Middag vriende
Na aanleiding van al die goeie raad betreffende roetes en paaie, begin ek die onderwerp. Kom ons deel hier inligting oor paaie en roetes wat rybaar is, wat vermy moet word, op grond van onlangse eerste handse ervaring.
Groete
Pathfinder model
Hallo Wessel ! Ek het 'n 2013 Nissan Pathfinder - tans 10 jaar oud.
Naand vriende. Wessel…
Naand vriende.
Wessel,dankie ek sal môre kyk, jammek reageer nou eers, was Pretoria toe vir die dag![]()
Opdateer van ingeboude GPS kaarte
Nuwer voertuie het seker WiFi ook en sal self hulle ingeboude GPS se kaarte op datum hou. Ek is so ver agter met my 2008 voertuig dat ek nie ‘n idee het nie, maar ek sal nie verbaas wees as dit die geval is nie. Ek het ook lg voertuig se oorspronklike radio wat ‘n GPS ingehad het vervang met ‘n SONY waarmee my foon kan praat sodat ek musiek kan luister om die lang pad korter te maak.
Ouer voertuie soos Oom Len s’n se GPS se kaarte moet seker deur die agent opgedateer word. Sodra my voertuig uit die waarborg is laat diens ek nie meer by die agent nie. Ek vertrou hulle nie, en hulle is baie duurder as my persoonlike werktuigkundige Pierre Nolte. Hy weet egter nie hoe om die GPS se kaarte op datum te hou nie. Hy het wel my Everest se sagteware opgradeer toe die 4x4 skakelaar nie reg gewerk het nie.
Ry versigtig op die N1
Terwyl ons gister wag vir my pupil om te dilateer gesels ek en die bejaarde spesialis. Voordat hy begin spesialiseer het was hy ‘n algemene praktisyn in Willowmore vir 11 jaar. Van daar het hulle gereeld kliniek gaan hou in Baviaanskloof. Hy noem toe hoeveel algemene praktisyns daar in die dorpe in daardie omgewing was, en hoe daar vandag amper niemand oor is nie en die kliniek dienste ook tot niet gegaan het in die landelike gebiede.
Hy sê dit is maar oral oor die land so, en vertel toe van ‘n oud kollega wat in Laingsburg werk. Die jonger dokters daar sê vir hom dat hulle nie belangstel in die tegnies/kliniese agtergrond van mediese toestande nie. Hulle wil net weet hoe om dit te behandel. Hy reken mens moet baie versigtig ry op die N1 tussen Johannesburg en Worcester, want afgesien van Bloemfontein is jy in jou maai as jy ernstig beseer word in ‘n ongeluk.
‘n Kennis van my wat die hoof van sjirurgie is by Worcester hospitaal het ook al vir my vertel dat die slagoffers van motorongelukke wat nie binne ‘n halfuur by hulle kom nie gewoonlik nie oorleef nie. Van die wat wel betyds by hulle kom oorleef die meeste.
Ry dus maar ekstra versigtig en dink namens die ander pad gebruikers want baie van hulle dink nie. Ek verstom my telkens aan ander slepers wat letterlik sléép met hulle kombinasies tydens besige vakansie tye op die hoofroetes. En die mense wat op blinde hoogtes verbysteek…
Lekker paaie Kaap toe!!!
Net om pad info bymekaar te hou, en vir die mense wat op en af rits tussen die Kaap en Pretoria. Onthou die Kaap is die gebied teen die kus.
Ek het Augustus en September 2023,
1]met die N1 gery tot by Bloemfontein, pad in goeie toestand, en ek het nie ry/stoppe gehad nie.
2] van Bloem na Kimberley met N8, baie goeie toestand en stil
3] Van Kimberley tot by Drie susters met N12. Baie minder trokke, en goeie toestand. Tussen Strydenburg en Britstown is pad grof gery. Die pad maak sulke walle en het plekplek begin breek.
4] Van KarooNP deur Meiringspoort, Oudshoorn na George met N12. Die deel tussen KarooNP en Meiringspoort is lieflik oorgebou, en ry soos nuwe.
Dullstroom, Lydenburg Swadini Phalaborwa
Môre Shaun
Jy het seker nou laasweek daar rond gery. Wat is jou indruk van die paaie, vanuit perspektief om 'n woonwa te sleep?
Volgens Google se kaarte is dit ongeveer 55km korter vanaf Pretoria via Pietersburg en Tzaneen na P.Borwa hek, as die N4, Lydenburg, Hoedspruit, Mica na P.Borwa.
Ek het Junie 2021 die paaie R526 en R40 gesleep tussen Hoedspruit en Gravelotte, en dit was toe in goeie toestand.
Die "val" teen die platorand af by Abel Eramus en my afdakkie, is steil maar relatief kort, teenoor die val by Magoebaskloof en Georges valley.
Ek vermoed dit is dalk tydgewyse ook gouer om Pietersburg om te sleep.
Wessel
Goeie more (verskoning, ek kan beter tik/spel as dit, maar my laptop raak nukkerig wanneer dit op hierdie blad kom by leestekens)
My klein bydrae tot jou vraag hierbo: vermy die pad tussen Dullstroom en Lydenburg tensy jy senuwees van staal het en bereid is om bitter stadig te kruip. Ek ry dit nie eens met n voertuig alleen nie, so hou ek asem-op wanneer ek woonwaens en waentjies deur die dorp sien beweeg in daardie rigting ten spyte van die feit dat dit slegs 65 km is. Die mense is waarskynlik oningelig.
Ns. Ons was tot so n jaar gelede nog jou "bure" op Buffelspoort en huur tans stoorplek op Brits. Geniet die mooie bosveld - hitte en al...
Ek het 5 jaar gelede ...
... die Belfast/Dullstroom/Lydenburg/Orighstad/Abel Erasmuspas- roete gery toe ons uit die wildtuin gekom het - net met die bakkie. Dit was toe plek-plek haglik. Ek het my ervaring redelik volledig gedek in my verslag "Die Noorde Wink" - wat op die voorblad van hierdie forum gevind kan word.
Persoonlik sal ek nooit enige oorweging daaraan gee om daardie roete weer te ry nie - aan woonwa-sleep daarop wil ek nie eens dink nie. Of altans nie voordat ek eerstehands verneem dat die roete op standaard opgradeer is nie (en wat is die kanse daarvoor?).
Tog jammer
Dit was altyd my roete na Hoedspruit die tyd wat ek daar gewoon het. Dit was regtig ‘n mooi roete. Eers die nare hoëveld en dan net anderkant Belfast die hoogste punt op die roete voor mens begin af sak. Altyd gerookte forel in Dulstroom gekoop wat ek die eerste aand genuttig het. Dan begin die landskap verander tot by Lydenburg, daarna Orighstad verby die groot skoen, dan eers op waar daar nog alpine plantegroei was voor mens teen die pas se anderkant afsak en begin maroela bome sien. Aan die onderpunt net voor die tonnel lieflike inheemse woud en dan na die tonnel sak jy af laeveld toe en begin die tipiese soetveld sien met knoppiesdorings en maroelas wat jy tussen Orpen en Satara sien, en ry verby die eerste kremetart oppad Hoedspruit toe. Ai, hoe verlang ek nou! Maar ek sal ook nie weer daardie roete ry nie.
Abel Erasmus pas
Lank gelede, voor 1997, is ek daarlangs Swadini toe met 'n 1800Astra en Jurgens Fleetline. Die pas was so in 2 stappe, as ek reg onthou. Jy sak vinnig af met skerp draaie, dan so 'n plat stukkie en dan die laaste val tot by Strydom afdakkie, en dan is jy onder langs die rivier.
Ek onthou dat ek spesiaal vroeg oggend vertrek het terug huistoe, om Abel Eramus op te sleep, met kleiner kans vir oorverhitting. Daai dae was dit ook veilig om by tonneltjie te stop, en na snuisterye te kyk.
Phalaborwa toe laas week
Met my gery na Origstad laas woensdag en toe na Phalaborwa kan ek se ditto Chris die pad vanaf Belfast na Dullstroom hier en daar n pothole maar baie is reg gemaak , maar vanaf Dullstroom na Lydenburg is pad baie sleg as ek se sleg dan bedoel ek sleg en stukke rybaar. Binne lydenburg is daar mooi vordering met regmaak dan buite Leydenburg , Origstad tot na Abel erasmus pas is pad aanvaarbaar maar ook stuk stuk moeg gery met groot potholes
Dankie Rona
'n Beter verslag / waarskuwing oor die pad oor Lydenburg sal 'n mens nie sommer kry nie - veral van iemand wat in Dullstroom bly en wat bekend is met karavaansleep. Ek het laas in 2011 daardie pad Wildtuin toe gesleep en vir myself belowe : nooit weer nie !
so jammer van daai paaie....
....want dit was altyd 'n lekker roete om van Pretoria se kant by Swadini en Orpen hek te kom.
Met Rona en Shaun se terugvoer, sal ek maar dan beslid Tzaneen om sleep, hetsy na P.Borwa of Orpen hek. My 1ste kamp is elkgeval Tsendze, dus wil ek by P.Borwa oorslaap en daar ingaan.
Watter roete van Pretoria/ Witbank na Kruger
Môre Rona
Ek lees jou en Shaun inset oor die slegte pad via Lydenburg-Origstad na Swadini en dus Orpen hek.
Hoe sal jy ry van Hoëveld na watter Kruger hek. Hoe is die volgende paaie/opsies;
1] N4 met R36 na Lydenburg, dan LongTom na Sabie, Hazyview tot Kruger hek
2] N4 dan met R37 na Sabie en dan Kruger hek toe.
Ek is deesdae geneig om te mik vir Malelane en P.Borwa- hekke. Met die steenkooltrok gemors, is Krokodilbrug ook al amper 'n verbode ingang.
Krokodilbrug
Hi Wessel. Ons is laasjaar by Krokodilbrug in terwyl daar ook oral plasings was van steenkool trokke. Mense het my wel aanbeveel om vroeer af te draai en sodoende Komatipoort te vermy. Dit het goed gewerk sonder enige probleme. Hang af waar is my eind bestemming, maar verkies gewoonlik Malelane
Marlothpark omrit
Môre Geert, jy praat seker van die pad via Marlothpark se ooste ingang, dan regs na Komatiepoort. Len het ook al genoem dat hy dit so gery het.
Cradock na N1 Gariep dam
Middag vriende, wie het onlangs in die geweste rond woonwa gesleep? Ek kyk sommer na opsies om van Cradock af, terug huistoe te ry Meimaand.
Kortste pad is reguit noord met R390 oor Hofmeyer, Steynsburg, Venterstad, oor damwal tot op N1. Volgens Google maps lyk daai pad vrot gery en gelap.
Tweede opsie is effens langer. Van Cradock na Middelburg [N10], dan N9 na Colesberg en op N1.
Ek kan 1 aand oorslaap langs die pad om dan 28 Mei, voor stemdag by die huis te kom. Ek oorweeg dit om van Cradock tot by Aldam te sleep, daar te slaap en volgende oggend net 375km Brits toe te hê.
Van Bloemfontein af is dit 500km huistoe, wat besige tyd in JHB beteken.





Meiringskloof
Middag vriende
Sommer iets vir die oog, verlede jaar geneem.