Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -23 minutes ago
Môre Rona November 2026 Geert -47 minutes ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Wessel November 2026 Geert -1 hour ago
Hoedspruit November 2026 Geert -1 hour ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago

Kap / kloof van braaihout

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek sien nou die dag by 'n vriend van my 'n katoeter om braaihout te kap / kloof sonder 'n byl.

Jy plaas die stomp binne die ring op die lem en dan moer jy dit met een hou met 'n 5-pond hamer en siedaar, die stomp is gekloof.

Hoe kap jy jou braaihout ?

.

.

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 26/11/2020 - 19:04

Wildehont, jy kap hom darem effe dun. Seker maar om die kinders se worsie vinnig gaar te kry. Neef sal so paar dun stukkies onder sit en dan knewels bo-op. Glo dat die vuur minstens ñ uur moet brand voordat die kole oopgekrap word. Ons het hier n klomp sterk bytels, genaamd "Kuile" wat jy met n 14lb hamer in die krake slaan van dik stompe. Soortgelyke metode as jy, net bietjie aangepas vir die situasie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 26/11/2020 - 19:42

En daai is altyd in jou wa, ek wonder wat weeg daai kloof magefter. My swaer het vir hom een gemaak, maar ek kan net sê, dit ry nie in jy kar of karavaan nie.

Ek het vroeër binne 10 min die twee sakke sekelbos van die dikte regs na die dikte links gekloof met die gereedskap in die foto. Werk soos ‘n bom. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 26/11/2020 - 19:44

En daai is altyd in jou wa,

Die hamer gebruik ek om penne in te kap. Die byl is nie swaar nie.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 26/11/2020 - 19:46

jy kap hom darem effe dun. Seker maar om die kinders se worsie vinnig gaar te kry

Hulle is nie so lief vir kuier soos ons nie 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 01/12/2020 - 05:31

Wessel as jy gelukkig is, maar daar is altyd 'n stomp of 2 wat te groot is.

Vir kamp ry ek maar net 'n klein 25cm handbyltjie saam ingeval iets gesplit moet word.

0
pretoria

pieterc

Sun, 25/04/2021 - 20:03

Soos op n ander draad genoem het ek 2 sakkies hardekool wat ek in 2011 in die wildtuin gekoop het en nog altyd te suinig was om te gebruik.

Saterdag "spring clean" ek die stoep / braai area en kap ook sommer al die sekelbos en ander hout in dunner stukke. Die hout word gebruik vir n kuier vuur terwyl ek met charcoal braai. Die dunner stukke brand makliker en dit is sommer net lekker om kort-kort nog n stukkie op te gooi ipv die dikker stompe woorvoor die vuur groter moet wees om hulle aan die brand te kry. Ek wil in elk geval nie n hengse groot vuur in die ingeboude braai maak nie.

Ek besluit toe maar om die hardekool ook dunner te kap en ten minste nut daaruit te kry. Hetsy vuurmaak (wat seker n sonde is) of dan nou n braai met "regte" kole.

Nou ja, julle het reg geraai - dit word nie verniet hardekool genoem nie! Ek kon een sakkie met n hengse gesukkel dunner kap maar het beide sakkies maar weer onder die ingeboude braai gebêre vir n ander dag. As jy hom gekap kry kloof dit ook nie regdeur soos die ander hout nie. Dit kloof n ent en breek of splinter dan af. Ek dink nie eers die fênsie katoeter hierbo sou gehelp het nie! Ek sal dit dalk eendag in n fire pit gebruik waar ek n behoorlike vuur kan maak. Intussen kan ek spog met my 2 sakkies regte egte hardekool uit die wildtuin!

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 26/04/2021 - 07:50

Daai hardekool loop maar hy word ook nou skaars Pieter ek nou geniet wat jy hier bo geplaas het

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus