6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -7 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -16 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -18 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -20 hours ago

Gesie en wyfie word vergiftig

Tussen hemel en hêl
Submitted by GeesWatWandel on

Laas jaar Desember het die die wyfie en ek elk `n lastige hoes opgetel.

Dit is nogsteeds daar en baie lastig by altwee van ons. By die wyfie baie erger, en sukkel om te slaap met al die hoes.

So tyd terug is sy dokter toe. `n Long spesialis is ingeroep en verskeie bloedtoetse, xrays en nog meer is gedoen. Mens verwag die ergste oor ons albei rook.

Vandag het ons huis dokter en spesialis haar ingeroep vir die toetse se resultate. n Mens skrik mens boeglam as hul so tesame jou vrou inroep om as n span haar te sien.

Oor die telefoon vertel sy my toe:

Eers die goeie nuus, dit is nie die groot K, ook nie asgevolg van rook nie, alhoewel hul haar aangeraai het om op te hou rook.

Hul se daar is `n swam op haar longe wat veroorsaak is deer die oormatige inasem van gifstowwe soos doom of pesticide in tuine en die bloedtoetse bevestig dit ook. Behandelbaar en hulle het haar `n kleinhuisie vol inspuitings asook medikasie gegee en sy moet weekliks terugkeer vir checkups tot gesond.

Waar sal die pesticides vandaan kom, ons gebruik tog nie doom of insekdoders in die huis. Al wat ek kan dink is oorkant ons , of dan nou oor die kompleks se muur by ons huis is daar `n bemarkings maatskappy met die mooiste groot tuine en bome. Dalk het hulle iets gedoen.

My hoes is ook nog daar en pla, dink ek moet ook maar dokter toe gaan.

 

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 29/01/2020 - 08:59

Sterkte daar.

Het self so geblaf van September se trip KNPark toe, maar moet bieg, is al beter.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 29/01/2020 - 12:52

Ek neig om langtand te byt aan die feit dat die "swam op haar longe" veroorsaak word deur die oormatige inaseming van "gifstowwe". Ja - ek is in die chemiese bedryf en dit sal uiteraard klink of ek op die verdediging is. Maar die spreekwoordelike "hoender se agterkant word maklik uitgeruk" t.o.v. die hantering en gebruik van landbou-chemiese middels.

Eerstens is die meeste middels wat geregistreer is om in huise of tuine te gebruik relatief veilige middels. Aerosol insekdoders vir huisgebruik bevat bykans deur die bank sintetiese piretroïdes. Laasgenoemde se LD50 vir orale inname is almal meer as 4 000 mg. Om te verduidelik - die LD50 waarde van 'n produk is die term wat gebruik word om aan te dui hoe toksies die betrokke middel is. Dit beteken inderwaarheid dat 'n gemiddelde gewig persoon (die standaard is 70 kg wat gebruik word) 'n 50% kans het om te sterf as hy/sy meer as die betrokke middel se waarde per kg liggaamsmassa inneem. In die geval van 'n sintetiese piretroïd moet 'n persoon van 70 kg dus sowat 280 gram van die suiwer aktiewe bestanddeel oraal inneem om 'n 50% kans te hê om te sterf. 'n Blik insekdoder is gewoonlik 300 ml. In die meeste gevalle beslaan die aktiewe bestanddele slegs sowat 1,5% van die blik se inhoud - m.a.w. sowat 4,5 gram. 

Enige chemiese middel moet met versigtigheid gebruik word. En daar is beslis middels (nie vir huishoudelike- of huistuingebruik) wat uiters toksies is.

Ek kan egter nie help om te twyfel aan die dokter/spesialis se rede vir die diagnose nie. Ek mag verkeerd wees, maar ek het nog nooit van sodanige geval verneem nie.

Nietemin - ek is bly vir julle part dat die rede vir haar hoes gevind is - en vertrou die medikasie gaan die nodige doen.

Ek het ook so vir 2 weke geblaf en het olik gevoel.

Dink dit was die verandering van die koue Ingiland en toe skielik die 38 grade van Weesgerus.

Net vir interesantheid, toe ons Ingeland toe gevlieg het is daar deur die lugwaardinne allerhande kiemdoders in die aerie gespuit soveel so dat dit verstikkend was.

Toe ons terugvlieg, boggerol.

Die bewyse dat die buiteland boggerol voel vir die land met sy sirkis regering.

Worcester

Wildehont

Thu, 30/01/2020 - 08:42

Ek dink die sproei op die vliegtuig het te doen met oorsprong en bestemming - nie net met bestemming nie. Toe ek in toerisme gewerk het, het baie van ons toere in South Luangwa en Livingstone in Zambië geëindig, van waar ons terug gevlieg het SA toe. Hulle het altyd die vliegtuie gespuit voor ons daar opgestyg het. 

Môre vriende

Ek is geneig om saam met Frikadel te stem.

Dink net hoeveel malaria-muskiete vind hulle pad uit die KNP na die res van onbesmette landsdele, in tasse en woonwaens.

Enkele malaria gevalle is alreeds in Pretoria omgewing aangemeld in die verlede.

Groete  

Dis waarom ek altyd my kar se vents toemaak as verby Pelindaba ry, glo nog steeds daar vlieg klein atoompies in die lug rond.....

Middag Frikadel

Moenie bekommer, ons laat net die onskadelike atoompies los rondvlieg. Die bielies hou ons agter die drade.laugh

Groete

Sorry Gees, ek piggyback nou jou fred.

Ek wonder wat het destyds geword van die bommetjies wat daar gebou was na kaalkop en kakebeen ons verkoop het het vir n pot griekse slaai en n bosveld plaas?

Môre Frikadel en ander belangstellendes

Die materiaal is herwin tydens aftakeling en ons gebruik dit nou vreedsaam om mediese middels te vervaardig wat oor die wêreld heen gebruik word.

Groete 

Wessel, die is nou baie interesant, ek neem aan jy is in die bedryf, dit klink so.

Jy moet eendag vir ons leke verduidelik hoe werk die storie met kernkrag, hoeveelhede, hoe lank kan jy dit stoor, waar kry Koeberg sy juice vandaan ens.

As jy wil natuurlik.

Middag Frikadel

Dit is 'n baie wye veld, en die forum gaan nie die gepaste plek wees om sulke inligting en verduidelikings te plaas nie.

Die fasiliteit op die Pelindaba en Valindaba terreine is steeds 'n nasionale sleutelpunt en as sulks word sekere inligting steeds as sensitief beskou, met streng beperkings op verspreiding van inligting.

Moontlik loop ons mekaar in die toekoms raak, en dan sal ek poog om van jou vrae te antwoord.

Jou begrip word waardeer

Wessel  

 

Middag Dusty

Ek het in The Reeds gebly, die Valindaba bus gery, totdat ek vroeg in 1989 Brits toe getrek het.

Jy maak my nou bekommerd, want jy het my nou ontbloot, en ek sal sekerlik jou ken, as jy jou naam bekend maak. Onthou daardie dae het omtrent 9000mense hier gewerk. Die meeste daarvan het die rooi busse gery. Heerlike dae---kom hel, hael of reen, ons het sonder eie skade by die werk gekom.

Groete  

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus