Goeie môre mede forumiete.
Kom ons nou by die tweede laaste maand van die jaar. Ek kan alweer nie slaap nie. Sit nou maar in die sitkamer en koffie drink.
Geniet hierdie Vrydag en 'n lekker naweek vir almal.
Môre Stoffel. Ek sien jy…
Môre Stoffel. Ek sien jy het ons alweer voorgespring
En so staan ons weer op daardie bedreiwige maand van die jaar waar almal probeer om die werk in te kry wat hulle gedurende die jaar moes doen
Geniet julle Vrydag en November!! ![]()
Goeie môre forum lede en…
Goeie môre forum lede en ledinne, geniet jul eerste dag van November.
Hier is dit dik bewolk, nie ek nie, die lug, ons kry later vandag en more ons eerste reen vir die seisoen, volgens YR Weather,,ook Dinsdag en Woensdag, heerlik!!!
Môre sê Kampforum
Ja tyd loop.
Vandag my kleinseun se 6de verjaarsdag.
Geniet jou Vrydag voluit in vrede.
Kleinseun bederf
Bederf hom oupa en se vir hom ons almal se geluk
Goeiemiddag
Dit is mos Movember maand vir die mans. Die maand om hul snorre welig te laat groei of andersins, een te groei as jy nie een het nie. Ter bewusmaking van mans se gesondheid en veral prostaatkanker. Hoe lyk dit? Gaan ons 'n paar snorre sien?
Geniet julle Vrydag en kom ons hoop SA bring môre die Web Ellis trofee huis toe.
My senuwees. Ek het nou…
My senuwees. Ek het nou net eers my Visa gekry vir Egipte en moet môre 14:00 vlieg. Klim môreoggend 10:30 die Gautrain en sal dan maar die afskop op my foon kyk of luister oppad lughawe toe.
...maar nou moet ons eers na Anton jnr se Voortrekkers se afsluiting gaan en dan gaan ek braai.
Hallo Freda
Hallo Freda !
Jammer, maar geen klapperhaar matras onder my neus nie !
Anton sterkte
Ja ek ook more by werk sal game opneem en later kyk sterkte met die trip anderkant die waters
Goeie môre almal. Gaan nou…
Goeie môre almal.
Gaan nou eers koffie maak. Sit nog eers rustig in die sitkamer.
Kleindogter het ook gisteraand haar Voortrekker afskeid gehad.
Lekker dag vir elkeen
Goeie môre almal, geniet die…
Goeie môre almal, geniet die rugby later.
Anton, terkte met due werk en geniet die trippie.
Môre sê Kampforum
Go Bokke go !
Was vroeg by Jurgens fabriek saam CaravanParks.
Geniet jou Saterdag voluit in vrede.
Goeie môre Stoffel en almal…
Goeie môre Stoffel en almal wat nog gaan kom groet, geniet jul Sondag, ek gaan beslis.
Goeiemôre en wees gegroet…
Goeiemôre en wees gegroet hier vanuit 'n lekker sonnige Cairo. Kanse vir reen is zero.
Ek het gister my sprinkbok trui aangehad terwyl ek hierheen gereis het en het die laaste 20 min van die wedstryd darem op ORT lughawe gekyk. Ek het so trots gevoel om die trui te dra
Geniet julle dag!
Goeie môre almal. Was…
Goeie môre almal.
Was vanoggend te lui om in te klok.
Anton, geniet dit daar.
Lekker dag vir elkeen
Anton, jy moet dit geniet…
Anton, jy moet dit geniet daar so naby kersvader se wêreld, hulle sê mos hy bly in die noord pool😂
Goeie môre almal. Maandag…
Goeie môre almal.
Maandag en 'n nuwe week begin.
Ry weer vandag saam met kollega/vriend kantoor toe. Hy is nou weer reg na twee groot operasies. Dit was ook nog in een maand gewees. Sy dikderm is nou 21cm korter gemaak en toe pak sy galblaas ook nog op.
Lekker dag en week vir elkeen
Môre Stoffel en ander,…
Môre Stoffel en ander, geniet die nuwe dag en week.





More Stoffel en forum
Ja die tyd stap aan dankie Stoffel vir die maand se koffie draad ja soos ons ouer word slaap ons nie meer so baie nie skink daai koffie mag jy vandag met n lied innie hart he forum lede neem deel asb sodat die forum gaan loop soos stroop vrede