Middag vriende
Na aanleiding van al die goeie raad betreffende roetes en paaie, begin ek die onderwerp. Kom ons deel hier inligting oor paaie en roetes wat rybaar is, wat vermy moet word, op grond van onlangse eerste handse ervaring.
Groete
Sonder n gps sal ek…
Sonder n gps sal ek heeltemal verlore wees. Ja, sal n padkaart gebruik om n roete te beplan, maar dan sit ek die roete op gps en dit vat my sonder sukkel deur al die vreemde dorp.
Wessel, ek is net so dom, maar vir n roete sal ek bv ń destination kies, en dan die " via" dorpe insit wat ek wil deurgaan op my beplande roete. Werk vir my.
Jy moet die ding se handboek lees Oom !!
GPS handboek??
Naand Herman
Ek het die handboek ewe afgelaai, maar dit help nie veel nie.
My grootste probleem is;
1] om sekere oorde as bestemming in te sit. Sommige is seker netnie in die sagteware nie
2] om 'n padkeuse af te dwing. Byvoorbeeld, ek wil George om ry na Jongensfontein. Nou sit ek George in, maar GPS wil jou deur Blanco laat kronkel.
Ek het laasjaar die fout gemaak om in te draai vir Blanco, en het my blaker afgesukkel, net om in Yorkstraat te kom. Onthou die vorige keer wat ek deur George gery het, was 1990 laas. Alles is en lyk anders, maar vir een of ander rede het ek geweet York is omtrent die hoofstraat daar.
Verlede jaar was Van Zylsrus se koordinate verkeerd, en ek volg die GPS. Land in 'n woonbuurt waar ek nie lekker voel nie, seg maar die Kavango pas nie in nou straatjies nie. Gelukkig het eienares van oord my kom haal/red daaruit.
GPS
Hoor jou Wessel. Blanco is maar eintlik n voorstad van George, en ons ry altyd deur dit lughawe toe, of op pad N2 toe.
Nou gaan ek erken dat die Cruiser se GPS en ek gladnie regkom nie. Die handboek is so dik as Witbank se telefoongids van 1974, geelbladsye ingesluit!. Ek gebruik steeds my ou getroue Garmin wat op die motorfietse gemoneer was, heng, die is nou amper 20 jaar oud, het Tracks for Africa op en het vir my al die hele Namibie en Botswana en RSA se agterpaaie deeglike job gedoen. En deur Kimberly al heel paar keer. Die plek is n nagmerrie om deur te ry.
Kimberley deur
Môre vriende
Ek sien volgens Google maps en GPS dat daar 'n buitewyke pad is wat die N12 en N8 verbind. Dit is daar naby die lughawe, genaamd Landbouweg, hopenlik maak dit die Kimberley nagmerrie makliker. Ek moet 2 keer deur die "gatplek" ry hierdie komende toer.
Ons het ook Garmin…
Ons het ook Garmin.................................altyd gebruik maar deesdae gebruik ons "maps" op die selfoon as ons naby 'n dorp of stad kom en sit dit weer af as ons deur is.
Werk goed vir ons.
Dit hang af
Hoe goed jou GPS jou navigeer (en bestemmings vind om heen te navigeer) hang af van hoe oud sy stel kaarte is. Paaie word verlê en gesluit, verkeerspatrone verander en plek name verander of kom by ens. In daardie opsig is Google Maps ‘n beter opsie. My Garmin gebruik ek meestal as spoedmeter sodat ek ware snelheid kan meet en ook om te monitor hoe laat ek by my bestemming gaan aankom. Die laaste keer wat ek die kaarte probeer opdateer het moes ek een of ander Garmin toepassing aflaai en het nie verder as dit gevorder nie.
Met die Garmin het ek agter…
Met die Garmin het ek agter gekom, dat jy ook maar 'n goeie idee moet hê van die pad waar jy wil ry. Die vervlakste ding voeter ewig om jou op verkeerde paaie te wil vat.
