
Wie gaan saam ry? Ek en Lapskag het al ingeskryf en sal dan op Sondag 8 Maart die 109 km aandurf met ons 2 wiel trap masjiene. Lappies sê hierdie sal sy 11de keer wees wat hy deelneem en my eerste. Ek sal maar moet plan maak om saam met hom 'n oefen rit of 2 te doen sodat hy vir my 'n paar tips kan gee ![]()

Hoop nie die exhaust gas…
Hoop nie die exhaust gas bars 'n fiets se band nie, dit het my al oor gekom. ![]()
Sterkte aan ons forum…
Sterkte aan ons forum vriende môre, julle moet die resies geniet, dit is tog die primêre doel van sport.
Hou die forum se naam hoog![]()
Cape Town Cycle Tour 2020
Wonder hoekom het die Voorie nie 'n Kampforum T-hemp nie ?
Anton en al die forumiete…
Anton en al die forumiete wat môre gaan fiets ry. Sterkte met die ry en ook met die hitte. Ek sien juis daar was 'n voorspelling van hoog in die dertig vir more. Die belangrikste is - geniet dit.
Goeiemôre! Ek is nou hier…
Goeiemôre! Ek is nou hier by waterfront en besig om reg te maak. Spring oor 'n uur weg. ![]()
Sterkte, en geniet die…
Sterkte, en geniet die traparasies (😃) Anton en Lapskag, as ek nou TV gehad het, sou ek nogal graag wou kyk.
Ek dink dit is nir 'n maklike rit nie, maar die scenery maak meer as op.
scenery
Johann, ek hoor almal (drawwers ingesluit) praat altyd van die "scenery" maar ek glo nie dit word raak gesien soos moet nie want die fokus is op trap, draf ens. daar om glo ek nie hulle sien wat hulle veronderstel is om te sien nie.
Julle wat trap moet dit geniet.
Nou wat het van die manne…
Nou wat het van die manne geword wat getrap het, hulle moes mos nou al verslag gelewer het![]()
Die seuns.....
Die seuns lyk heel in hulle skik met Pa se prestasie.
Wel gedaan Voorie - baie geluk !
Baie geluk Anton, dit is 'n…
Baie geluk Anton, dit is 'n prestasie.
Ek stem saam met Len, die kabouters lyk baie tevrede.
Baie dankie julle! Dit was…
Baie dankie julle! Dit was baie lekker gewees en net jammer dit was so gou verby. Ek kon dit klaar maak in 3hr52.
Baie goed gedoen Anton. …
Baie goed gedoen Anton.
Soos genoem, wat het van Lapskag geword. Sal graag sy foto's ook wil sien
Lappies het goed gedoen. Ek…
Lappies het goed gedoen. Ek het gister voor en na die toer met hom gesels op Whatsapp. Ek glo hy sal later hier kom inloer en vertel.








Oppad...