Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -15 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -16 hours ago

November 2019 - Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Kom ons nou by die tweede laaste maand van die jaar. Ek kan alweer nie slaap nie. Sit nou maar in die sitkamer en koffie drink. 

Geniet hierdie Vrydag en 'n lekker naweek vir almal. 

Secunda

Sleep nou

Fri, 01/11/2019 - 03:27

Ja die tyd stap aan dankie Stoffel vir die maand se koffie draad ja soos ons ouer word slaap ons nie meer so baie nie skink daai koffie mag jy vandag met n lied innie hart he forum lede neem deel asb sodat die forum gaan loop soos stroop vrede

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 01/11/2019 - 06:08

Môre Stoffel.  Ek sien jy het ons alweer voorgespring smiley   En so staan ons weer op daardie bedreiwige maand van die jaar waar almal probeer om die werk in te kry wat hulle gedurende die jaar moes doen cool   Geniet julle Vrydag en November!! yes

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 01/11/2019 - 06:51

Goeie môre forum lede en ledinne, geniet jul eerste dag van November. 

Hier is dit dik bewolk, nie ek nie, die lug, ons kry later vandag en more ons eerste reen vir die seisoen, volgens YR Weather,,ook Dinsdag en Woensdag, heerlik!!!

 

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 01/11/2019 - 07:04

Kan julle glo November maand is hier.

Groot rugby naweek vir SA.

Geniet julle naweek en wees veilig

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 01/11/2019 - 15:59

Dit is mos Movember maand vir die mans.   Die maand om hul snorre welig te laat groei of andersins, een te groei as jy nie een het nie.  Ter bewusmaking van mans se gesondheid en veral prostaatkanker.   Hoe lyk dit?   Gaan ons 'n paar snorre sien?

Geniet julle Vrydag en kom ons hoop SA bring môre die Web Ellis trofee huis toe.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 01/11/2019 - 16:31

My senuwees.   Ek het nou net eers my Visa gekry vir Egipte en moet môre 14:00 vlieg.    Klim môreoggend 10:30 die Gautrain en sal dan maar die afskop op my foon kyk of luister oppad lughawe toe.

...maar nou moet ons eers na Anton jnr se Voortrekkers se afsluiting gaan en dan gaan ek braai.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 01/11/2019 - 17:59

Hallo Freda !

Jammer, maar geen klapperhaar matras onder my neus nie !

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 01/11/2019 - 19:00

Ja ek ook more by werk sal game opneem en later kyk sterkte met die trip anderkant die waters

0
Centurion

Dusty

Sat, 02/11/2019 - 05:48

Goeie môre almal. 

Gaan nou eers koffie maak. Sit nog eers rustig in die sitkamer. 

Kleindogter het ook gisteraand haar Voortrekker afskeid gehad. 

Lekker dag vir elkeen

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 02/11/2019 - 10:47

Go Bokke go !

Was vroeg by Jurgens fabriek saam CaravanParks.

Geniet jou Saterdag voluit in vrede.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 03/11/2019 - 08:03

Goeiemôre en wees gegroet hier vanuit 'n lekker sonnige Cairo.  Kanse vir reen is zero. 

Ek het gister my sprinkbok trui aangehad terwyl ek hierheen gereis het en het die laaste 20 min van die wedstryd darem op ORT lughawe gekyk. Ek het so trots gevoel om die trui te dra smiley​​​​​​

Geniet julle dag! 

0
Centurion

Dusty

Mon, 04/11/2019 - 04:17

Goeie môre almal. 

Maandag en 'n nuwe week begin. 

Ry weer vandag saam met kollega/vriend kantoor toe. Hy is nou weer reg na twee groot operasies. Dit was ook nog in een maand gewees. Sy dikderm is nou 21cm korter gemaak en toe pak sy galblaas ook nog op. 

Lekker dag en week vir elkeen 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus