TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74309 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -1 hour ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -2 hours ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -2 hours ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -3 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -5 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -5 hours ago
Dit wil vir my ook so… Geniepsig Voortrekker -5 hours ago

c

Watter boskaravaan koop ek?

Pretoria
Submitted by rabiel on Mon, 30/12/2019 - 16:14
Forums

Goeiemiddag almal. Ek is nuut op die forum en die onderwerp was dalk reeds bespreek? Vergewe my asb en adviseer my rakende die volgende asb: Ek en my vrou kamp reeds baie jare, eers in tente en die laaste 8 jaar met 'n Jurgens XT 120 met 'n tent. Ons oorweeg nou om 'n boskaravaan/off-road te koop. Ons toer gereeld, my voertuig is goed toegerus en ons gunsteling bly steeds ons Howling Moon daktent!! Die basiese kriteria vir die koop is die volgende:

1-Dit moet 'n karavaan wees, nie weer sleepwa met tent nie. 2-Moet geskik wees vir grondpad, "off-road". 3-Slaap twee mense. 4-Moet kan opslaan in 10 to 15 minute. 5-Moet 270 grade "awning" hê. 6-Kan funksioneer op beide 220v en 12v. 7-Vakmanskap moet uitstekend wees. 8-Billike pakplek. 9-Ingeboude kombuis en yskas. 10-Klein maar nie onprakties nie. 11-Moet lugversorger kan vat.

Stort en toilet is opsioneel, verkieslik nie binne die karavaan nie. Beide die Bushlapa Vlooi en die Conquerer UEV-14 is reeds op ons huidige kortlys maar ons wil graag ook 'n paar ander opsies oorweeg asb. Voorgemelde sal jul 'n goeie idee gee van wat ons behoeftes is. Ons probeer so lig moontlik kamp en oorweeg dit nie om soms van die aardbol af te verdwyn nie.

Enige ander voorstelle en advies asb?

Groete,

Leon Rabie 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 30/12/2019 - 17:21

Rabiel, welkom op Kampforum.

Ek self het nie 'n boswa/boskaravaan nie, maar drie van ons kampvriende het elk 'n Bushlapa, 'n Rooimier, 'n Boskriek en 'n Baobab.  Die vriende met die Baobab het hulle Vlooi gou-gou ingeruil omdat hulle dit te beknop gevind het, veral wanneer jy by jou bestemming in slegte weer opdaag  -  daar is feitlik geen beweegruimte binne nie.

Aldrie is in vervoering met hulle Bushlapas, veral die puik afwerking en naverkoopdiens van die fabriek in die Paarl. (Ons bly almal in die Weskaap).

Sterkte met julle besluit.

Hi Len, ek deel nogal dieselfde sentiment rakende die Vlooi. Die Conqueror wat ek gemeld het, het dieselfde probleem. Beide het te doen met die uitleg. Die bed wat na die sykant uitloop neem helfte van die binneruimte op. Sal daarop let as ons koop. Baie dankie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 30/12/2019 - 21:45

Leon, baie welkom op kampforum.co.za, hoop jy kry die nodige inligting

Jy kan ons gerus van jou fotos wys wat jy van jul kampe geneem het, ek verstaan jy is 'n fotograaf👍

Worcester

Wildehont

Mon, 30/12/2019 - 21:59

Welkom Rabiel

Soek julle ‘n twee-slaper? Ek het die jaar alle dinge ondersoek en glo ek het die goeie behou deur vir my ‘n Echo Kavango te koop, maar ek het ‘n vier-slaper gesoek. 
Wessels (sy forumnaam) het ook een, maar ‘n baie nuwer een as ek (myne is ‘n 2008 model maar daar is niks fout daarmee, behalwe die A-raam vir die spaarwiel agter wat ek besig is om te verstewig) en hulle is net twee wat daarin slaap so hy kan in daardie opsig kommentaar lewer. 
Die Imagine Comfortvan lyk ook vir my oulik en is aansienlik ligter as die Kavango maar hulle is baie skaars 2de hands. Jy het nie gesê of jy nuut wil koop nie. Dis vir my heeltemal te duur en waarom ek ‘n ou model moes koop. 

Wildehont, baie dankie en ja. My kinders is uit die huis en ek soek 'n baie kompakte boswoonwa vir die tipe toere wat ons doen. Ek sal 'n tweedehandse model oorweeg sou ek een kry wat mooi opgepas is. Die Echo Namib SX of TX is ook 'n opsie waarna ek kyk. Hou van die uitleg. Sal kyk na jou ander aanbeveling. Weereens, baie dankie!!

Secunda

Sleep nou

Tue, 31/12/2019 - 07:22

Welkom op die forum hier is n paar waens wat ek self van nader ingeklim het Afrispoor Serval en Cheetah , Bushlapa Boab ,Gecko , Bushwaka Sundowner sterkte met jou besluit

Môre Rabiel

Wat 'n lekker tydjie wag op julle--- die soek, oorweeg en dan besluit is soveel lekkerder as die finale koop. Laasgenoemde klap mens se beursie hard.

Ek het omtrent al wat bekostigbaar is oorweeg en gaan aanpas. Einde ten laaste 'n gebruikte Kavango gekoop. Ons is net 2 persone en vind die Kavango gerieflik klein. Stort/toilet stoot uit na buite en wanneer ons net vir 1 nag oorslaap, stoot ons dit nie eers uit nie. Agterste gedeelte word meestal as eethoek gebruik, veral as weer slegs is.

 Terloops daar is 'n forumlid wat syne wil verkoop. Kontak gerus Pierre via die forum.

Jou wenslys kan effe verwarrend wees---Kompak, maar met billike pakplek, en plek vir lugreeling.  My Kavango het lugreeling wat nie baie plek in beslag neem nie. Moet net nie dit bo-op die dak monteer nie, dit maak dak swaar en beperk jou hoogte vir bêre in garage.

Dit klink of jy welbekend is met die Echo produkte, maar jy noem nie die Chobe wa nie. Dan is daar natuurlik ook die Jurgens produkte, Explorer en Escape. Eersgenoemde effe groot en swaar en laasgenoemde was net te beknop na my smaak.

Deel jou vrae, op die forum gaan jy baie opinies kry, maar onthou die keuse is jou beterhelfte s'n.laugh

Groete

 

Hello Rabiel

Ek is so meegevoer met jou soekery dat ek skoon vergeet van die nuwe produk op die mark.

Bundu trailors in Schoemansville, by die Hartbeespoortdam het 'n nuwe boswa ---die Bundu-X. Ek het daarna gaan kyk en is baie beindruk, veral met die prys, ongeveer R300 000 vir splinternuwe. 

Dalk die moeite werd om uit te ry en te gaan kyk. Hulle is regs van die hoofpad as jy van Jasmyn-padstal ry in rigting van Schoemansville.

Groete

Sterkte, ek weet presies hoe jy voel, Daar is so baie boskaravane op die mark dat dit eintlik onmoontlik is om te kies. Hulle het almal een ding in gemeen Hulle is almal beknop binne, en almal weeg  swaar 1ton+. As jy ruimte soek is daar een Mobilodge. Hy is egter baie duur en baie swaar. Ek was in dieselfde boot as jy, ek het iets gesoek wat lig is en wat spasie het binne. Ongelukkig kry jy nie 'n Offroader met die eienskappe nie. Dis hoekom ek my eie gebou het. So lyk my vloerplan. Dit slaan op in 10 min en jy het net 1 ankerpenne as jy toer, en 4 penne as jy 3 dae en langer wil staan. Hy weeg net 700kg as hy gelaai is. 

Secunda

Sleep nou

Tue, 31/12/2019 - 12:16

Stem saam Tora baie nice waens oppie mark maar swaar en van hulle be knop binne daai boswa van jou Tora is n wenner

Worcester

Wildehont

Tue, 31/12/2019 - 15:11

Ek dink die Imagine Comfortvan is net 850kg en kom in 2 of 4 slaper uit. Die 4 slaper het ‘n ekstra tent wat oopslaan/uitskuif wat die 2 slaper nie het nie. Hulle het ook ‘n Trailvan wat bietjie kleiner is. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 01/01/2020 - 20:50

Stoffel, hulle het bo by die kaffee aan die linker ksnt fsn die pad gestaan.  Maar jy is reg, Louw Camper vans was ook daar, hulle het naby aan Nico (Ski) en ons gestaan.