Jammer as hierdie vraag reeds gevra is, ek is 'n nuwe lid op die groep.
Is daar iemand wat ook al die 210L Bauer BS213 vries/yskas in sy karavaan moes vervang? Ek het 'n Gypsey Romany (2012) en die ys/vrieskas moet vervang word. Waarmee kan ek dit vervang? Opening grootte 550mm Wyd x 580mm diep x 1175mm hoog.
Baie dankie
Hoekom
Middag Fanie
Hoekom moet jy vervang, kan jy nie net laat herstel nie?
Dalk moet jy eers besluit, wat wil jy hê. Was die Bauer 'n 220v/12v/gas tipe, of nie.
Bel gerus Brits woonwaens en praat met Francois Stander, nr 012 2525169. Ek is seker hulle sal goeie raad kan gee.
Moenie bekommer, oud of nuwe forumlid, as ons wil vra ---dan vra ons sonder enige verskonings.
Groete
Baie dankie Willem, ek sal…
Baie dankie Willem, ek sal so maak. Blykbaar het die fabriek (in Swaziland) wat die Bauer ys/vrieskaste gemaak het gesluit.
Dankie Brits Die Bauer is …
Dankie Brits
Die Bauer is 'n 220V dubbeldeur ys/vrieskas (geen gas of 12V ook nie)
Die yskas het gedurende ons Desember vakansie net nie meer koud gemaak nie. Ek het toe 'n (betroubare) tegnikus gekry om daarna te kyk. Hy het gesê dat daar êrens in een van die pype in 'n baie moeilik bereikbare plek 'n gaslek is. Hy het toe gas hervul en dit werk nou, maar hy het gesê die yskas kan nog "5 dae of 5 jaar" werk. Ek is van plan om later die jaar vir 6 weke in Kruger WT te kamp en wil nie daar kom en dan gee die yskas weer probleme nie,
Terloops, ek is tans besig om die yskas te toets vanadt ek tuis is; dit wil voorkom asof die kompressor nooit afskakel nie - en wonder of dit nie dalk die termostaat is wat foutief is nie. Enige verdere advies sal waardeer word.
Baie dankie
Bauer.co.za
Fanie, kontak vir Bauer op hulle e-pos, dalk kan hulle jou help ?
http://www.bauer.co.za/
![]()
Contact us
e-mail: info@bauer.co.za
Postal Address:P.O. Box 656, Wendywood
�2144
�South Africa
Fanie, my huis-yskas se…
Fanie, my huis-yskas se kompressor het 'n jaar gelede ook nie afgeskakel nie en later het dit glad nie meer koud gemaak nie. Die probleem was 'n lekkasie by die "evaporator" waar die gas stadigaan verlore gegaan het en tot gevolg gehad het dat die kompressor probeer kompenseer het vir die daling in koue. Die hele "evaporator" is vervang met 'n nuwe, die gas is herlaai en die yskas loop nou langer as 'n jaar foutloos.
Die koste is ongelukkig astronomies en my aanbeveling sal wees om die yskas eerder ter vervang.
Baie dankie vir die…
Baie dankie vir die inligting en aanbeveling Len; ek dink ook 'n nuwe yskas gaan my net meer gemoedsrus gee.
Nuwe yskas
Ek moes ook 'n paar jaar gelede my yskas in die wa vervang. Dit was nog 'n "3-way" yskas (220V, 12V en gas). Cara-Camp in Somerset-Wes het my aangeraai om dit eerder te vervang met 'n 220V yskas, i.p.v. geld te bestee aan die ou "3-way" kas, omdat hulle baie "come backs" gehad het na herstelpogings van die ou tipe yskaste.
Dit het ook gekos afmetings neem en gaan "shop" vir 'n alternatief. Ek kon nie 'n yskas kry met presies dieselfde mates as die ou kas nie. Die belangrikste mate was die hoogte van die kas ten einde toe te laat dat die opwip-dak (1993 Caravette6B) sal kan toemaak. Ek het uiteindelik besluit op 'n KIC dubbeldeur-yskas wat effens hoër was (1.4 m) en smaller was (500 mm).
Dit is deur die handelaar waar ek gekoop het, by Cara-Camp afgelaai. Laasgenoemde het my ou kas uitgehaal en vervang met die nuwe. Ten spyte van die mates wat verskil het, het hulle na my mening 'n puik en netjiese werk verrig - van só 'n aard dat jy bykans kan glo dat die nuwe kas is die oorspronklike waarmee die karavaan aanvanklik toegerus was.
Kry n nuwe
More Fanie vir gemoedsrus soos vannie ander lede genome het gaan koop n nuwe een ja dis n paar rand maar dan het jy gemoetsrus en n waarborg sterkte





Fanie ...
Welkom hier op ons Kampforum.
Het jy al op Google gesoek by groot handelaars ?
Stuur vir paarplekke e-pos met jou mates.