Nou hoe gelukig kan ń man dan wees??
Loop ek gistermiddag so jong aanvalige dametjie raak. So bietjie gesels en ek het (soos ń man nou maar is) so verlangs geskimp, en so wraggies daar offer sy my toe ń knippie. Nou die mans hier sal dalk weet maar so skelm knippie op die regte tyd doen wonders vir ń man se gemoeds toestand!!! Ek voel kompleet of ń berg van my skouers afgerol het !!
En daai girl mag maar hoor sy is baie profesioneel!!
Dertig minute en sy het my hare klaar geknip (so lekker skelm hulle mag mos nie werk nie) seker ń goeie 10 kg hare afgehaal.
Ek het toe vir haar ń groot boks sjokelade en ń bos blomme gaan koop uit dankbaarheid.
Lyk ń skelm knippie was lanklaas so welkom en lekker soos die een!
Ek kan nou die wereld weer vierkantig in die oë kyk in plaas van so onder my kuif deur loer.
Nou kan jy maar gaan vir 'n…
Nou kan jy maar gaan vir 'n knippie Arie, dis nou nie meer skelm nie. Nou gaan dit seker nie meer so lekker wees nie![]()
Ja nee daai skelm enetjie is…
Ja nee daai skelm enetjie is maar tops!





Die geknip werk
Arie die geknip van hare werk soos n bom en ja dis n vinnige goedkoop knippie wat jy losgeslaan het