TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

62805 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voorbereidings getref sover:… Yzerfontein hier kom ons! Wildehont -3 hours ago
Hont! F@# Eskom Voortrekker -6 hours ago
Vat die pad... Len se Vintage Kamp foto… Voortrekker -6 hours ago
Kom nou Wessel, doen dit!  Kampforum by TO Strand Voortrekker -9 hours ago
Warren, you said it BRO😂😂

Twak praat Johann L -9 hours ago
Warren wat bedoel jy met "Ek… Twak praat Arie -11 hours ago
Glo nie..... Twak praat TWTFAWC -12 hours ago

So kom ‘n lekkerte ten einde……..

Die wapad.
Submitted by Koos Mol on Sun, 01/12/2019 - 20:36

So met ons trekkery deur die land, die afgelope plus minus 4 jaar, het ons maar rond geloer vir ‘n plekkie waar ons, ons aftree dae sal wil deurbring. Ons wou nie in Pretoria bly nie, waar ons die grootste deel van ons na skool jare deurgebring het. So het ons toe ten einde laaste met ons verblyf in Nelspruit besluit hierdie is ‘n plek waar ons ons goue jare sou kon deurbring. Ek het 10 van my skooljare hier deurgebring. Irene was ook ingenome met die plek.

So met ‘n kuier by kampvriende wat ons op Richardsbaai ontmoet het besef ons hierdie oord waarin hulle bly is net die opset waarin ons belangstel, pragtige omgewing buite die dorp met alle nodige fasiliteite reeds op die oord gevestig. Doen toe verder navraag na beskikbare huise te koop en so eindig die storie toe met die koop van een van die pas voltooide skouhuise by Bateleur Aftree Oord op Nelspruit. Oorspronklik was die gedagte dat ons koop en dadelik verhuur tot ons moeg raak vir permanent trek. Na lang gesels sessies met voor en nadele van die verhuring en die feit dat ons eintlik darem graag self in die nuwe plek wou intrek besluit ons toe ons trek in. Binne ‘n week het ons alle papierwerk afgehandel en kontrak geteken. Ons registrasie/okkupasie datum is gestel op 01 Februarie 2020. Dit mag moontlik ‘n week of wat vroeër wees.

So eindig ons voltydse toerdery maar nie ons kampery nie. Voorlopig gaan die wa op stal, mag dalk later afskaal na kleiner/ligter wa, maar kamp sal ons kamp.

Ons staan tans op Skukuza stafdorp, dis baie warm maar die wêreld is lowergroen. Ons was hier in September toe alles dor en dood gelyk het, dis verbasend wat ‘n bietjie reën kan doen.

Nou lê die trekkery voor, gelukkig is daar nie ‘n inpak nie want alles is gepak in Februarie/Maart 2016 en ons trek dus uit die stoor na ons nuwe verblyf.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 01/12/2019 - 21:00

.... ek hoop nie julle gesigwys-sessies hier in Kleinmond gaan nou eindig nie. Maar veels geluk met die huiskoop by Bateleur. Ek en Ralie wens jou en Irene vele gelukkige jare toe in jul nuwe woning.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 01/12/2019 - 21:01

Alles wat mooi is Koos, ek glo en vertrou dat julle die "nuwe" idee ook gaan geniet.👍 

Dit was vir lank my begeerte om so te trek, maar my vrou het voet by stuk gehou dat sy "vastigheid" soek, nou ja, sy is die baas,  ons kamp darem gereeld en ek geniet elke keer wat ons iets geplan.

Die goeie is dat julle nog gaan kamp,  en jul ervaring kan nooit vervang word nie. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 01/12/2019 - 22:07

Koos, ek weet die "permanent"-kamp was heerlik en baie bevredigend.  Ek het natuurlik al die riem-telegram vroeër via ons wederhelftes gehoor en gewonder wanneer jy die aankondiging gaan maak.

Ek verneem via dieselfde kommunikasie-kanmaal dat ons na ons laaste kamp in Meimaand by Krokodilbrug glo 'n draai gaan kom gooi by Bateleur !

Sterkte met die afsluit en nuwe oopsluit aksies.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 02/12/2019 - 08:30

Dit klink lekker.  My droer hulle en ander familie is ook in Nelspruit.  Hoop om eendag te kan bladskud.  Chris Smit hulle is ook daai in Nelspruit.

Die wapad.

Koos Mol

Tue, 03/12/2019 - 10:46

Baie dankie aan almal vir die goeie wense.

Ons sien uit na ons nuwe tuiste en ek is seker dat ons lekker gaan bly. Ons sal sekerlik nog so nou en dan terug verlang na ons "nomadiese" lewensstyl van die afgelope paar jaar, dit is 'n ondervinding wat ons altyd sal bybly. Ons gaan in 'n nuwe fase in van kamp met 'n basis om na terug te keer.

Julle moet kontak as julle in die Nelspruit omgewing rondry, koffie is altyd beskikbaar.

Dankie aan almal wat met entoesiasme na my vertellings oor ons toer/e geluister (gelees) het.