Google kaarte is dus my vertrek punt vir beplanning, dan sit ek die bestemmings in op die Garmin, maar steeds sal ek die ding gereeld laat "recalculating"
In die Kia is 'n "boek padkaart" maar dit help nie vir dorpe en stede nie.
Die Garmin Drive 52 is nie "top of the range" maar doen die nodige darem.
Pathfinder se ingeboude GPS
Wessel, korrek - ek gebruik dit as ek deur dorpe ry of as ek 'n spesifieke adres in 'n dorp of stad moet besoek. Die kaarte word opgedateer eenkeer per jaar tydens 'n Nissan-diens. Dit gee jou ook 'n aanduiding van tyd van aankoms by jou ingevoerde bestemming.
GPS Stellings
Ek het ervaar dat die stellings jou kan rondvoeter.
Sorg dat jou eenheid gestel is op 'Highway/Main Routes' en nie op 'Shortest Route' nie.
Shortest Route is die pes wat jou deur gaga plekke en agterbuurte wil stuur.
Johann....
...ek hou 'n padkaart altyd in die trokkie. Die bestudeer ek deeglik voordat ek die pad vat.
Ek gryp ook baiekeer in, en dan moet Garmin maar by my aanpas.
Chris S....
...gelukkig het ek 'n vrou met baie geduld en wat nie so sku is vir rekenaar en sagteware uitdagings nie. Sy kon verlede jaar ons Garmin opdateer, voor ons Hermanus toer.
Padvinder---GPS
Middag Len, ek is beindruk met jou voertuig. Watter jaar model het jy, wat sulke gerieflike ondersteunings geriewe het, en wat jaarliks opdateer word.
AntonvdM
Middag Anton
Wat ek wel uitgevind het, is dat ek op my Garmin die roete na willekeur per hand kan verander.
Byvoorbeeld, as ek op die roetekaart kyk, en sien die pad loop deur gebied/dorp A, maar ek wil eerder deur B ry, kan ek deur aan B te raak, die roete soheentoe verander.
Soms help dit om handleiding te bestudeer
GPS
Wessel dis die metode om 'n waypoint te verander.
Agtergrond hoe ek agtergekom het van 'Shortest Route'.
Toe ek net my GPS aangeskaf het, het ek probeer laat dit vir my die roete vanaf Alberton waar ek gewoon het na Lichtenburg waar my vrou se famile gewoon aanwys. Toe het dit my deur swart woongebiede en gobse om Jhb wou stuur en nie op die N12 na Carletonville nie. Na ek die verstelling na 'Main Routes' verander het, het dit die roete reggestel.
Nnand Anton, watse gps het…
Nnand Anton, watse gps het jy, ek kan nie onthou of my klein garmin drive 52 so funksie het nie, as ek reg onthou, kan dit net tussen grond, tol paaie en shortest roetes kies?
Johann....
...myne is dan soos joune.
Ek het ook nie die hoofpad keuse nie. Net iets absurds soos korste roete en kortste in tyd opsies.
Ek het die Garmin Drive assist 51.
Johann....
Môre, jy moet gaan kyk of jou Garmin nie dalk soos myne werk nie. Sit vir jou 'n roete in, byvoorbeeld van Vaalpark na Malelane, en berg dit.
1]Vergroot die kaartgedeelte om die deel te wys waar jy die pad wil verander.
2]Daar behoort in linker boonste hoek 'n sleutel te verskyn, wat 'n pad met 'n merkie op vertoon.
3]Raak daaraan en wag vir boodskap, "raak" aan kaart/pad wat jy verkies. Raak net aan pad van keuse, nie "drag" soos in google maps nie.
Dalk is jy gelukkig en werk dit by jou ook. Die engelse handleiding praat van "shaping your route"





Len...
...ek neem aan jy ry ook met die Padvinder se GPS as jy deur vreemde dorpe moet beweeg.