Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -7 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 27/02/2024 - 09:06

..............van velcro wat gebruik word om tent-materiaal te heg nie.  Ek verkies eerder 'n behoorlike ritssluiter omdat vriende van ons se Echo 3 se velcro aanmekaar lostrek as die wind kwaai waai.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 27/02/2024 - 12:06

As Salomien daarvan uitvind sal ek dit by jou moet koop. 

Kan ek haar nommer kry......haha

Die beste ding wat ek wel gedoen het met my laaste 2 waens. Ek het slegs die middel horisontale paal en dan die 3 vertikale pale opgesit.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/02/2024 - 12:22

Dit is maar net nie nie so stewig as 'n ritssluiter nie.

Ek moet darem byvoeg dat sedert Junie 2018 wat ek met die Kavango kampeer, ek nog net eenkeer gesukkel het met die velgro. Dit was verlede jaar by Jongensfontein. Dit was darem 'n stormwind, en ek het met voorkant van tent, reg in windrigting opgeslaan. 

 

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 27/02/2024 - 13:02

Dit is maar net nie nie so stewig as 'n ritssluiter nie.

Daarmee stem ek 100%. Ek het op my "extensions" ook die ritssluiters laat aanwerk. Die ekstra spasie/koelte bly 'n wenner. ChrisS slaan egter die ekstra gazebo op. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 27/02/2024 - 16:13

Ons gebruik beide beddens in die Kavango, want die kinders slaap ook nog binne. Die wa het nog die oorspronklike matrasse in, en dis nou nie die tipe wat ‘n Eksklusief se eiland bed op het nie. 
 

Voordat ek die groot koste aangaan om ander matrasse te laat maak, het ek besluit om van die eierboksie skuim wat mens bo-oor die ander matras sit te probeer. Op Takealot kos een daarvan R780. Na my maandelikse haarsny vanmiddag besluit ek toe om gou by die Instituut vir blindes in te loer. My haarkapper huur haar plek by hulle, so ek was reeds net buite hulle kompleks. 
 

Hulle het ‘n afdeling wat beddens en matrasse maak, en ek het daar gaan vra. Hulle het toe presies net twee dubbelbed grootte oor, wat ek vir R500 elk gekoop het. So spaar ek R560, ondersteun die blindes en hou my geld in die dorp. Nou moet die twee stukke spons net werk. Ons sal ongelukkig eers oor bietjie meer as drie weke uitvind wanneer ons volgende kamp DV is. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 27/02/2024 - 16:23

... om die sogenaamde eierboksieskuim op ons matras te plaas. Daar was 'n verbetering, maar was nie die ware oplossing nie. Ek laat maak toe 'n nuwe matras by die Pionierskool op Worcester. Dit het bestaan uit verskillende lae met verskillende digthede spons. Maar o donkie, jy kon netsowel op 'n houtvloer slaap - harder as hard. Toe my huidige matras by Strand Foam laat maak - en slaap nou te lekker.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/02/2024 - 16:53

.... jy verloor my met jou inset. Het jy by blindes eierboksie matrasse gekoop, OF het jy twee nuwe matrasse gekoop.

Ek het vroeër hier genoem dat ons vir die tentbed voor, 'n nuwe matras presies op maat en vorm laat maak het. Mensig, dit is 'n moerse verbetering op Kavango se "dun" oorspronklike matras. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 27/02/2024 - 19:08

sogenaamde eierboksieskuim op ons matras te plaas. Daar was 'n verbetering, maar was nie die ware oplossing nie.

My battery is nou effe nat, maar ons sal dit maar probeer en self besluit. Dit het darem net so 45l diesel gekos. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/02/2024 - 19:29

Chris S, neem dit terug en noem dat die karavaan matrasse unieke vorms het, wat gekooptes onbruikbaar maak. Heel moontlik kry jy jou geld terug.

Ons het letterlik ons ou matras [albei stukke] geneem en daarvolgens was die nuwe matrasse [3 lae] op maat en vorm gesny. Sodoende pas dit presies op die regte plek in, snaakse vorm en al. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 27/02/2024 - 19:59

Ons gaan dit beproef en kyk. Die kinders gee nie eintlik om nie, dis maar vir my en Salomien. Ons is albei lank en dus swaar (dis my verskoning en ek hou daarby) en die dun matrasse kan mens se lyf soms bietjie seer maak.
 

Daar is nie nou geld vir nuwe matrasse nie. Daar gaan ook nie wees vir die volgende 10 jaar nie. Ek het vandag bietjie somme gemaak, en dit lyk of ‘n vierjaar graad oor tien jaar wanneer ons kinders gaan swot tussen R1,5 en 2 miljoen gaan kos alles in ag genome. As dit meer as R1,5 miljoen is, is my voorsiening daarvoor nie voldoende nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 27/03/2024 - 14:31

Die eierboksie matrasbedekkings maak ‘n groot verskil en ek slaap baie lekkerder. R1000 goed aangewend. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/03/2024 - 14:47

....dan is ek saam met jou bly. "grootmense" se vakansie word grootliks bepaal deur, hoe goed hulle slaap.laugh  

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 06/04/2024 - 09:42

Ek het vanoggend 2 lunspenne gaan koop. Met die nuwe dakknippe van die Kavango, aan die buitekant, wil ek die "belt and braces" beginsel toepas. Dus gaan daar nou deur elke knip se oog, 'n lunspen gesit word. 

Die penne staan ook in die rooitaal as "linch pins" bekend

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 06/04/2024 - 10:30

Praat jy van ń " Lunspen".... Die vorige keer wat ek die woord gehoor het, was seker tydens die Groot trek. Daar is die pen wat ń wa wiel on plek hou, deur twee gate gekap, ń Lunspen genoem. En die riempie wat uitval keer, ń lunsriem.

Ek moet gaan kyk, maar dit is dalk van Hollandse oorsprong.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 06/04/2024 - 10:50

....ek het ook vanoggend vir 1ste keer met die twee terme kennis gemaak. google dit, dis 'n pen met ring aan. 

Blykbaar word dit baie by trekkers en implemente gebruik om losgaan te voorkom. Brits boere is klaar met ossewaens, dis nou John Deere's, Claase, en soortgelyke speelgoed.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 09/04/2024 - 19:12

Ek sien nou die dag dat die fietse op die fietsrak agterop die Kavango die wa se agterligte bietjie wegsteek. Toe soek ek nou en kry hierdie draadlose stel op Takealot. Die mense wat dit al gekoop het kla nie daaroor nie, so ek moet dalk maar so stel kry. Die magnete kan op die Kavango se buffer vasklou. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 09/04/2024 - 19:58

Naand Chris S, ek sal wag tot ek gewaarsku, of beboet word voordat ek dit sal aanbring. 

Ek is seker dat die agter ligte sigbaar is deur die speke van die fietse.

Ekstra ligte op buffer, gaan seker ook maar effe agter fietse wees, of nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 09/04/2024 - 20:39

Ek is seker dat die agter ligte sigbaar is deur die speke van die fietse.

Die ligte is nie heeltemal onsigbaar nie. Ek is egter meer besorg oor veiligheid as oor ‘n boete. ‘n Kleiner (laer) voertuig sal nie kan sien wat voor my kombinasie gebeur nie, en party platkar bestuurders is lief om op mens se stert te ry. As ek skielik moet stop wil ek seker wees die voertuig agter my sien die remligte.
 

Moontlik is my wa se ligte (standaard ronde ligte) groter en helderder as die draadlose ligte. Ek moet Salomien een dag agter my laat ry sodat sy kan kyk of die wa se ligte sigbaar genoeg is uit ‘n veiligheids oogpunt. Ek ry met die Ranger se hoofligte aan oordag en dis dieselfde ligte as die remligte wat dan aangaan op die wa, net nie so helder soos dir remligte nie. Ek wil seker wees dat mens die verskil tussen die parkeerligte en remligte kan sien. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/04/2024 - 05:13

Chris S, vir helderheid en meer sigbaarheid het ek laasjaar my standaard ronde ligte met LED ligte vervang.

Die flikkerligte met LED's as flikkerligte, dan 'n 3 in 1  kombinasie vir die onderste Kavango rooilig;

1] middel is kolletjie geel LED's----saam met boonste flikkerlig gekoppel

2] dan het dit stel LED's vir jou rooi ryligte

3] nog 'n stel LED's vir rem ligte.

Dit is BAIE sigbaar, en elke lig het maar ongeveer R350 gekos. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus