Nee wraggies mense, ons as gesoute kampeerders kan baie beter doen hier op die forum as om net soggens te groet en oor die weer te praat. Ek vind dit maar werklik "boring" om elke dag die moeite te doen om Kampforum oop te maak en dan net die ou vervelige gegroetery raak te loop (wat verdedig word deur ons ouers het ons grootgemaak met goeie maniere). Hier is net 'n paar ouens wat werklik probeer om interessante gesprekke te voer.
As die oer-oue argument dat "daar is tog net een manier hoe om 'n tentpen in te slaan" geldig sou wees, dan is daar geen doel om 'n forum-lid te wees nie. Ons sit hier met 'n foutlose, gebruikersvriendelike forum en gebruik dit nie as 'n platform om oor kampervaringe en kampeerplanne te gesels nie. En voor iemand nou die skuld gee vir Covid-19, dit behoort nie ons geesdrif vir die kamplewe in die wiele te ry nie.
As ek so om my kyk is daar soveel dinge om oor dankbaar te wees, die begroting was nie te "bad" nie, dit lyk of die virus vir die huidige onder beheer begin kom (ja goed ek weet daar is nog 'n golf of twee wat gaan kom), daar is nie beperkings op reis en kampering nie en so kan 'n mens die lys van positiewes nog langer maak.
Ek self het 'n jaar laas my wa gehaak, maar daar is tog die vooruitsig dat dit binnekort weer gaan gebeur. Kom ons gesels 'n bietjie daaroor of oor vorige kampervarings - kyk hoe lekker het ons gelees aan die twee Chrisse se vertellings ! Daar moet mos nog baie sulke gevalle wees.
Asseblief !
Gepraat van die Bosveldklong…
Gepraat van die Bosveldklong, ons was saam op skool en het lekker saam aangejaag.





Die bosveld
Arie is weer die bosveld klong