6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -3 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -12 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -14 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago

Pad en roete inligting

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

Na aanleiding van al die goeie raad betreffende roetes en paaie, begin ek die onderwerp. Kom ons deel hier inligting oor paaie en roetes wat rybaar is, wat vermy moet word, op grond van onlangse eerste handse ervaring.

Groete

Brits

Wessel Strydom

Tue, 23/04/2024 - 10:46

...jy verduidelik mooi.

Ek dink dat ons almal dieselfde idee het van wat gebeur as mens rem, en wat tot warm remme kan lei. Baie eenvoudig, die wa se remme moet nie konstant, of vir 'n lang ruk ge-aktiveer wees nie. 

Hoe verhoed mens dit teen baie lang steil afdraende af,  ry so egalig moontlik dat wa se inloopskokbreker NIE remme aktiveer nie. Drie faktore om te bedink;

1] moenie hard rem nie, indien wel moet mens weer affe kan versnel om remme te de-aktiveer

2] sorg dat inloop skokbreker genoeg weerstand bied,

3] stel remme soos Herman voorstel, dat skokbreker omtrent 90% instoot voordat remme aktiveer word.

Ek stem saam met Chris S se laaste paragraaf, maar teen 'n steil afdraende terwyl voertuig geremd is, en skokbreker is reeds ingedruk tot waar remme aanloop, gaan skokbreker op sy eie nie ontspan nie.

 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/06/2024 - 11:17

Die R61 tussen die dorpe was ook gedurende Mei 2024 in 'n baie goeie toestand. Dit is egter baie op en af, en die bulte het Grompie laat werk

Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/06/2024 - 11:21

Die N10 en N9 tussen die dorpe onderskeidelik was ook in goeie toestand gedurende Mei 2024. Platpad is dit egter nie in Colesberg se rigting nie.

Ek is bly dat ek besluit het om dit eerder te sleep, as die R390 "reguit" boontoe om oor Gariepdam tot by N1 te sleep.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/10/2024 - 13:24

Middag Chris B

Vir die wat onbekend is met die ligging, dis tussen Matjiesfontein en Montagu, waar mens afsak na die land van wyn, wyn en sagtevrugte . Nee ek hakkel nie, dis my wêreld daai!!!!

Ek is so bly jy ry/sleep daai paaie met jou kombinasie. Nou het ek moed om dit ook met my Grompie en skillie aan te pak.

Ek is mos juis nog besig om roetes en plekke te ondersoek, want ek moet mos my planne rek om volgende jaar September, 'n spesifieke tyd in KarooNP te wees.

Karoo saamtrek-nr3  vir die rakkers vind dan plaas.laugh  

Worcester

Wildehont

Mon, 18/11/2024 - 09:27

Die gogga om die Weskus tussen Strandfontein en Port Nolloth te gaan besoek het my gebyt na die video oor ‘n soortgelyke toer wat ek onlangs op YouTube gesien het. ‘n Ander toer wat ook nog graag wil doen is die Wildekus. Dis heelwat verder van Worcester af en sal bietjie moet wag. 
 

Ek het op die www begin navorsing doen oor die Weskus toer, en kom toe op Gravel Road Adventures af. Hulle is self toer entoesiaste wat al wyd gereis het. Jy sê vir hulle waarheen jy wil gaan, vir hoe lank en wat jou begroting is. Hulle stel dan in konsultasie met jou ‘n toerprogram op, en hulle fooi sluit selfs in dat hulle namens jou die besprekings maak (sien onder van hulle webwerf af).
 

Ek gaan hulle nader oor my beplande Weskus toer wat ek in die Oktober vakansie van 2025 wil probeer aanpak. Ek sal net eers my verlofbeplanning moet doen en kyk of ek genoeg het, want ons gaan reeds taamlik lank Krugerwildtuin toe in Julie, en Dwarswegstrand toe in Maart/April. Ek sal later ‘n aparte gesprekslyn begin oor die Weskus toer. 
 

A

Brits

Wessel Strydom

Mon, 18/11/2024 - 10:40

Chris S, dis seker baie handig. maar vir my is groot deel van die lekker om self 'n roete en oornagplekke te beplan.

Die "Gravelroadadventures" bied seker voordele waar roetes, wat nie geredelik in kaarte voorkom nie, ter sprake is.

Worcester

Wildehont

Mon, 18/11/2024 - 11:51

Die "Gravelroadadventures" bied seker voordele waar roetes, wat nie geredelik in kaarte voorkom nie, ter sprake is.

Dis juis vir die “onbekende” gebiede soos die Diamantkus en Wildekus wat ek van hulle wil gebruik maak. Ek wil ook nog Richtersveld toe. Mens kan self oplees en beplan (en dit het ek nog altyd gedoen met sukses). Ek stem saam dat dit baie lekker is, ek geniet dit self.
 

Maar as dit kom by bestemmings waarvoor 4x4 noodsaaklik is, waar daar nie selfoonsein is nie, en min ander verkeer, moet ek seker maak my gesin gaan veilig wees. En dat ons die beste moontlike program kan geniet itv bestemmings, roete, tydsduur en begroting. 

Toe ek jonger was het ek met ‘n kaartboek en sonder besprekings die pad gevat Botswana, Namibië en Zimbabwe toe en baie lekker getoer. Toe Salomien bykom het ek vooraf besprekings gemaak maar steeds net met ‘n padkaart gereis na bv Kgalagadi, Mabuasehube, Sentraal-Kalahari, Chobe, Zimbabwe en Mosambiek. 
 

Maar saam met ouer word van kinders kom verantwoordelikhede en saam met ouer word in jare kom ander uitdagings soos dat ek binne 72 uur sjirurgie sal moet kry as my goeie oog se retina loslaat (wat sonder waarskuwing kan gebeur).
 

Ek wil graag nog binne die beperkings avonture saam met my gesin geniet terwyl ek kan. Ons roetine vakansies Krugerwildtuin en Dwarswegstrand toe is heerlik en belangrik. Maar my wanderlust lok my na ander bestemmings en ons geniet dit om weg te kom van die skares af. Daarvoor lyk Gravel Road Adventures vir my na ‘n goeie diensverskaffer. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 18/11/2024 - 12:32

Volgens resensies op hulle webblad maak baie buitelanders van hulle diens gebruik.

Ek het nou nie gekyk of hulle ook voertuie kan reël nie, want buitelanders benodig dit ook.  

Brits

Wessel Strydom

Sun, 29/12/2024 - 07:48

wie het onlangs die ou pad deur genoemde passe gery/gesleep.

Ek het steeds die lus in my blaker om daardie deel te gaan verken, van Knysna deur tot by Stormsrivier mond. 

Chris S verwys na Natures valley, maar dit is mos net bereikbaar met die oupad , onder in Grootrivier pas.

Jan: dalk moet jy vir ons 'n verkennende patrollie deur daai passe sleep.wink 

Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 29/12/2024 - 08:41

Wessel.......................................................die Bloukrans pas is nou al vir 'n lang ruk toe. Was onlangs PE toe en daar is borde op wat aandui dat die pas nog onbegaanbaar is. 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 29/12/2024 - 11:36

Sjoe, kom ons hou duimvas dat bostaande nuus gaan realiseer.

Ek kan nie agterkom uit berig of die pad van Lydenburg-Origstad deur Abel Eramus met my tonnellaugh, tot by Swadini ook aandag gaan kry nie.

Dit sal baie lekker wees om daarlangs Orpen hek toe te sleep, en eers niksdoen tyd by Swadini te spandeer .

Dink net, daar is mos gawe forum lede op Dullstroom waar mens kan bedel vir koffie. 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 29/12/2024 - 11:47

Jan, dan lyk dit vir my of mens van Plett se kant af, erens moet afdraai op R102, om onder in Grootrivier pas af te draai vir Nature's valley.

Ek hoop daai ou pad kan ten volle herstel word, dis eers mooi daarlangs. Ek dink mens sal hare op tande moet hê, om woonwa deur daai passe te sleep. Tog, toe ek kind was, was dit die enigste pad.

 

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 29/12/2024 - 12:24

Die berig verwys waarskynlik nie na hierdie twee plekke nie aangesien dit reeds in Limpopo val - Swadini op die grens met Mpumalanga. Ons hou maar die spasie dop, want as dit kan waar word gaan daar baie meer van 'n keuse van paaie wees om verskeie bestemmings te bereik - sommige lank reeds afgeskryf a.g.v. die onbegaanbare paaie.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 30/12/2024 - 07:49

...wat 'n pragtige natuurskoon om deur te ry. As ek korrek onthou, is aldrie die passe Bloukrans, Grootrivier en Van Stadens eers af en dan op. Dus deur 'n kloof en nie oor 'n berg nie.

Dankie vir die video. Chris S

Secunda

Sleep nou

Mon, 30/12/2024 - 11:22

Ek gaan binnekort Belfast - Dullstroom - Lydenburg - Origstad  - Mica -Phalaborwa toe ry om by ma te draai sal julle laat weet was so 4 maande terug op die roete gewees en baie plekke sleg tot baie sleg

Brits

Wessel Strydom

Mon, 30/12/2024 - 11:54

...dit sal gaaf wees om 'n getroue padverslag te verneem.

Soos jy beduie is seker die kortste pad vir jou P.Borwa toe.

Van my af ry ons via Pretoria, Pietersburg, Tzaneen ens.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus