Compass off road trailer
More Shaun
Aangesien julle nog soek na 'n boswa, kyk of jy op die internet iets kry oor die Compass boswa. soek onder info@compassoffroad.co.za
Ek het hulle artikel in die Wegsleep [augustus 2020] raak gelees, en dit lyk vir my na 'n lekker wa.
Groete
More Wessel
Ek dit ook gesien en kontak gemaak met Pieter die eienaar ek sien hom vroeg volgende jaar ek wil n Tafel he met twee bankies waar jy kan sit en eet of op jou laptop is hy gese ons moet kyk of dit kan werk dis n awesome caravan vir onder R200000 as dit nie gaan werk sal ons weer besluit tussen die Sprite swing vir jou normale kamp en dan daktent RTT op bakkie sit vir Budu kamp of maar Bush Lapa Kewer koop wat beide werelde sal werk
Johann ek wag nou vir Sasol
Johann volgende jaar April hoor ek of ek gly of bly vandaar sal ek en Berdien besluit maak dalk hier in oktober 2021 of Maart April 2022 ook n factor is die blimmen virus gemors ook
All out Ostro Offroad Camping trailer
All out Ostro Offroad Camping trailer.
Die keuse.....
Die keuse van 'n boswa of karavaan en ook presies watter model, is 'n persoonlike keuse wat net julle twee oor kan besluit. Omdat julle reeds volledig oor tent-kamp toerusting beskik, sal ek nie nou 'n boswa oorweeg nie omdat julle nog steeds, te enige tyd diep in die bos kan gaan kamp. Persoonlik dink ek dit is 'n briljante idee om 'n karavaan aan te skaf en dan rustig die Kruger Wildtuin te besoek van heel bo tot heel onder - 'n karavaan is uitgeknip hiervoor.
Deur 'n karavaan aan te skaf en julle kampering te kombineer met julle tenttoerusting het julle beskikbare fasiliteite vir twee kampeer-wêrelde.
Compass boswa
Hier is ‘n video oor die Compass waens. Ek het ook op die 4x4community forum gelees van eienaars wat baie tevrede met hulle s’n is. Die prys (R185k vir ‘n vier slaper) is baie goed, en hulle verpersoonlik die wa soos jy hom wil hê. Neem net kennis dat dit geen battery of kragstelsel het nie.





Klink mos na 'n gawe plan…
Klink mos na 'n gawe plan Shaun, wanneer beplan jy om te begin met die trippie.