Sit ek vroeër vandag by my huis dr en gesels; net so vir agtergrond;
Sy is ń jong dame, so middel dertigs, goed gebou met ń slanke fietse lyfie. Lang as blonde hare, sulke hoê wangbene met ń parmantige wip neusie wat met sproete besprinkel is. Sulke sagte vol lippies eintlik is sy oor die algemeen heel aanloklik. Ek kuier maar so twee keer per jaar by haar, en die groot rede is omdat sy so sag op die paar ou oë is!
Nou sy kan nooit iets fout vind met my nie, hart, bloedruk, prostaat -net mooi alles is 100% Maar tipies vrou wat altyd MOET fout vind sanik sy sltyd oor my rokery! Nou het sy my vanoggend probeer bang praat dat rook ń man oor ń la g tyd impotent kan mask en dan moet ń man begin viagra drink om dinge aan die gang te hou!
Haar afskeid woorde was dat ek dit maar moet oordink en besluit wat is belangriker vir my!! Wat ń vraag, obviously is ń man se trots en toonstuk die belangrikste.
Nou toe ek terug is by die kamp stap ek die bos in en gaan sit op ń klip onder ń boom, stop my pyp en bedink haar woorde!
Ek besluit toe, sy praat van die lang duur, so dit kan nog so 15 jaar wees? Nou kyk as ek dan op negentig moet viagra drink 3 keer per week, sien ek reken toe oo 90 kan ek seker maar afskaal na drie keer per week, is dit seker ook nie die einde van die wereld nie?
Aan die ander kant, ek kan nou ophou rook sodat ek op negentig nie viagra nodig het, maar dan ry ń lorry my dood op 89!!!! Dan het ek verniet ophou rook!
Uiteinde van my argument met myself, ek sal maar aanhou rook!!
FITA se mislukte hofaansoek
FITA se mislukte hofaansoek :
Alhoewel ek nie 'n roker is of was nie, intresseer die verbod op tabakprodukte my tog. My voorspelling op die vorige bladsy op 24/6 was dus verkeerd en die hof het anders beslis.
Ek probeer onbevooroordeeld na die saak kyk en dink tog FITA se regsadviseurs het "dom" opgetree. Hul hoofargument was dat rook verslawend is (waarmee almal saamstem) en daarom as 'n noodsaaklikheid beskou moet word en dit was 'n groot fout. As iets verslawend is, kan dit tog nie as geregverdig beskou word nie. Wat van ander dwelms soos tik, heroin, cocain en ander - dit kan mos nie gewettig word as "noodsaaklike" produkte omdat dit verslawend is nie ? FITA moes eerder die enorme verlies aan staatsinkomste, die bevordering van sluikhandel, die vernietiging van die tabakbedryf en talle werksverliese as argumente gebruik het.
BAT (ek is toevallig 'n aandeelhouer) se saak teen die verbod het ook maar nie goed afgeskop nie. Hulle saak is in begin Junie ingedien en dit sou al voorgekom het, maar BAT het versoek 'n volbank regters moet dit aanhoor. Daar is toe deur die partye ooreengekom dat dit komende Maandag 29/6 aangehoor sou word. Maar BAT het egter verlede Woensdag 24/6 nuwe stukke ingedien waarop die regering se regsaviseurs nie genoeg tyd gehad om dit te bestudeer nie en daarom het die regterpresident 'n nuwe hofdatum van 5/8 vasgestel. Ek glo BAT sal eerder die gevolge op die bedryf, die bevordering van sluikhandel en die verlies aan inkomste vir die Staat as argumente gebruik.
Dit lyk vir my of dit nie net die kopdoek-dame is wat dwaas argumenteer nie, maar ook die partye wat haar probeer aanvat.
Len FITA se argument was…
Len FITA se argument was absoluut belaglik!





Len, dit is 'n akkurate…
Len, dit is 'n akkurate definisie, met twee "k's"