Middag neef Herman en ander
Kom ons versamel hier van die "skoner" weermag gesegdes uit ons verlede, gedurende diensplig en/of maandkampe.
Daar was;
1] julle is weeskinders--die army kyk voor julle, en die kerk kyk agter julle
2] 'n troep is 'n bok, en 'n bok is 'n bliksem
Ongelukkig weet ek nie van …
Ongelukkig weet ek nie van "skoner" weermag gesegdes nie. Was jy in die vroue korps Wessel? ![]()
Ek dink ook al vandat Wessel…
Ek dink ook al vandat Wessel die gesprek begin het aan " skoon" army sêgoed, en tot dusvêr kon nie ñ enkele een my byval nie. Sorry in my tyd was daar nie gewees nie.
"Hi Troep, ek druk hierdie…
"Hi Troep, ek druk hierdie passer deur jou gevreet en ry jou soos 'n Harley Davidson !"
klein sirkeltjie
Middag vriende
So kry ons mos 'n kaartlees les, gradeboog en al. Seg die korporaal dat 'n volle sirkel 180 grade het. Ek probeer hom reghelp, hak die knaap af--- hy praat van 'n klein sirkeltjie.!!!
Groete
Wessel, ek het n pêl wat in…
Wessel, ek het n pêl wat in die valkskerm batteljon was, hier 1970 rond. Hy het omtrent dieselfde storie wat hy vertel.
Trek korporaal ñ sirkel op die bord en blaf " SIRKEL 360 GRADE" Vra n troep nou hoeveel is 180º. Eers word die troep uitgek@k en draai die korporaal om en trek n klein sirkeltjie" KLEIN SIRKELSIRKELTJIE 180 GRADE, HET JY DIT TROEP"
Waneer ons saam kuier vra ek hom altyd om die storie te vertel, hy doen dit vreeeslik goed, en ek lag my maag seer.
Ek kan ook min "skoon"…
Ek kan ook min "skoon" uitdrukkings onthou, maar dan, dit was tog mos weermag, en nie soos deesdae se "holiday break" nie.
Ek het egter my diensplig tyd geniet, na daai ses weke van afbreek en op bou, die weermag het van my 'n beter mens gemaak. Na 50 jaar is daar steeds van ons wat vriendskappe het, en kontak behou het.
Een wat ek van die vloot…
Een wat ek van die vloot onthou: "you are lower than sharkshit and that is under the sea"





Weermag
Troep wat smile jy voor kry jou tande warm