en met "kie" vervang

Dis hoekom ek kettinkie geskryf het maar toe lyk dit snaaks.   

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 10/01/2024 - 18:59

Wessel en Chris, ek is die laaste persoon wat kan taal klasse gee, my spelling is maar power, was net vir interesantheid gestel.

Maar ja, dit het mos niks met 'n Kavango te doen nie.😂

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/01/2024 - 19:51

Naand Chris S, Chris B en ander 

Ek kyk en vra vanmiddag gou op die Kavango facebook groep oor wie al modderskerm klip skade gehad het. 

As ek kyk en lees waar daai manne en hulle vrouens hulle Kavango's sleep, besef ek die goed is meer robuust as wat ek dink. Hulle sleep rowwe en growwe paaie. Skrik nie vir Botswana, die afgeleë dele van Namibië nie. 

Wat egter opvallend is, is;

1] dis meestal met die ouer modelle, soos joune Chris. Een ou het vertel dat hy sy regterkant se bladvere en "bushes" moes vervang.

2] omtrent almal beskryf hoe hulle die elektriese stelsel al opgradeer het na hedendaagse Victron beheerstelsels, Li-batterye  en groot omsetters. Dit beteken net 1 ding, 'n klomp het begin sukkel met die oorspronklike komponente.

Dalk moet ek myne ook begin gebruik waarvoor dit ontwerp is, voordat die lus wegkwyn. Vir een of ander rede dink ek die wa is maar vir sagte paaie.  O ja, daar is enkele faktore wat eers aangespreek sal moet word, soos..... 'n ordentlike 4x4 dalksad  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/01/2024 - 21:34

Na twee toere Kgalagadi toe twyfel ek nie in die Kavango se vermoë om slegte paaie te hanteer nie. Botswana is meestal sand, en dit ry eintlik heel sag. Die risiko is eerder vassit as skade.
 

Ons Des 2020 toer Kgalagadi toe was die paaie egter wild sinkplaat. Ek het al vertel hoe ek elke keer wat ons stop tussen Twee Rivieren en Nossob die ergste verwag het as ek die wa se deur oopgemaak het. Die ergste wat gebeur  het was dat ‘n kasdeurtjie oopgegaan het en ‘n paar handdoeke uitgeval het op die bed. Gaatjies in veselglas is gelukkig ook maklik om te herstel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 04/02/2024 - 19:28

Môre begin ek met 'n takie om 'n windskerm te ontwerp. Aangesien ons selde die voltent gebruik, pla die wind soms om die stoofplaat vlammetjies dood te waai. 

Ek gaan nou eers met "hard board" of iets dergeliks 'n vormplaat [template vir Chris B]laughmaak. Dan gaan ek my vriend wat woonwaens vervaardig, vra om dit uit Aluminiumplaat te maak. Dit moet hoog genoeg wees aan die kante, die voorkant moet oop wees sodat die pan se steel kan uitsteek, en skaniere in die hoeke, om plat op te vou, vir die wegpak. 

Hopenlik is dit goedkoper as 'n nuwe Gecko. laugh, en bly ek in die goeie boekies van die beterhelftedevil   

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 05/02/2024 - 06:59

.... of hoeveel gaan jy nog spandeer voordat jy uiteindelik die Gecko gaan koop? En hoe lank gaan jy nog warm kry in Brits voordat jy ons kom "join" in die Wes-Kaap.

Terloops - "template" klink beter as daai volksvreemde woord "vormplaat". wink

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 05/02/2024 - 07:15

Lightweight Compact Folding Camp Stove Windscreen

Wessel gaan google die bogenoemde op Takealot. Dit os maar R269.

Phronex Stainless Steel Kitchen Splatter Guard Camping Stove Windscreen

Die bogenoemde bu Makro vir R599

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 05/02/2024 - 07:27

....Marie begin darem al saamsoek na plekkies. Vriende van ons is juis nou in "Small mouth" om na huise te soek. Lyk vir my of Gansbaai en direkte omgewing/ontwikkelings baie gewild is, en nog redelik bekostigbaar.

Gecko is effe laer op prioriteitslys. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 05/02/2024 - 07:33

... kan ook maar Small Mouth oorweeg. Lekker en mooi dorpie. En gawe mense - veral dié wat aan hierdie forum deelneem.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 05/02/2024 - 08:10

Môre Hennie, dankie vir skakels na internet soektog.

My probleem is die ongemaklike/unieke uitleg van stoof. Die rugkant word gevorm deur die oopklap van die glasdeksel. Daar is dus 2 skaniere wat gaan verhoed dat die windskerm oor hele glas-afstand plat kan staan.

Dan is daar nie aan die 2 sykante werklik 'n plat oppervlak waarop die windskerm kan staan nie. Weerskante van die stoofplaat-basis trek die opwasbak en drupbak op glyrame uit. 

Na my mening gaan ek sukkel om 'n rakitem te kry wat moeiteloos gaan werk by die uitleg.  

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 05/02/2024 - 08:29

Ek het al voorheen vertel hoe Salomien op ‘n gereedskapskas moet staan en die motorhuis se deur moet dophou en beweeg soos nodig om te keer dat dit die sonpaneel op die Kavango se dak beskadig terwyl ek die wa in- of uit die motorhuis trek.
 

Toe ek Saterdag die Kavango bêre na die pa en seun kamp, vra sy wat het ek verander, want die deur se hoekyster raam kom nie meer naby aan die sonpaneel nie. Al wat verander het, is dat die wa aan die Ranger gehaak was en nie aan die Prado nie. Uiteraard is dit die hoēr haak omdat die bakkie gelig is, wat die helling van die Kavango se dak verander. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 05/02/2024 - 10:05

Wessel, ek het jare terug vir my 'n windskerm gebou van aluminium riffelplaat wat 3 kante het en ook plat opvou. Afgekyk by oorlede skoonpa wat ene van hardboard gebou het. Verskil is dat die hardboard ene ligter is maar nie te gelukkig is met water as dit reën nie. Ons gebruik dit hoofsaaklik as die wind waai as ons paella maak of die klein vlekvrye staal braaier om rotisserie hoender te braai. Sonder die skerm is dit asof die wind omtrent al die hitte wegwaai. As ons skerm plat opgevou is gaan hy heel onder in as ons die bakkie pak, neem basies geen plek op nie en bly sommer daar tot ons hom nodig het. Sal later vandag 'n foto of twee neem en hier plaas. Uiteraard is die aluminium baie duurder as hardboard maar die skerm is baie robuust.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus